Deur Reon Janse van Rensburg
As jy oplossings vir voortdurende beurtkrag soek, of as jy moeg is vir al die ander uitdagings in Suid-Afrika en self iets wil doen om jou hierteen bestand te maak, is ʼn besoek aan Sakeliga se KragDag in 2022 ʼn moet. Hierdie ekspo, wat slegs 20 km oos van Pretoria op die Diamantvallei Langoed plaasvind, is die grootste alternatiewe energie- en selfstandigheidsekspo in die land met meer as 500 ondernemings wat vanjaar daaraan deelneem.
Die jaarlikse KragDag-ekspo bied ʼn inspirerende leersame dag met die atmosfeer van ’n karnaval. Alhoewel daar ʼn groot hoeveelheid genot en vermaak by die ekspo te beleef is, is hierdie geleentheid uniek daarin dat jy hier nie net ʼn vermaaklikheidstoeskouer is nie, maar ʼn deelnemer omdat jy interaksie het met goed wat ʼn verskil in jou lewe kan maak.
By KragDag vind jy oplossings vir die uitdagings wat energie, water, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, vervoer en konstruksie in Suid-Afrika kan bied, en word jy ʼn maker. Hier word ’n kreatiewe entrepreneuriese lewensingesteldheid aangemoedig. KragDag doen dít deur die jaarlikse buitelug ekspo, radiorubrieke, kursusse, die bekendstelling van produkte en toepaslike ondernemings, én die beskikbaarstelling van inligting met opvoedkundige- en tegniese- seminare. KragDag verskaf ook ʼn platform waar sake-eienaars, die publiek en innoverende idees bymekaar uitgebring word.
Dié ekspo, wat die oppervlak van twaalf rugbyvelde beslaan, is in 2021 deur sowat 21 000 besoekers bygewoon. Die ekspo se Landbou sub-ekspo, in samewerking met TLU, bied nie net iets vir opkomende en gevestigde boere in die graan-, vee- en gewasbedryf nie, maar ook vir die kleinskaal en agterplaas boer. Daar is ʼn propvol arena- en skouringprogram, waarvan een van die hoogtepunte Plaasmedia se jaarlikse Toyota Junior Afslaerskompetisie streeksuitdunne is.
Dagboek 11 tot 13 Augustus 2022 en bring die hele gesin saam. Daar beloof om meer as genoeg keuses te wees wanneer dit by kos kom, genoeg vermaak vir die kinders met ʼn Kou en Kunsmark en ook ʼn biertuin met verhoogoptredes. Om die meeste van die ekspo te maak, is daar kampgeriewe by die KragDag-kampterrein beskikbaar asook ingerigte tente.
Indien ʼn ligte vliegtuig jou vervoermiddel is, kan jy op die Rhino Park Vliegveld land en die pendeldiens na die ekspo benut. Vir helikoptereienaars is daar ʼn landingstrook op die ekspo se perseel.
Koop vandag nog jou kaartjie aanlyn en kry 50%-afslag. Dit gee jou toegang vir al drie dae by die ekspo.
Wat jy nog by die KragDag-ekspo te wagte kan wees:
Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting!
Doen jou eie ding – dis ʼn leefstyl!