BEL ONS: 012 644 4300
Solidariteit veg teen
onnie-afleggings
Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys het op 2 Desember 2017 aangekondig dat die befondsing vir die poste van nagenoeg 1 800 departementele hoërskool onderwysersposte gestaak gaan word. Solidariteit gaan hofstukke indien om die departement te dwing om dié besluit te hersien. Solidariteit gaan die departement ook aanmaan aangesien dié besluit 1 800 onderwysers se poste in gedrang bring, en dus reeds ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge as 'n artikel 189-afleggingsproses hanteer moet word. Hierdie proses word reeds nie gevolg nie en Solidariteit gaan die afleggingsproses namens sy lede in die hof beveg.

Lees Solidariteit se prokureursbrief aan die Gautengse Departement van onderwys. Klik hier
Word jou skool deur 'n vermindering in befondsing geraak en is jy bekommerd oor jóú werksekerheid volgende jaar? Stuur jou besonderhede vir Solidariteit.
onnie-afleggings
Weet jy van kollegas wat ook geraak word? Laat weet ons wie hulle is sodat ons hulle ook kan inlig
onnie-afleggings-ander
Om aan te sluit by Solidariteit teen slegs R128 per maand, klik hier.

Registreer / Register

Maak toe / Close