BEL ONS: 012 644 4300

Oorsig

Tans word daar bitter min of geen ruimte geskep vir Afrikaanse media nie. Selfs binne die kommersiële Afrikaanse media is daar sekere media-instansies wat onsimpatiek staan teenoor Afrikaans se benarde situasie, of wat nie te vinde is daarvoor om hul monopolie op die Afrikaanse media prys te gee ten einde kleiner rolspelers wat ’n daadwerklike bydrae vir Afrikaans wil of kan maak, te ondersteun of te mentor nie.

Ons ondersteun vryheid van uitdrukking en vryheid van media as hoeksteen van die gesonde funksionering van enige gemeenskap. Alhoewel daar verskeie soorte media is, lê ons fokus by gemeenskapsmedia omdat die toekoms van Afrikaanse media nie net aan die polities gedrewe regering en die winsgedrewe privaatsektor oorgelaat kan word nie.

Verskeie mediaplatforms het hier by ons posgevat. Die Solidariteit Tydskrif het ʼn oplaag van 135 000 terwyl die weeklikse elektroniese nuusbrief, Soldeer, 67 500 intekenare het. Die Solidariteit Wêreld bied ʼn omvattende webbladdiens wat mense help om goeie werk te kry, te behou en daarin te vorder.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Sedert Radio Pretoria in 2015 'n nuwe baadjie aangetrek het, bou hy trots as Pretoria FM, 'n stasie waar 'n ieder en 'n elk hulself met ons wonderlike taal en kultuur kan vereenselwig! Pretoria FM het sedert sy bekendstelling groot opslae gemaak en talle suksesse bereik, en as mediaplatform vervul hy 'n baie belangrike rol in die gemeenskap deur sy betrokkenheid in 'n verskeidenheid projekte. Behalwe die feit dat Pretoria FM jou daagliks vermaak en inlig met die jongste nuus, goeie musiek en interessante kletsprogramme, bou hy 'n platform vir 'n gesonde gemeenskap deur 'n spreekbuis te wees vir 'n verskeidenheid organisasies wat 'n verskil maak. Die gemeenskap vorm 'n groot deel van die fokuspunt, want wanneer 'n gemeenskap saamstaan, is daar niks wat hul nie kan vermag nie. “Ons kan nie ontken dat talle negatiewe dinge ons tans in die gesig staar nie, maar dit is ons verantwoordelikheid as radiostasie om die positiewe kant uit te lig,” sê Hennie Koortzen, stasiebestuurder van Pretoria FM gerusstellend. Dit is juis die rede waarom Pretoria FM so nóú betrokke is by 'n verskeidenheid liefdadigheidsorganisasies. Dié dinamiese span glo dat die kinders van vandag die toekoms van môre is. “Sodra jy betrokke raak by kinders en help om hulle fondasie reg te lê, bou jy aan 'n land en sy toekoms,” verduidelik Hennie. As mediaplatform bied Pretoria FM vir beide die Jakaranda-kinderhuis asook die Paul Kruger Kinderhuise gratis lugtyd om hul projekte bekend te stel en te bemark. Pretoria FM is ook 'n mediavennoot by verskillende diereprojekte soos die Wet Nose, Wollies- en Renostermaan-projekte. Dié platform dien as 'n doeltreffende kanaal om te verseker al die weerlose diere kry wat hulle nodig het om te oorleef. Die projekte sluit die insameling van basiese benodighede tot die bewaring van die diere in. Die program genaamd Doen Dinge Donderdae het ten doel om elke week met 'n ander liefdadigheidsorganisasie te gesels en aan hulle die geleentheid te gee om uit te brei oor wat hulle doen asook hoe mense betrokke kan raak. Volgens Hennie het Pretoria FM se luisteraars ook 'n hart vir die gemeenskap. “Hulle wil graag help, maar hulle moet ingelig word en dit is waar ons inkom, want as hulle nie van 'n projek weet nie, kan hulle nie betrokke raak nie,” sê Hennie. Nog projek wat die ywerige span na aan die hart lê en verseker help om 'n beter samelewing te bou, is die Omgewingsmaand-projek waartydens Pretoria FM, in samewerking met AfriForum, verskeie maatskappye en die hulp van die Pretoria FM-luisteraars, bemorste areas in en om Pretoria skoonmaak. “Dit is lekker om te sien hoe die gemeenskap saam- kom en saam bou aan 'n beter toekoms,” het Hennie alles saamgevat.

MENINGSPEILING

Kies die temas uit Solidariteit se bouplan wat jou die naaste aan die hart lê en teken op om saam te bou.

Gee jou Mening

FACEBOOK

Hou die #BouSaam veldtog dop op Facebook.

Vat my na Facebook

Waaraan Bou Ons?

Afrikaans

Oorsig Ons het histories ‘n noue verbintenis met die Afrikaner-gemeenskap en het steeds so ‘n verbintenis. Afrikaans is een van Suid-Afrika se belangrike landstale – dit is die taal wat miljoene Suid-Afrikaners na aan die hart lê. Die realiteit is egter dat Afrikaans as hoëfunksietaal weens verskeie redes bedreig word,  ... Lees meer

Lees meer

Vrye ekonomie en politieke posisionering

Oorsig Ons staan ‘n ekonomiese orde van vrye mededinging voor. Die Suid-Afrikaanse ekonomiese beleid behoort gebaseer te word op ‘n vryemark-ekonomie waar daar balans tussen die verskillende rolspelers in die ekonomie bestaan. Ons streef na ʼn Suid-Afrika waarin die rol van instellings voorop staan en vertroue tussen mense hoog is.  ... Lees meer

Lees meer

Media

Oorsig Tans word daar bitter min of geen ruimte geskep vir Afrikaanse media nie. Selfs binne die kommersiële Afrikaanse media is daar sekere media-instansies wat onsimpatiek staan teenoor Afrikaans se benarde situasie, of wat nie te vinde is daarvoor om hul monopolie op die Afrikaanse media prys te gee ten  ... Lees meer

Lees meer

Oppergesag van die reg

Oorsig Die doel van Solidariteit is om ʼn Suid-Afrika tot stand te bring waarin almal vry, gelyk voor die reg, waardig en billik behandel sal word. Sedert 1902 veg Solidariteit aktief vir sy lede in howe sodat geregtigheid in die werkplek kan geskied, asook om ʼn stokkie te steek voor  ... Lees meer

Lees meer

Groeiende selfstandigheid

Oorsig Ons wil nie net daarop fokus om ekonomiese oplossings aan ons lede te bied nie. Ons poog om vir ons lede en hul gemeenskappe demokratiese ruimtes te skep waarin hulle onafhanklik kan leef. Die antwoord op staatsverval is die politiek van self. Daarom is dit noodsaaklik dat ons intree  ... Lees meer

Lees meer

Studiehulp

Oorsig Ons sien onself as bouers wat al vir die afgelope 115 jaar saam met geesdriftige lede besig is om te bou aan ʼn toekoms. Ten spyte van al die onsekerheid in ons land sal ons nooit ophou bou aan opleidingsinstellings nie. Ons sal aanhou om studiegeleenthede vir die lede  ... Lees meer

Lees meer

Opleiding

Oorsig Suksesvolle kultuurgemeenskappe benodig gesonde, stabiele en florerende onderwys en beroepsopleiding. Reeds vanaf die middel 1800’s het Afrikaners op verskeie plekke beroepskolleges en universiteite begin oprig. Met verloop van tyd het dié beroepskolleges en universiteite egter hul gemeenskapskarakter verloor en al meer ʼn staatskarakter ontwikkel. Tans word dié inrigtings deur  ... Lees meer

Lees meer

Goeie Werk

Oorsig Volgens die Amerikaanse meningsopname-maatskappy Gallup, is die grootste behoefte van mense dwarsoor die wêreld ʼn goeie werk. Behalwe die ekonomiese stabiliteit wat werk gee, bepaal jou werk in ʼn groot mate wie jy is en waar jy inpas. Hier by Solidariteit glo ons in meer as net ʼn goeie  ... Lees meer

Lees meer

Groter Solidariteit Beweging

Oorsig Die ontstaan van die Solidariteit Beweging kan sover teruggeneem word as Junie 1902 toe die Transvaal Miners Association gestig is. Die Beweging se oorsprong kan nie net toegeskryf word aan individuele dade nie, maar het ook deur die funksie van instellings tot stand gekom. Die Solidariteit Beweging bestaan uit  ... Lees meer

Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close