Oorleef 2016

Voel jy dat jy alweer ’n wegbreekkans nodig het? Was hierdie langnaweek net nie lank genoeg nie? Ons verstaan hoe jy voel en daarom gaan een gelukkige persoon die kans hê om gratis vir ’n naweek by Kokoriba te gaan rus.

Kokoriba Wildreservaat en Gesinsvakansieoord is ideaal en gerieflik geleë vir mense wat wil wegkom van die stad se gewoel. Kokoriba is slegs 38 km vanaf Brits, 68 km vanaf Sun City, 54 km vanaf Rustenburg en 120 km vanaf Pretoria. Dié vakansieoord beskik ook oor drie swembaddens: twee met verhitte water waarvan een binnenshuis is.  Daar is ook ʼn à la carte-restaurant, ʼn gelisensieerde kroeg en ʼn minisupermark, plus talle ander aktiwiteite vir die gesin soos:

  • Minigholf
  • Potspel
  • Tafeltennis
  • Pylgooi
  • Voetslaan
  • Wildkyk, om net ʼn paar te noem!

Al wat jy moet doen, is om jou inligting in die velde hieronder in te vul, en dan moet jy duimvashou! Die gelukkige wenner sal 30 Maart aan die einde van die dag telefonies of per e-pos in kennis gestel word. Pak solank jou tas, nooi jou drie gunsteling mense en gaan geniet ’n naweek in die Bosveld!

*Bepalings en voorwaardes geld

kokoriba

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close