BEL ONS: 012 644 4300

Oorsig

Die doel van Solidariteit is om ʼn Suid-Afrika tot stand te bring waarin almal vry, gelyk voor die reg, waardig en billik behandel sal word. Sedert 1902 veg Solidariteit aktief vir sy lede in howe sodat geregtigheid in die werkplek kan geskied, asook om ʼn stokkie te steek voor die onbillike toepassing van regstellende aksie.

Die Regsfonds is met een doel voor oë gestig en dit is om die regering se onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan. Ons beywer onsself deurgaans om die publiek teen die regering se beheptheid met ras en rasseverteenwoordiging te beskerm. Tans beveg ons 34 regstellendeaksiesake namens lede asook die publiek regoor Suid-Afrika en ons wen 87% van al ons regsgedinge.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Die Solidariteit Regsfonds is met een doel voor oë gestig: Om die regering se onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan. Solidariteit beveg tans tot 34 regstellende aksie-sake namens sy lede en die publiek oor die land heen , en wen 87% van alle regsgedinge. Solidariteit beywer hom deurgaans om die publiek teen die regering se beheptheid met ras en rasseverteenwoordiging te beskerm. Die regering se volgehoue toepassing van rassekwotas het die verdrukking van minderheidsgroepe en die totale verontagsaming van vaardighede tot gevolg. Hierdie blindelingse toepassing van rasgedrewe regstellende aksie lei tot die verswakking van die staat en sy instellings, wat die kwaliteit van dienslewering negatief beïnvloed. Die regstellingsaksie wat Solidariteit in die komende jaar pak, toets verskillende elemente van regstellende aksie, want ons moet:
  • dienslewering verbeter;
  • die effektiwiteit van die staatsdiens se funksionering verbeter;
  • die uitsluiting van rasgroepe uit advertensies vir poste afstel;
  • die gebruik van rassekwotas by indiensneming en kies van sportspanne uitskakel;
  • kyk dat die inagneming van streeksdemografie nie ongrondwetlik aangepas word nie;
  • minderhede se reg op waardigheid en gelykheid beskerm.
Al hierdie sake word individueel aangepak ten einde rassekwotas uit te wis. Elke saak wat aangepak word, het invloed om te verseker dat 'n nie-rasgedrewe samelewing bereik word. Hierdie regskoste kan nie alleenlik deur Solidariteit-lidmaatskapgelde gedek word nie; dus het dit gelei tot die ontstaan van die Regsfonds. Om hierdie hofsake finansieel moontlik te maak benodig Solidariteit die publiek se ondersteuning deur hulle bydraes tot hierdie fonds. Elke saak toets 'n ander element van regstellende aksie, en daarom is Solidariteit se regsstrategie so omvattend en is dit juis die rede dat ons hierdie kwessies kaalvuis moet aanpak.   Wat doen Solidariteit? Solidariteit het al talle sake namens werknemers van die departement van korrektiewe dienste, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Eskom en munisipaliteite gevoer. Dit is egter nie genoeg nie. Die toepassing van regstellende aksie diskrimineer juis teen sommige rassegroeperinge op grond van hul velkleur. Die vakbond het in 2016 'n historiese stap geneem om deur hom na die Verenigde Nasies (VN) te wend met die indiening van 'n skaduverslag oor regstellende aksie. Dit is die eerste keer sedert 1994 dat die ANC-regering hom voor 'n internasionale forum weens sy menseregtebeleid moet verdedig. Hierdie skaduverslag se doel was om te bewys dat die regering se toepassing van rassewetgewing onkonstitusioneel is en teen die VN se konvensie oor die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie indruis. Solidariteit se klagte van rassediskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering is in Augustus 2016 deur die VN aangehoor. Na afloop van die vakbond Solidariteit, en die burgerregte-organisasie AfriForum se besoek, is die saak van regstellende aksie in Suid-Afrika op die CERD-komitee se agenda geplaas en is dit ook in die proses om aangespreek te word volgens die komitee se diplomatieke proses. Dié proses gee die Suid-Afrikaanse regering vier jaar tyd om terugvoer te gee by die volgende CERD-sitting oor die impak van regstellende aksie op indiensneming, opleiding en politieke en openbare sake. Die regering moet ook bewyse lewer dat hy voldoen aan die komitee se konvensies vir die uitwissing van rassediskriminasie. Dit is ons verantwoordelikheid om dit te doen, want as ons nie gaan nie, wie gaan? Sluit by Solidariteit aan en SMS die woord BOUSAAM na 34802 (R1/sms) of laat weet ons waar jy sal wil bou by https://solidariteit.co.za/bousaam/#meningspeiling
Francois Redelinghuys Solidariteit is bekend daarvoor dat hy nie terugdeins wanneer dit noodsaaklik is om die hof te nader wanneer ongeregtighede hulself voordoen nie. Dit vakbond het sy tande al in verskeie howe gewys en het al oor 'n legio onderwerpe, hetsy arbeidsregtelik, regstellende aksie, godsdiens, taal of onbillike praktyke, gunstige uitsprake in ooreenstemming met grondwetlike bepalings behaal. Solidariteit beveg tans sowat 35 regstellendeaksiehofsake namens sy lede, om nie eers te praat nie van die besoeke aan die VN wat die vakbond al afgelê het om internasionale steun teen die toepassing van swart ekonomiese bemagtiging te verkry. Solidariteit het verlede jaar groot opspraak verwek toe hy die nou bekende SAUK-4 in die Arbeidshof bygestaan het nadat die joernaliste onregmatig deur die SAUK se bestuur afgedank is omdat hul as etiese joernaliste geweier het om die voormalige SAUK-hoof, Hlaudi Motsoeneng, se beleid dat hulle nie oor optogte mag verslag doen nie, deur te voer. Solidariteit het nie net die saak namens die joernaliste gewen nie maar het ook daarin geslaag om 'n interdik teen enige verdere dissiplinêre aksie teen die SAUK-4 te bekom. Die persone wat vir die afdanking van die joernaliste verantwoordelik was, moes voorts ook binne vyf dae aan die hof motiveer waarom hulle nie in hul persoonlike hoedanigheid vir die regskoste aanspreeklik gehou moet word nie. 'n Verdere gevolg van die saak was dat die Arbeidshof Solidariteit se aansoek toegestaan het dat Motsoeneng in sy persoonlike hoedanigheid aan die hof moet kom verduidelik waarom hy nie verantwoordelik is vir die koste wat ten tyde van die SAUK-4-saak aangegaan is nie. In een van die sterkste uitsprake nóg oor rassekwotas het die Appèlhof op 2 Desember 2016 bevind dat rassekwotas ongrondwetlik en irrasioneel is. Die saak het gehandel oor 'n beleid oor die aanstelling van insolvensiepraktisyns wat die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling in Februarie 2014 in die Staatskoerant gepubliseer het. Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, was hierdie uitspraak een van die belangrikste rigtinggewers wat die grense van transformasie en gelykheid in Suid-Afrika betref. Die regering se rassebeleid het weer bloedneus gekry. “Wat ons egter verstom, is dat die regering skynbaar glo dat sy obsessie met ras bo die Grondwet verhewe is. Die Appèlhof het bevind dat die regering hom aan onbillike rassediskriminasie skuldig maak. Dit is 'n baie ernstige aanklag teen 'n regering wat wil hê dat rassisme deur wetgewing tot misdaad verklaar moet word,” het Hermann destyds gesê. Solidariteit het verder tesame met AfriForum vroeër vanjaar die ministerie van sport voor die Arbeidshof gedaag rakende die volgehoue toepassing van onbehoorlike kwotas wat in Suid-Afrikaanse sportspanne van toepassing is. Volgens Solidariteit en AfriForum is die ooreengekome kwotas nie alleen teen die wet nie, maar druis dit in teen ooreengekome internasionale norme. “Dit is skreiend dat die ANC sulke strawwe rassekwotas afdwing. Dit is egter nie verrassend nie. Vir die ANC is plaaslike rassewetgewing en internasionale ooreenkomste maar net lippetaal,” het Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, in Mei vanjaar gesê. Solidariteit het in die metaal- en ingenieursbedryf vroeër dié maand 'n ingrypende hofbevel bekom nadat die hof beslis het dat die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) onder administrasie geplaas moet word. Die hofbevel en aansoek wat Solidariteit gebring het, is die eerste in sy soort in Suid-Afrika en sal die landskap in die staal- en ingenieursbedryf ingrypend verander. Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het dié historiese bevel verwelkom. “Die bevel is 'n broodnodige stap om te verseker dat die MEIBC van ondergang gered word. Ons glo dat die aanstelling van 'n administrateur sal verseker dat die MEIBC reggeruk word en finansieel gesond sal word. Die behoud van die raad is kritiek vir die stabiliteit van die staalbedryf, wat reeds onder geweldige druk is,” sê Croucamp. Hierdie en ander hofsake vorm maar net 'n klein deel van die verskeie regsroetes wat Solidariteit al aangepak het om praktyke te beveg wat die vakbond glo ongrondwetlik en diskriminerend is. Ondersteun Solidariteit in sy hofsake.  Klik op hierdie skakel om aan te sluit: https://solidariteit.co.za/1-minuut-aansluiting/.      
Die Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, deel van die vakbond Solidariteit, se slaankrag is die afgelope vier jaar getoets deurdat verskeie sake van onbillike arbeidspraktyk in die hof getakel is, en 'n rits oorwinnings wat tot dusver behaal is, maak dié Sentrum uiters suksesvol.   Die Sentrum beywer hom vir die bekamping van alle rasgegronde arbeidspraktyke wat op numeriese uitsette gebaseer is, en daar word druk op die regering uitgeoefen om regstellende aksie te hersien sodat ’n insetgedrewe benadering in die plek daarvan gevolg word. Solidariteit het in 2006 die eerste saak van onbillike diskriminasie namens vier lede in diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) voor die hof gebring en sedertdien het die Sentrum talle ander sterk sake gewen.   Anton van der Bijl staan aan die hoof van die nuwe Sentrum en sy gedugte span bestaan uit Annika Labuschagne en Devon Basson. Volgens Van der Bijl het die sentrum ten doel om te verseker dat die beginsels van gelykheid en billike arbeidspraktyke in Suid-Afrika op ’n rasionele wyse wat aan die letter en gees van die Grondwet voldoen, vertolk en gedefinieer word.   “Die Sentrum ag enige ideologie of siening dat gelykheid aan verteenwoordigendheid en numeriese uitsette gekoppel kan word, as fataal, aangesien die onvermydelike gevolge daarvan permanente rasseklassifikasie en ongelyke behandeling sal wees.”   Die Sentrum is enig in sy soort, aangesien dit net op die bekamping van onbillike diskriminasie en die vestiging van billike arbeidspraktyke toegespits is. Volgens Van der Bijl kry geen saak voorkeur bo 'n ander nie. “Ons aanvaar nie sake omdat dit hoёprofielsake is nie. Ons glo dat elke saak uniek is en so hanteer moet word,” vertel hy.   Hoe gemaak as jy 'n saak het? As jy wil hê dat Solidariteit jou saak moet hanteer, moet jy die volgende vereistes nakom:  
  1. Jy moet ’n lid van Solidariteit wees.
  2. Jy moet ’n interne grief registreer en die nodige stawende dokumentasie versamel.
  3. Jy moet jou saak onder die aandag van jou naaste Solidariteit-dienskantoor bring sodat ’n merietebepaling gedoen kan word.
  4. Jy moet ’n mandaatvorm aan Solidariteit voltooi.
  5. Jy moet bereid wees om jou saak in die hof te stel.
  Om te verseker dat die werkomgewing verbeter, moet mense onbillike praktyke aan die kaak stel deur die sake aan te gee. Die Sentrum kan slegs lede help wat na vore kom en die nodige inligting verskaf. Saam is ons sterker.   'n Paar Sentrum-welslae   Op 15 Julie 2016 het die Konstitusionele Hof beslis dat die sewe werknemers van die DKD wat ingevolge die DKD se regstellendeaksieplan vir bevordering oor die hoof gesien is, bevorder en terugwerkend vergoed moet word. Dié prominente hofsaak teen die DKD het reeds in 2012 begin toe die vakbond etlike sake oor die DKD se omstrede regstellendeaksieplan gekonsolideer het. Solidariteit het ook die uitgerekte hofsaak teen die DKD in die Konstitusionele Hof gewen. Die Hof het gelas dat streeksdemografie ook in ag geneem moet word wanneer diensbillikheidsplanne opgestel word.   In dieselfde maand is ’n ooreenkoms tussen Solidariteit en die SAPD se topbestuur onderteken wat die vakbond in staat stel om insette op die SAPD se diensbillikheidsplan vir 2015 - 2019 te lewer. Dit is ’n groot stap in die regte rigting, aangesien die SAPD erken dat die huidige plan aangepas moet word om in ooreenstemming met wetgewing te wees. Solidariteit het ’n omvattende dokument opgestel en aan die SAPD oorhandig sodat  ’n diensbillikheidsplan geïmplementeer kan word wat aan die wetlike vereistes voldoen. Die ooreenkoms behels verder dat alle sake wat tans deur Solidariteit na die arbeidshof verwys is, met die oog op moontlike skikkingsooreenkomste met SAPD-bestuur bespreek moet word.

MENINGSPEILING

Kies die temas uit Solidariteit se bouplan wat jou die naaste aan die hart lê en teken op om saam te bou.

Gee jou Mening

FACEBOOK

Hou die #BouSaam veldtog dop op Facebook.

Vat my na Facebook

Waaraan Bou Ons?

Afrikaans

Oorsig Ons het histories ‘n noue verbintenis met die Afrikaner-gemeenskap en het steeds so ‘n verbintenis. Afrikaans is een van Suid-Afrika se belangrike landstale – dit is die taal wat miljoene Suid-Afrikaners na aan die hart lê. Die realiteit is egter dat Afrikaans as hoëfunksietaal weens verskeie redes bedreig word,  ... Lees meer

Lees meer

Vrye ekonomie en politieke posisionering

Oorsig Ons staan ‘n ekonomiese orde van vrye mededinging voor. Die Suid-Afrikaanse ekonomiese beleid behoort gebaseer te word op ‘n vryemark-ekonomie waar daar balans tussen die verskillende rolspelers in die ekonomie bestaan. Ons streef na ʼn Suid-Afrika waarin die rol van instellings voorop staan en vertroue tussen mense hoog is.  ... Lees meer

Lees meer

Media

Oorsig Tans word daar bitter min of geen ruimte geskep vir Afrikaanse media nie. Selfs binne die kommersiële Afrikaanse media is daar sekere media-instansies wat onsimpatiek staan teenoor Afrikaans se benarde situasie, of wat nie te vinde is daarvoor om hul monopolie op die Afrikaanse media prys te gee ten  ... Lees meer

Lees meer

Oppergesag van die reg

Oorsig Die doel van Solidariteit is om ʼn Suid-Afrika tot stand te bring waarin almal vry, gelyk voor die reg, waardig en billik behandel sal word. Sedert 1902 veg Solidariteit aktief vir sy lede in howe sodat geregtigheid in die werkplek kan geskied, asook om ʼn stokkie te steek voor  ... Lees meer

Lees meer

Groeiende selfstandigheid

Oorsig Ons wil nie net daarop fokus om ekonomiese oplossings aan ons lede te bied nie. Ons poog om vir ons lede en hul gemeenskappe demokratiese ruimtes te skep waarin hulle onafhanklik kan leef. Die antwoord op staatsverval is die politiek van self. Daarom is dit noodsaaklik dat ons intree  ... Lees meer

Lees meer

Studiehulp

Oorsig Ons sien onself as bouers wat al vir die afgelope 115 jaar saam met geesdriftige lede besig is om te bou aan ʼn toekoms. Ten spyte van al die onsekerheid in ons land sal ons nooit ophou bou aan opleidingsinstellings nie. Ons sal aanhou om studiegeleenthede vir die lede  ... Lees meer

Lees meer

Opleiding

Oorsig Suksesvolle kultuurgemeenskappe benodig gesonde, stabiele en florerende onderwys en beroepsopleiding. Reeds vanaf die middel 1800’s het Afrikaners op verskeie plekke beroepskolleges en universiteite begin oprig. Met verloop van tyd het dié beroepskolleges en universiteite egter hul gemeenskapskarakter verloor en al meer ʼn staatskarakter ontwikkel. Tans word dié inrigtings deur  ... Lees meer

Lees meer

Goeie Werk

Oorsig Volgens die Amerikaanse meningsopname-maatskappy Gallup, is die grootste behoefte van mense dwarsoor die wêreld ʼn goeie werk. Behalwe die ekonomiese stabiliteit wat werk gee, bepaal jou werk in ʼn groot mate wie jy is en waar jy inpas. Hier by Solidariteit glo ons in meer as net ʼn goeie  ... Lees meer

Lees meer

Groter Solidariteit Beweging

Oorsig Die ontstaan van die Solidariteit Beweging kan sover teruggeneem word as Junie 1902 toe die Transvaal Miners Association gestig is. Die Beweging se oorsprong kan nie net toegeskryf word aan individuele dade nie, maar het ook deur die funksie van instellings tot stand gekom. Die Solidariteit Beweging bestaan uit  ... Lees meer

Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close