• Teken
    asseblief in

  • Feedback
    VOLTOOI DIE VOLGENDE VORM OM BINNE 1 MINUUT BY SOLIDARITEIT AAN TE SLUIT

    JOIN SOLIDARITY IN ONE MINUTE BY COMPLETING THE FOLLOWING FORM

    header

    M-(Net) nie wittes nie

    M-Net het in ʼn onlangse advertensie aangedui dat slegs swart, Indiër en bruin kandidate vir ʼn betaalde internskapprogram by sy Magic in Motion Academy mag aansoek doen. Luidens die advertensie kan tot soveel as 20 individue in die program geakkommodeer word.

    Solidariteit meen die advertensie is niks anders nie as ‘n blatante uitsluiting van wit mense, wat strydig is met die bepalings van die Wet op Diensbillikheid. Die howe, insluitend die Konstitusionele Hof, het boonop reeds bevind dat die gebruik van ʼn kwotastelsel en die absolute uitsluiting van persone op grond van hul velkleur onregmatig is.

    Solidariteit het verskeie klagtes van sy lede ontvang wat aan die vereistes vir die internskap voldoen, maar wat weens hul velkleur nie vir die program mag aansoek doen nie.

    Solidariteit gaan ‘n groepsklag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) indien oor M-Net se diskriminerende Magic in Motion-internskap.

    Hierdie klag is gegrond op die wetlike verbod op kwotas en absolute beperkings sowel as die reservering van poste.

    Ons versoek almal wat deel wil vorm aan die groepsklag om “reg” te sms na 34802 of om jou besonderhede hier in te vul en die klag te ondersteun.

    petisie-blokkie

    Klik hier om die volledige toelatingsvereistes te sien

    Mnet-add-klein

    1-minuut-blokkie

    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close