
Die posbevorderingsfase 1 2015/16 vir SAPD-lede is op 1 Augustus 2016 aangekondig.
Indien jou naam nie op die lys van bevorderings is nie, kan ons jou help om uit te vind wat
die rede hiervoor was. Die stappe wat jy nou moet volg, is:
- Stap 1: Stuur ’n skrywe aan jou bevelvoerder of PK.
- Stap 2: Die SAPD moet vir jou ’n ontvangserkenning vir jou skrywe gee.
- Stap 3: Die SAPD het 90 dae om met ’n rede op jou skrywe te reageer.
- Stap 4: Kontak Solidariteit sodra jy die rede vir jou niebevordering ontvang het. Stuur vir ons ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za