Solidariteit Jaareind

Baie dankie dat u die kongres gaan bywoon. Hierdie besonderhede word ook aan jou ge-e-pos.

Indien u reis- en verblyfrëelings moet tref vir distrikspersoneel geld die normale prosedure. Om die Reis- en verblyfvorm in te vul, klik hier.

Datum: Donderdag, 30 November 2017
Tyd: 08:00 tot 12:00 – direk na die verrigtinge vertrek personeel na die Jaareindfunksie by Cowhouse
Plek: Doxa Deo-gemeente, Faerie Glen, h.v. Atterbury- en Olympusweg, Faerie Glen
   
Padaanwysings: Klik hier

Indien jy van eie vervoer gebruik gaan maak, sal geen petrol-eise aanvaar word nie. Die bus vertrek om 07:15 vanaf Hoofkantoor na die kongres. Van die kongres af vertrek die bus direk na Cowhouse Market toe en dit sal weer om 16:00 vertrek vanaf Cowhouse Market na Hoofkantoor. Indien jy met bus kongres toe wil ry, moet jy asseblief kennis neem dat daar nie na die kongres ʼn bus sal wees wat direk Hoofkantoor toe gaan nie. Die bus gaan eers Cowhouse Market toe en dan eers om 16:00 Hoofkantoor toe.

Ons sien daarna uit om u te ontvang.