BEL ONS: 012 644 4300

Philip van Niekerk

philipvniekerk Solidariteit het ʼn kompetisie geloods waar een gelukkige lid van Solidariteit die publiek in Augustus by die Verenigde Nasies in die geveg teen onbillike diskriminasie kan verteenwoordig. Na honderde aansoeke, die publiek se menings, ’n stemming en onderhoude, is die perfekte kandidaat gekies.

Phillip van Niekerk, ’n 31-jarige tandarts van Kaapstad, is aangewys as die kandidaat wat die publiek tydens Solidariteit se besoek aan die VN sal verteenwoordig. Philip voel sterk oor die kwotastelsel, en kan homself en die breër publiek goed verteenwoordig en ʼn spreekbuis wees vir almal wat negatief deur kwotas geraak is.

Dit het Phillip, ’n vierdejaar mediese student aan die Universiteit van Kaapstad, tien jaar en twee grade geneem om keuring vir sy mediese loopbaan te verkry ten spyte van sy 88% gemiddeld in matriek.

Phillip het op die ouderdom van 29 besef dat die proses nie sy tekortkominge weerspieël het nie, maar dat dit eerder op ’n kwotastelsel neerkom wat ernstige gevolge inhou, veral in sy beroep. Hy is van mening dat regstellende aksie en diskriminasie die onregverdigste stelsel is wat bestaan; dit het hom ʼn dekade van sy lewe gekos.

“Dit verlaag prestasie in besigheid, op die sportveld, asook in akademie en gesondheidsdienste in Suid-Afrika. Ek sal graag wil opstaan en praat vir ons mense, vir Afrikaners, vir minderhede in Suid-Afrika, om die diskriminasie wat ons op ʼn daaglikse grondslag ervaar en wat onder die mat ingevee word, te openbaar sodat dit beter deur die wêreld raakgesien kan word en ons weer ʼn regverdige samelewing kan hê,” sê Phillip.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close