Jou registrasie vir die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad oor Onderwys vir Woensdag, 31 Augustus 2016, was suksesvol.
Let asb. op die volgende ordereëlings:
- Lede en ondersteuners wat tydens die oop gesprek insette wil lewer, sal ’n spreekbeurt van hoogstens twee minute ontvang. Dit word gedoen om aan soveel moontlik mense die geleentheid te gee om insette te lewer.
- Beraadgangers word versoek om, buiten embleme van die Solidariteit Beweging, geen ander embleme te vertoon nie.
- Die dra van vuurwapens en uniforms; die verspreiding van pamflette wat nie vooraf goedgekeur is nie; en die gebruik van rassistiese en kwetsende taal sal nie toegelaat word nie.
- Ander ordereëlings sal deur die loop van die dag deur die programleier van die beraad afgekondig word om te verseker dat dit glad verloop en sinvol sal bydra tot die daarstel van werkbare doenplanne.
Insette en navrae kan gestuur word na toekomsberaad@solidariteit.co.za
Ons sien uit om u by die beraad te ontvang. Stuur gerus die inligting oor die beraad aan al u vriende.
Hou jou e-pos dop vir jou unieke kode wat jy moet saam bring op daardie dag.