BEL ONS: 012 644 4300
DEEL MET JOU VRIENDE
Die staat is besig om jou gesondheid te kaap.
Lewer kommentaar voor 29 November 2019!
Solidariteit is reeds vir bykans drie jaar besig om ons kommer te lug oor die voorgestelde NGV-plan en ons is nie van plan om op te gee nie. Ons bygewerkte weergawe van die 2018-verslag toon dat dit nie net Solidariteit is wat kommer oor die voorgestelde NGV het nie. Diensverskaffers in die bedryf sê dat hulle weier om in so ’n stelsel te werk en dat hulle eerder emigrasie sal oorweeg.

Solidariteit is gereed om die NGV te beveg. Ons gaan ons verslag as kommentaar indien as inset in die proses van openbare deelname wat tans aan die gang is. Ons win deurlopend nog insette van voorste kenners op die gebied in en ons gaan deelneem aan die openbare sittings sodat ons kan seker maak nie ons, ons lede of ondersteuners se stemme word onderdruk nie.

Indien hierdie insette en kommentare geïgnoreer word, staan Solidariteit reg om die howe te nader. Ons sal nie dat ons gesondheid nog ’n SAL of Eskom word nie!

Saam kan ons die NGV stop! Word deel van ons saak!

Jy het gevra en ons het geluister! Kyk gerus die kort video’s waarin ons algemene vrae oor die NGV vir jou beantwoord. Klik hier
GEE JOU MANDAAT
NGV Stop
kontak_toestemming
JOU MANDAAT EN KOMMENTAAR BETEKEN: Dat jy die Nasionale Gesondheid Versekering teenstaan; dat jy aanspraak maak op jou reg tot kwaliteit gesondheidsorg; en dat jy “nee” sê vir die gebruik van jou belastinggeld vir ’n plan wat nie die siektelas van Suid-Afrika gaan verbeter nie, maar vererger. Jy stem verder saam met Solidariteit dat ons niemand kwaliteit sorg wil ontneem nie en dat swak sorg en die onkunde oor toerusting sowel as die misbruik daarvan eers opgelos en aangepak moet word. Jy sê verder dat die NGV nie mediese sorg in Suid-Afrika gaan ophef en verbeter nie, maar eerder ’n groter las vir die belastingbetaler gaan word. Jy stem saam dat jy nie die regering vertrou om jou mediese behoeftes te bestuur nie en dat jy saam met Solidariteit hierdie saak steun.
DEEL MET JOU VRIENDE

Registreer / Register

Maak toe / Close