Ordereëlings

  • Lede en ondersteuners wat tydens die oop gesprek insette wil lewer, sal ’n spreekbeurt van hoogstens twee minute ontvang. Dit word gedoen om aan soveel moontlik mense die geleentheid te gee om insette te lewer.
  • Beraadgangers word daarom versoek om, buiten embleme van die Solidariteit Beweging, geen ander embleme te vertoon nie.
  • Die dra van vuurwapens en uniforms; die verspreiding van pamflette wat nie vooraf goedgekeur is nie; en die gebruik van rassistiese en kwetsende taal sal nie aanvaar word nie.
  • Ander ordereëlings sal deur die loop van die dag deur die programleier van die beraad afgekondig word om te verseker dat dit glad verloop en sinvol sal bydra tot die daarstel van werkbare doenplanne.

Insette en navrae kan gestuur word na toekomsberaad@solidariteit.co.za

Dankie vir u bywoning. Mag die beraad vir u inspirerend wees.

Daar is hoop, want saam help ons bou aan ’n beter toekoms!