Jy kan vandeesmaand een van die volgende VIER boeke in die gelukkige trekking wen:
Elke vrou is uniek: ʼn Koek of ʼn tert, of iets tussenin. Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Susan se gelykenisse van vroue met verskillende tipes gebak en kos, is geskik vir almal wat ʼn goeie humorsin het – en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerp: Jy as vrou is goed genoeg, jy moet nie so hard op jouself wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy leer jou hoe om jouself te waardeer, jou eie gawes te ontwikkel en om jouself en ander se uniekheid te aanvaar.
Dit is vir ons onmoontilk om God te verstaan, ons kan slegs klein glimpsies van sy karakter kry. Een manier is om God se Name te bestudeer. Esté Geldenhuys het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Name, en in hierdie boek belig sy die belangrikstes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in die Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit te gebruik in gebed.
Charmé word onverwags met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met haar eerste kind, Lisa. Klein Lisatjie word met ʼn noodkeisersnee gebore en Charmé se word in ʼn ommesien op sy kop gedraai.Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie, maar sy vertel haar storie met humor en deernis: ʼn Universele storie van oorlewing vir elke moderne ma. Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.
Granate bloei in Jerusalem
Marc, ʼn sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortel na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in ʼn geloofstryd – bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Is hy Christen of Jood? Suid-Afrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leer – al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle ʼn toekoms saam? Granate bloei in Jerusalem is met die ATKV-Prosaprys (2004) en Christelike Boekhandelaars-prys: fiksie (2004) vereer.
Hoe werk die gelukkige trekking?
Al die boeke wat jy in die gelukkige trekking kan wen, gaan tot 28 November elke week in die Soldeer geplaas word. Inskrywings sluit op Vrydag, 29 November om 10:00 vir die trekking om plaas te vind. Die wenner sal op 5 Desember in die Soldeer aangekondig word.
Om in aanmerking te kom vir die spesiale prys, stuur ’n e-pos met jou naam, van, kontaknommer en die boek/e wat jy graag sal wil wen aan lizem@solidariteit.co.za.
Ons sal jou kontak indien jy die gelukkige wenner is.