BEL ONS: 012 644 4300
DEEL MET JOU VRIENDE
Die regering is desperaat vir geld; nou wil hulle hul vingers in die heuningpot, wat die staatspensioengeld is, druk. Dit is 'n krisis. Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK/PIC) bestuur meer as R1 800 miljard se staatspensioengeld en is ook die grootste batebestuurder in Afrika. Dus is die OBK 'n kontantskatkis vir die regering wat weens jare se staatskaping en wanbesteding desperaat is vir geld. Hierdie R1 800 miljard is hardwerkende Suid-Afrikaners se geld – 'n leeftyd van swoeg en sweet wat die regering nou blatant wil kaap.

Pensioene mag nie deur die regering gebruik word as reddingsboei vir hulle swak bestuur nie. Staan saam met Solidariteit op teen vakbonde, politici en sakelui wat nie jou belange eerste stel nie, maar net op hul eie oorlewing fokus. Solidariteit sal die fonds sowel as die trustees persoonlik verantwoordelik hou vir pensioenkaping.

Ons eerste pensioengeveg is teen Cosatu en hul skokkende, ondeurdagte skuldberadingsplan om GEPF-lede se pensioenfondse in Eskom te belê.

Ons staan op vir alle Suid-Afrikaners. Werkers in die staatsdiens, werkers in die privaat sektor, pensionarisse – almal sal hierdeur geraak word. Die GEPF is maar net die eerste, onaanvaarbare stap. As ons hierdie vergryp toelaat, is niemand se pensioenfonds meer veilig nie.

Gee ons jou mandaat dat ons vir jou kan veg – nie net vir vandag nie, maar vir ons almal se toekoms.
Pensioenkaping 2020
Radio Buttons
Checkboxes
DEEL MET JOU VRIENDE

Registreer / Register

Maak toe / Close