Die Solidariteit Netwerk het vandag amptelik begin met bouwerk aan die nuwe Sol-Tech-kampus. Hierdie geskiedkundige bouprojek gaan sowat R300 miljoen kos en gaan in die geheel deur die gemeenskap gefinansier word. Die ontwikkeling word gedoen deur Kanton, die Solidariteit Beweging se nuwe eiendomsmaatskappy.
Die oprigting van die kampus is die eerste groot projek van die opleidings- en werkprojekte van R4,5 miljard wat die Solidariteit Netwerk in die volgende vyf jaar gaan aanpak.
Die volgende groot projek is die bou van die Akademia-kampus waar wêreldklas universiteitsopleiding met Afrikaans as onderrigmedium aangebied gaan word.
#OpReisSaamMetMia was verlede week by die amptelike sooispit. Kyk gerus na die volledige video: