Regstellende Aksie – Solidariteit se besoek aan die VN

Woensdag, Februarie 15th, 2017

#Stop Rassisme

Het jy geweet?

  • Solidariteit het verlede jaar ’n verslag oor die regering se beleid van rassekwotas by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) ingedien.
  • Suid-Afrika het die VN se resolusie teen rassisme bekragtig en is verplig om aanbevelings van die resolusie te implementeer.
  • Die VN-resolusie maak deel uit van die Suid-Afrikaanse reg en aanbevelings sal spierkrag aan Solidariteit gee vir plaaslike litigasie.
  • In sy verslag kap die VN-komitee die SA-regering oor sy gebruik van apartheidsera-rasseklassifikasie.
  • Die VN-komitee sê in ’n verklaring oor regstellende aksie in Suid-Afrika: “Experts took note of the rather rigid approach to the application of quotas which seemed to favour quantitative over qualitative.”
  • Die VN-komitee se aanbeveling 32 van 2009 sê dat regstellende aksie nie net op ras mag fokus nie, maar ook op persone se ekonomiese en sosiale omstandighede.
  • Die SA-regering moet aan die VN-komitee verslag doen oor die impak van regstellende aksie op arbeid, onderwys, openbare en politieke sake.
  • Die SA-regering moet aan die VN-komitee verslag doen oor die impak van regstellende aksie op persone wat daardeur geraak word.
  • Die VN-komitee bepaal dat regstellende aksie tydelik van aard moet wees.
  • Die VN-komitee bepaal dat regstellende aksie ’n legitieme doel moet hê.
  • Die VN-komitee bepaal dat regstellende aksie “should not lead to the maintenance of separate rights for different racial groups.”
  • Solidariteit gaan as ’n waghond in Suid-Afrika optree om seker te maak die SA-regering voldoen aan die vereistes van die VN-komitee.
  • Solidariteit sal by die volgende sitting van die VN-komitee weer ’n skaduverslag indien om aan te toon of die regering aan al die aanbevelings voldoen het.
  • Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie tree as agent van die VN-komitee in Suid-Afrika op en moet toesien dat Suid-Afrika voldoen aan die vereistes van die VN.
  • Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) beskik oor die mag om ’n spesiale ondersoek te doen daaroor of Suid-Afrika se regstelwette aan die VN-vereiste voldoen. Solidariteit het die SAMRK versoek om so ’n ondersoek te doen.
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  • Hennie

    Alles reg en mooi!! Wanneer begin hulle druk uit oeffen op die regering om die aksies te begin en reg te maak??

    • bluegoon

      haha, Wit mense mag nie regte he nie.

  • Heidi Maritz

    Het julle gesien daar is n whatsapp boodskap wat rondgaan en vra vir stemme…
    Dit noem dat Solidariteit besig is om na die wereld unie te gaan ivm die werkskwota in SA re die BEE rating blank teenoor nie-blank. Hulle vra vir stemme – sms REG na 45298
    Is die wel so?
    Kan ek my sms stuur?
    Heidi

Ander Artikels

Nuuskommentaar: It’s Time, Angus en die volk wat hulself voor Hom verootmoedig
Eugene Brink   Die huidige tydvak is sekerlik die onstabielste en kommerwekkendste sedert die aanbreek van demokrasie 23 jaar gelede. Die ekonomie en staat blyk in ʼn roofdier-elite se kloue vasgevang te wees, kru rassisme is besig om oral kop uit te steek (en ons regeerders neem die voortou daarmee) en misdaad is allerweë ʼn […]
Nuuskommentaar: Terreur ruk handuit in Europa
Eugene Brink   Die nuutste voorval waarin ʼn Franse polisieman deur ʼn 39-jarige lid van die Islamitiese Staat (IS) in Parys doodgeskiet en nog twee gewond is, is geen geïsoleerde lone wolf-voorval nie. Onlangs het ʼn mislukte asielsoeker van Oesbekistan met ʼn vragmotor in ʼn winkel in Stockholm, die hoofstad van Swede, vasgejaag en vier […]
KragDag – die “Doen jou eie ding!”-ekspo
Op 15-17 Junie 2017 vind die 9de KragDag Ekspo plaas. Hierdie “Doen jou eie ding!” se ekspo bring vir diegene wat ʼn hart het vir volhoubaarheid en wat besef hoe bevrydend selfstandigheid is, in aanraking met inligting, oplossings en nuwe tegnologie wat jou op die spoor van ʼn alternatiewe lewenstyl plaas. KragDag, met die Solidariteit Beweging as […]