BEL ONS: 012 644 4300
adv_header

Wen ’n wegbreek met Regskliek, met sakgeld van Solidariteit Tydskrif!

Die eerste van sy soort – ʼn unieke, Afrikaanse regstoepassing vir werkende mense in Suid-Afrika! Dié toepassing wat deur die vakbond Solidariteit ontwikkel is, bied jou die gerief van arbeidsregsadvies in die palm van jou hand. Die toepassing is gratis en kan deur enige mens op sy of haar slimfoon afgelaai word.

Regskliek bied ook nou aan jou die kans om ’n unieke Bosveld-avontuur by die geliefde Kokoriba Wildreservaat te wen, en om hierdie wegbreek ten volle te kan benut sorg Solidariteit Tydskrif vir R2 000 sakgeld.

Hoe skryf ek in?

Laai Solidariteit se nuwe opwindende toepassing, Regskliek, af.

Beantwoord hierdie vyf vrae: klik hier. Antwoorde kan op die Regskliek-toepassing gevind word.

Vul jou kontakbesonderhede via die vorm in, dien dit in, en siedaar, jy is vir die kompetisie ingeskryf.

Wie mag inskryf?

Enigiemand mag vir hierdie Solidariteit-kompetisie inskryf.

Wanneer begin die kompetisie?

Die kompetisie sal oop wees vanaf 12:00 op 17 September 2016 tot om 12:00 op 5 Desember 2016.

Hierdie inisiatief beklemtoon weereens waarom Solidariteit soveel meer as ’n gewone vakbond is.

Onseker oor waar jy die Regskliek-toepassing kan aflaai? Klik hier.

Klik hier vir die bepalings en voorwaardes van die kompetisie.

Registreer / Register

Maak toe / Close