• Teken in
  • kovisies-header2

    Soos wat by talle Suid-Afrikaanse universiteite en kampusse tans die geval is, word Afrikaans as tersiêre onderrigtaal nou ook by die Universiteit van die Vrystaat (UV) bedreig. Op 28 April het dié universiteit se raad oor Kovsies se huidige taalbeleid vergader. Voorstelle is op dié vergadering ingedien om die huidige taalbeleid te hersien. Die voorstelle behels dat die universiteit voortaan van ʼn enkelmedium-onderrigtaal (Engels) gebruik sal maak. Dit sal beteken dat Afrikaans as onderrigtaal in geheel by die universiteit afgeskaf word.’n Mandaat is intussen verleen om die huidige Kovsie-taalbeleid te hersien. Hierdie hersiening sal lei tot ’n voorstel aan die universiteitsraad wat as die beheerliggaam van ’n openbare universiteit die hoogste gesag is wat ingevolge die grondwet institusionele taalbeleid mag bepaal.

    Volgens die universiteit sal die hersiening van die taalbeleid nie ʼn oorhaastige proses wees nie en sal daar maksimale geleentheid aan alle studente, personeel, alumni en ander eksterne belanghebbendes gebied word om deur middel van konsultasieprosesse hul standpunte oor die toekomstige taalbeleid van die UV te stel.
    Volgens ’n peiling wat vroeër op ons webblad gedoen is, het bykans 3 000 mense aangedui dat die huidige taalbeleid onveranderd moet bly.

    Ons versoek nou al ons lede, vriende en eksterne belanghebbendes van Kovsies om hul versoek dat die taalbeleid onveranderd bly, te stuur aan: afrikaans@solidariteit.co.za.

    Ons sal almal se versoeke gesamentlik aanstuur.

    **Let wel, slegs jou naam en boodskap sal aan Kovsies gestuur word. Geen persoonlike informasie word gedeel nie.

    kovsies-petisie-blokkie3
    1-minuut-blokkie
    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close