Solidariteit is al sedert 1902 jou bondgenoot in die werkplek en sy planne vir ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms is groot. Solidariteit glo dat sy lede in ʼn onsekere ekonomie deur kennis beskerm kan word en dat ʼn toekoms vir jong Suid-Afrikaners oop geleer kan word. Daarom beywer Solidariteit homself om opleidingsinstellings te bly bou asook om sover moontlik, opleidingsgeleenthede vir die lede van die gemeenskap te skep.
Solidariteit koester en bevorder opleiding deur middel van die Solidariteit Boufonds asook die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum. Daar is tans talle faktore wat die toekoms van huidige opleidingsinstansies bedreig en dus ʼn onsekere prentjie vir die jongmense van vandag skep. Die Boufonds wat deur Solidariteit geïnisieer is se hoof doel is om om te sien na die behoefte van sy mense en hul toekoms, deur instansies te bou waarbinne goeie gehalte tersiêre opleiding asook opleiding in skaars vaardighede aan studente gebied kan word.
Sol-Tech is slegs een van die instansies wat deur die Boufonds tot stand gebring is, en vandag staan dié voorkeur instelling bekend as die grootste Afrikaanse privaat beroepsopleidingskollege in Suid-Afrika. Die 2020 toekomsplan van die Solidariteit Beweging sluit groot ontwikkelings vir onderwys van laerskool- tot universiteitvlak in. Deel van die beplanning behels die bou van ʼn nuwe opleidingskampus wat die tuiste van verskeie opleidingsinstellings sal wees.
Die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum wat voorheen as die Afrikaanse Beursinstituut bekend gestaan het, is die ander manier waardeur Solidariteit in jongmense se toekoms belê. Dié sentrum het ten doel om Solidariteit-lede en hul kinders ten opsigte van finansiële hulp vir tersiêre opleiding by te staan sodat hulle ook die geleentheid het om die nodige kennis te bekom. Oor die laaste 8 jaar het die Studiefondssentrum met ʼn totaal van R126 miljoen vir 6 981 studente die kans op tersiêre onderrig gebied.
Die suksesverhale van Akademia, Sol-Tech en die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum is ʼn getuienis dat Solidariteit ʼn wenresep het vir wêreldgehalte onderrig en opleiding. ʼn Sleutel wat die deure tot ʼn blink toekoms sal oopsluit.
Sluit by Solidariteit aan en SMS die woord BOUSAAM na 34802 (R1/SMS) of laat weet ons waar jy sal wil bou by http://solidariteit.co.za/bousaam/#meningspeiling
- Etiek en welstand
- Hofpraktyke
- Trauma-werksessies
- Woordvoerdersopleiding
- Ontdek jou handelsmerk
- Praktykadministrasie en -bestuur
- Die regte van kinders in gesondheidsorg
- Substansprobleme – meer as 'n mond vol
- om jongmense van regstellende aksie vry te stel;
- om Afrikaans en moedertaalonderrig te beskerm en te bevorder;
- om politieke inmenging in onderwys te verhoed;
- om jongmense se vermoëns, kennis en vaardighede te ontwikkel;
- en om gesonde studentetradisies te beskerm.

- BCom-grade: Akademia bied reeds geakkrediteerde BCom-grade in Ondernemingsbestuur, Bestuursrekeningkunde, Finansiële Beplanning en in Ekonomie en Regte.
- Gevorderde diplomas: ’n Gevorderde Diploma in Projekbestuur word aangebied vir projekbestuurders in die werkplek wat graag hul formele kwalifikasie wil bekom (hiervoor is ’n driejaardiploma of -graad as voorafkwalifikasie ’n vereiste).
- Hoër Sertifikate:Die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde en Kantooradministrasie (Algemeen / Projekadministrasie) is NQF 5- geakkrediteerde jaarkursusse wat dien as oorbrugging vir Akademia se BCom-graadprogramme.

