• Teken in
  • Hier kom oplossingverskaffers en die publiek op groot skaal bymekaar om idees bekend te stel, produkte te vergelyk, verskillende oplossings te beoordeel en mense te bemagtig met die nodige kennis.

    Die Ekspo is ʼn buiteluguitstalling met ʼn unieke karakter en is waarskynlik die enigste Afrikaanse geleentheid van hierdie aard, waar klem gelê word op volhoubaarheid, hernubare energie en aanverwante aangeleenthede. Voorsiening word ook gemaak vir ander tegnologiese en innoverende ontwikkelings wat ʼn lewe van selfbeskikking en selfbehoud moontlik maak. KragDag probeer veral om die publiek in aanraking te bring met praktiese oplossings.

    Die feestelikheid word egter nie agterweë gelaat nie en die dag geskied vir die hele gesin in ʼn karnaval-atmosfeer met musiek, ʼn biertuin, heerlike kos, ʼn snuffelmark, perderitte en vermaak vir die jongspan. Deur uitstallings, produkdemonstrasies en ʼn opvoedkundige teater het besoekers die geleentheid om inligting te bekom, selfbehoudoplossings beter te verstaan en beter toegerus te word om die regte besluite te neem.

    15, 16 & 17 Junie 2017

    Hekfooie is R70 per volwassene, terwyl kinders onder 18 jaar kan gratis bywoon. Ingang is ook gratis vir diegene wat vooraf registreer op www.kragdag.co.za

    Die Solidariteit KragDag Ekspo word op Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria, gehou. Klik hier vir ‘n Google padkaart!
    Vanaf Pretoria

    Neem die N4 oos (rigting Witbank). Draai regs oor die snelweg by die Cullinan/Rayton/ Kemptonpark afrit (tolhek). Na ongeveer 3km draai links in by die Diamantvallei bord op `n grondpad en volg die groen Diamantvallei borde.

    GPS koördinate:
    Suid: 25º 48’ 58.66″
    Oos: 28º 31’ 35.97″

    Kontakbesonderhede
    Telefoon: 087 231 1644
    Faks: 086 771 1091
    E-pos: info@KragDag.co.za

    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close