BEL ONS: 012 644 4300

OnsBouKomp

Bepalings en voorwaardes

  1. Die reëls en inligting op hierdie kompetisieblad maak deel uit van die voorwaardes en bepalings vir deelname en inskrywing.
  2. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes van die kompetisie.
  3. Geen persoon wat by Solidariteit of enige van sy instansies werksaam is, sal toegelaat word om aan die kompetisie deel te neem nie.
  4. Solidariteit behou die reg voor om ʼn onderhoud met die wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer. Die pryswenners sal in Soldeer, op Solidariteit se Facebook-blad en op www.solidariteit.co.za aangekondig en gepubliseer word.
  5. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  6. Die publiek kan deur middel van die Solidariteit Facebook-blad en Solidariteit Wêreld vir hul gunstelingbenoeming stem.
  7. Prysgeld mag slegs vir die opgradering van die benoemde gemeenskapsplek gebruik word.
  8. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging teen enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat ’n deelnemer het of opdoen deur deelname aan die kompetisie.
  9. Slegs een inskrywing per persoon sal aanvaar word.
  10. Die kompetisie sal oop wees vanaf 12:00 op 16 Junie 2016 tot om 12:00 op 27 Augustus 2016.
  11. Indien Solidariteit nie daarin slaag om die wenner binne vyf werkdae per e-pos of telefonies te kontak nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
  12. Die wenner sal op 2 September 2016 aangewys word.
  13. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie.
  14. Solidariteit vereis ook dat ’n opvolgpromosievideo gemaak word van die veranderinge wat aan die gemeenskapsplek aangebring is.
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close