BEL ONS: 012 644 4300

VN Reis

Dinsdag | 19 Julie | 2016 Solidariteit verseker oorwinning vir lede

DKD-werknemers moet bevorder word, terugwerkend vergoed word Deur Inge Strydom, Francois Redelinghuys en Cilleste van Dyk “Vandag is ons almal se harte oorstelp met vreugde. Dit is ʼn groot oorwinning vir demokrasie en die minderhede hier in Suid-Afrika,” het Christo February in ʼn gesamentlike verklaring namens die kandidate gesê. Die  … Lees meer

Donderdag | 14 Julie | 2016 Konstitusionele hof lewer uitspraak in waterskeidingsaak oor DKD se regstellende aksie – Solidariteit  

Die konstitusionele hof sal môre, Vrydag 15 Julie, uitspraak lewer in die vakbond Solidariteit se geskiedkundige hofsaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) se omstrede regstellendeaksieplan. Die hof sal onder meer uitspraak lewer oor die grondwetlikheid van die DKD se huidige regstellendeaksieplan. Solidariteit het in November verlede jaar in  … Lees meer

Woensdag | 13 Julie | 2016 Solidariteit v. DKD: Uitspraak in grootste regstellendeaksie-saak nόg word Vrydag gelewer

Die konstitusionele hof sal eerskomende Vrydag 15 Julie 2016 uitspraak lewer in die vakbond Solidariteit se geskiedkundige hofsaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) se omstrede regstellendeakieplan. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sal hierdie uitspraak as ʼn rigtinggewer in Suid-Afrika se  … Lees meer

Woensdag | 11 November | 2015 Solidariteit se klagte oor rassediskriminasie in Augustus 2016 deur VN aangehoor

Solidariteit se klagte van rassediskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering sal in Augustus 2016 deur die Verenigde Nasies (VN) aangehoor word. Die VN het laasgenoemde onlangs in ʼn skrywe aan Solidariteit bevestig. Die vakbond het die klag in September vanjaar ingevolge die internasionale konvensie vir die uitskakeling van alle vorme van  … Lees meer

Donderdag | 10 September | 2015 Europese parlement

Danksy die goeie werk van Heinrich Matthee, oud Suid-Afrikaner, kon die afgevaardigdes met ‘n Europese parlementslid van elk van die drie koukusse van die parlement praat.

Dinsdag | 08 September | 2015 “'n Toekoms gebaseer op ’rasseverteenwoordiging’ deur regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging in Suid Afrika”.

Na aanleiding van vele konsultasies, insetkonferensies en besprekings met kenners, het Solidariteit ʼn skaduverslag gefinaliseer wat nou aan die Verenigde Nasies oorhandig is. Hierdie verslag het ten doel om die internasionale gemeenskap bewus te maak van die regstellendeaksiepraktyke wat die Suid-Afrikaanse regering tans in Suid-Afrika toepas en die nadelige effek  … Lees meer

Dinsdag | 08 September | 2015 In die stad van die “reformasie” om te praat oor “transformasie”

Die Verenigde Nasies se Europese hoofkwartier in Genève is een van die bekendste bakens in die stad. Die VN se Palais des Nations (Paleis van Nasies) word van alle kante afgeneem deur toeriste en besoekers wat die laaste dae van die Europese somer indrink. Kyk jy om jou rond, besef  … Lees meer

Dinsdag | 08 September | 2015 SA-regering word vandag by VN in Genève aangekla oor rassekwotas

Meer as half miljoen Suid-Afrikaners steun klag Die vakbond Solidariteit gaan vanmiddag ʼn klag by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie in Genève teen die Suid-Afrikaanse regering indien. Dit is die eerste keer sedert 1994 dat die Suid-Afrikaanse regering vir rassediskriminasie by die  … Lees meer

Maandag | 07 September | 2015 Danny Titus, praat oor Solidariteit se klag teen die regering by die VN oor rassediskriminasie.

Danny Titus, deeltydse kommissaris van die Menseregtekommissie, kuier by RSG se Monitor om te praat oor Solidariteit se klag teen die regering by die VN oor rassediskriminasie. Die Menseregtekommissie is ʼn agent van die Komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie.

Maandag | 07 September | 2015 Dirk Herman, gesels vanuit Genève oor die redes waarom die vakbond die regering van rassediskriminasie by die VN aankla.

Dirk Herman, bestuurshoof van Solidariteit, gesels vanuit Genève op Monitor op RSG oor die redes waarom die vakbond die regering van rassediskriminasie by die VN aankla. Dit is die eerste keer sedert 1994 dat die regering by die VN se Komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie aangekla  … Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close