BEL ONS: 012 644 4300
Molefe se tyd om vorendag te kom met die geld wat hy moet terugbetaal, verstryk om 11:59 op 8 Februarie.

Die tyd raak min.


Solidariteit en al die belastingbetalers in die land het op 25 Januarie 'n groot oorwinning behaal toe die Pretoriase hooggeregshof in 'n uitspraak beslis het dat Brian Molefe, Eskom se voormalige uitvoerende hoof, die onregmatige pensioentoekenning van sowat R30 miljoen, waarvan 'n bedrag van meer as R10 miljoen reeds aan hom uitbetaal is, binne 10 dae moet terugbetaal.

Ons glo onwrikbaar dat die korrupsie en onregverdigheid wat die land lamlê, oopgevlek moet word en ons wil seker maak dat geregtigheid uiteindelik seëvier. Ons almal werk hard vir ons geld en as belastingbetalers is ons geregtig op waarde vir ons geld. Daarom sal ons bly geraas maak sodat korrupsie nie ongesiens verbygaan nie.

Vir die volgende 10 dae gaan Solidariteit geweldige druk op Molefe plaas om te verseker die R10 miljoen word terugbetaal en beland waar dit hoort.

Jy kan ons help om Molefe ook strafregtelik te laat vervolg.
Vul die onderstaande vorm in om 'n bydrae aan die Solidariteit Regsfonds te maak.

Molefe Regsfonds
Om die volledige uitspraak te lees

Registreer / Register

Maak toe / Close