Matrieks het meer hulp nodig met hoë studiekoste – Solidariteit

Vrydag, Januarie 6th, 2017

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum word tans oorval met aansoeke van matrieks wat verder wil studeer. Die Sentrum help vanjaar reeds 1 500 studente met rentevrye studielenings ter waarde van R40 miljoen, maar meer as 6000 aansoeke vir hulp is reeds ontvang en aansoeke stroom steeds in.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het Helpende Hand die afgelope vyf jaar reeds meer as 5 000 studente met hul studies bygestaan. “Die Studiefondssentrum is baie trots op die rentevrye lenings se terugebetalingskoers van 98%, en glo dit sê baie van die gehalte student wat deur die Sentrum bygestaan word. Studente wat aansoek doen vir hulp word streng volgens meriete en behoefte gekeur, en die slaagsyfer onder leninghouers word op sowat 90% beraam – baie hoër as die nasionale gemiddeld,” het Buys gesê.

Volgens Buys plaas die uitdaging om studiekoste te finansier groot druk op instellings soos Helpende Hand se studiefondse om in die toenemende behoeftes van belowende jongmense te voorsien. “Daarom word ’n beroep op sakelui en die publiek gedoen om in verdienstelike studente se toekoms te belê deur met studiekoste te help. Die Helpende Hand Studiefonds word deur gewone mense befonds wat graag ’n toekoms vir jongmense wil verseker. Besteding in opleiding bly die beste belegging wat ’n mens kan maak,” het Buys gemaan.

“’n Matriekkwalifikasie is ’n toegangskaartjie tot verdere opleiding wat jongmense in staat sal stel om ’n goeie werk te bekom of ’n klein besigheid te begin. Navorsing bied oorgenoeg bewys dat mense met goeie kwalifikasies beter werk met hoër inkomstes kry, en ook moeiliker hulle werk verloor as daar ’n ekonomiese afswaai is,” het Buys verduidelik.

Meer inligting oor die Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum kan bekom word by: http://helpendehand.co.za/studiefonds/

 

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Hoeveel Nico’s nog?
  Solidariteit veroordeel die doodsdreigemente wat Nico Viljoen, ʼn Solidariteit-lid van Orkney, ontvang weens ’n sosiale voorval wat in ’n Johannesburgse Spur-restaurant plaasgevind het en waarby hy nie betrokke was nie, ten sterkste. Hy het toevallig net dieselfde naam as een van die partye wat wel by die voorval betrokke was. Connie Mulder, hoof van […]
Skep werk om menseregte te bevorder – Solidariteit
  Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat werk, en nie hardnekkige rassewetgewing of grondhervorming nie, menseregte ten grondslag lê. Volgens dr. Eugene Brink, politieke ontleder verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, is regte sonder menswaardigheid nie werklik menseregte nie en is werk een van die vernaamste maniere om menswaardigheid aan mense te verleen. “Die Pew-navorsingsinstituut […]
Laaste verontregte DKD-lid uiteindelik aangestel
Die vakbond Solidariteit het vandag aangekondig dat die laaste DKD-lid, wat oor die hoof gesien is vir bevordering weens onbillike diskriminasie in die departement van korrektiewe dienste (DKD), terugwerkend vanaf 1 Desember 2010 aangestel en vergoed is. Dit volg nadat dié departement versuim het om gehoor te gee aan die uitspraak van die konstitusionele hof […]
1 2 3 687