/*php if (function_exists('dimox_breadcrumbs')) dimox_breadcrumbs(); */?>
Na aanleiding van die druk wat Solidariteit gedurende 2015 op die GEPF geplaas het
oor die toepassing van die “skoonbreukbeginsel”, het die GEPF onderneem om
afstand te doen van die stelsel en dit te hersien, deur aan lede die keuse te gee en
ook die meer gebruiklike stelsel van verrekening in diensjare as ’n opsie te aanvaar.
Die GEPF het onderneem om met Solidariteit te skakel en elke persoon namens wie
ons optree se betalings ingevolge die skoonbreukbeginsel te evalueer en te vergelyk
met die stelsel van verrekening in diensjare ten einde te bepaal of iemand skade gely
het. Nadat Solidariteit litigasie van stapel gestuur het oor die eensydige aanpassings
in die formule ten tyde van bedanking voor ouderdom 55 (lees meer hieronder), het
die GEPF nou sy onderneming aan Solidariteit oor die skoonbreukbeginsel verbreek.
Ons maak nou gereed om ook litigasie hieroor teen die GEPF van stapel te stuur.
Wat betref die aanpassing in die waardes van die formule wat gebruik word vir die
berekening van ’n persoon se bedankingswaarde uit die fonds by bedanking voor
ouderdom 55, het die GEPF erken dat daar nie hieroor met arbeid gekonsulteer is
nie. Hierdie versuim is hersienbaar ingevolge die Wet op Administratiewe
Geregtigheid.
Sien die aangehegte dokumente wat verder uitwei oor die skoonbreukbeginsel.
Solidariteit het litigasie teen die GEPF van stapel gestuur met die doel om hierdie
besluit te hersien ten einde ons lede en lede wat reeds bedank het en deur die
eensydige aanpassing van die formule benadeel is, finansieel te laat vergoed.
Ons het reeds by die Hooggeregshof vir ’n hofdatum aansoek gedoen om die
beregting van die eerste been, ons aansoek om die sertifisering van ’n klasaksie, te
laat aanhoor. Die saak behoort vroeg in 2017 ter rolle geplaas te word.