BEL ONS: 012 644 4300

Soldeer

Woensdag | 14 Augustus | 2019 Standard Bank kry meer waarde vir geld op personeel

Bloomberg berig dat Standard Bank nou meer per personeellid verdien as enige tyd gedurende die afgelope vyf jaar nadat hulle die aantal werkers met bykans 2 100 in die 12 maande tot Junie verminder het. Volgens ‘n ontleding van die verdienste in die eerste helfte van die jaar wat verlede Donderdag  … Lees meer

Woensdag | 14 Augustus | 2019 AngloGold Ashanti bereik veiligheidsrekord

Mining Weekly berig dat AngloGold Ashanti verlede Donderdag aangekondig het dat dié Johannesburg- en New York-genoteerde goudprodusent ‘n nuwe veiligheidsrekord bereik het. Die maatskappy het vir vier opeenvolgende kwartale en ‘n totaal van 449 dae geen sterftes gehad nie; ‘n eerste in AngloGold se geskiedenis wat Mponeng, die wêreld se  … Lees meer

Woensdag | 07 Augustus | 2019 Solidariteit – Jou vangnet vir werksekerheid

Deur Reon Janse van Rensburg Tye is onseker – in die ekonomie, in die arbeidsektor en in hardwerkende Suid-Afrikaners se gemoed. As gevolg van teenproduktiewe beleide soos ’n minimum loon, streng arbeidswetgewing, die verskerpte afdwinging van swart ekonomiese bemagtiging en talle meer is die werkloosheidskoers selfs nog hoër as voorheen.  … Lees meer

Woensdag | 07 Augustus | 2019 Stakingsverbod in brandstofsektor word oorweeg

 Independent News berig dat die departement vir indiensneming en arbeid se Komitee vir Noodsaaklike Dienste (KND) gaan ondersoek instel of die produksie, vervoer en verspreiding van brandstof tot ʼn noodsaaklike diens verklaar moet word. So ʼn verklaring sal verhoed dat werkers in hierdie sektor tot ʼn staking oorgaan. Die komitee  … Lees meer

Donderdag | 01 Augustus | 2019 Sasol se SA-aanlegte deur gasvrystellingstandaarde bedreig

Volgens Engineering News het Sasol bekend gemaak dat sommige van sy Suid-Afrikaanse aanlegte bedreig word weens die standaarde vir swaeldioksiedvrystellings waaraan hulle teen 2025 moet voldoen. Die maatskappy, Suid-Afrika se grootste op grond van inkomste, bedryf aanlegte wat steenkool in motorbrandstof en chemikalieë omskakel in Secunda, oos van Johannesburg, en  … Lees meer

Donderdag | 25 Julie | 2019 South32 herevalueer mangaansmelter toekoms – hoër kragpryse

BusinessLive berig dat die gediversifiseerde mynmaatskappy South32, wat in 2015 van BHP ontbondel is, die toekoms van sy mangaanallooi-smelter herevalueer, want ontleders waarsku dat SA se stygende kragpryse hierdie sektor onmededingend maak. Die Metalloys-smelter in Meyerton is een van die grootstes ter wêreld en dit verskaf werk aan 300 mense.  … Lees meer

Donderdag | 25 Julie | 2019 Hof beslis in guns van Vantage, verkoop van Lily en Barbrook

Mining Weekly berig dat die hooggeregshof in Mpumalanga Woensdag ten gunste van Vantage Goldfields SA beslis het in sy geskil met Flaming Silver, ʼn filiaal van Siyakhula Sonke Empowerment Corporation (SSC), oor die oordrag van die Lily- en Barbrook-mynbates. Vantage het in Maart vanjaar die ooreenkoms met Flaming Silver vir  … Lees meer

Donderdag | 18 Julie | 2019 SBO-werknemers voel paniekerig oor Julie-salarisbetalings

The Sunday Independent berig dat duisende werknemers van staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) bang is dat hul salarisse nie vandeesmaand betaal gaan word nie, tensy die regering die sukkelende ondernemings met miljarde rande van belastingbetalers se geld te hulp kom. Hoewel ondernemings soos die SA Uitsaaikorporasie (SABC), Denel en die SA Lugdiens  … Lees meer

Donderdag | 11 Julie | 2019 BMF maak beswaar teen aanstelling van wit man as Mango hoof

Fin24 berig dat die Black Management Forum (BMF) verlede week in ʼn verklaring die aanstelling van Nico Bezuidenhout as uitvoerende hoof van Mango, die laekostelugredery in staatsbesit en ʼn filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), veroordeel het. Die forum het beswaar aangeteken teen die aanstelling van ʼn wit man as  … Lees meer

Donderdag | 11 Julie | 2019 Denel hoop op R2,8 miljard se finansiële hulp van regering

Fin24 berig dat Denel die regering gevra het vir ʼn finansiële hupstoot van R2,8 miljard, het ʼn woordvoerder van die staatsbeheerde wapenvervaardiger verlede week bevestig. Danie du Toit, Denel se uitvoerende hoof, het vroeër aan Reuters gesê dat vordering gemaak is met ʼn omkeerstrategie vir Denel, en dat ʼn kontantinspuiting  … Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close