BEL ONS: 012 644 4300

Veldtogte

Vrydag | 19 Junie | 2020 Vonnisoplegging van skuldige SAPD-lede uitgestel

Die vonnisoplegging van twee SAPD-lede wat hul kollega vals beskuldig het dat sy die k-woord gebruik het, is uitgestel.   Twee adjudant-offisiere van die SAPD, Sedisa Tikoe en Chris Mphana, is deur die Noordwes-streekhof in Stilfontein aan verskeie kriminele klagte skuldig bevind, insluitende crimen injuria, regsverydeling, meineed en aanranding.    … Lees meer

Dinsdag | 03 Februarie | 2015 Vergoedingskommissaris-veldtog

Die vakbond Solidariteit het in Februarie 2015 ʼn veldtog teen die vergoedingskommissaris van stapel gestuur weens skokkende diensleweringsprobleme deur die kommissaris se kantoor. Die vakbond verteenwoordig honderde lede wat weens beroepsbeserings of -siektes op vergoeding geregtig is. Terwyl die vergoedingskommissaris spog oor sy nuwe stelsel, beaam dokters in hierdie E-nuusinsetsel  … Lees meer

Dinsdag | 30 April | 2013 Ras-tellende aksie : Video’s

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, praat oor die afsluiting van die vakbond se regstellendeaksiesaak teen die DKD. Uitspraak is voorbehou maar sal na verwagting voor die einde van die jaar gelewer word. [youtube http://www.youtube.com/watch?v=20HtVo7-xLg] Adv. Paul Hoffman SC, direkteur van die Instituut vir Vernatwoordbaarheid in Suider-Afrika, gesels oor  … Lees meer

Maandag | 29 April | 2013 Ras-tellende Aksie : Klankgrepe

FW De Klerk-stigting oor regstellende aksieDie F.W. De Klerk Stigting het tydens ’n mediakonferensie hul steun vir Solidariteit se hofsaak uitgespreek. Luister na klankgrepe van die mediakonferensie.  Klankgreep 1: Almal het die reg om teen diskriminasie op grond van ras beskerm te word – dit word in Suid-Afrika se Grondwet  … Lees meer

Dinsdag | 20 November | 2012 Veldtog teen nuwe SEB-kodes

  Nuuskommentaar: Veldtog teen nuwe SEB-kodes Solidariteit se veldtog teen die nuwe, voorgestelde SEB-kodes dui aan in watter mate die skoen aan die voet verwissel het. Terwyl woordvoerders uit die ANC-alliansie en hul ideologiese meelopers gereeld Solidariteit, Afriforum en ander instansies as “regs” en rassisties brandmerk, dui die telbord op  … Lees meer

Woensdag | 05 September | 2012 Stop Woolworths

Stuur ‘n petisie aan die Uitvoerende Bestuurder van Woolworths Geagte Mnr Moir Ons verwys na die Woolworths-advertensies waarvolgens sekere rasgroepe nie vir sekere poste kan aansoek doen nie. Ons stel dit aan u dat dit neerkom op onbillike rassediskriminasie. Ons eis dat die uitsluitende advertensies teruggetrek moet word, en die  … Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close