Regstellende Aksie – Solidariteit se besoek aan die VN

Woensdag, Februarie 15th, 2017

#Stop Rassisme

Het jy geweet?

  • Solidariteit het verlede jaar ’n verslag oor die regering se beleid van rassekwotas by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) ingedien.
  • Suid-Afrika het die VN se resolusie teen rassisme bekragtig en is verplig om aanbevelings van die resolusie te implementeer.
  • Die VN-resolusie maak deel uit van die Suid-Afrikaanse reg en aanbevelings sal spierkrag aan Solidariteit gee vir plaaslike litigasie.
  • In sy verslag kap die VN-komitee die SA-regering oor sy gebruik van apartheidsera-rasseklassifikasie.
  • Die VN-komitee sê in ’n verklaring oor regstellende aksie in Suid-Afrika: “Experts took note of the rather rigid approach to the application of quotas which seemed to favour quantitative over qualitative.”
  • Die VN-komitee se aanbeveling 32 van 2009 sê dat regstellende aksie nie net op ras mag fokus nie, maar ook op persone se ekonomiese en sosiale omstandighede.
  • Die SA-regering moet aan die VN-komitee verslag doen oor die impak van regstellende aksie op arbeid, onderwys, openbare en politieke sake.
  • Die SA-regering moet aan die VN-komitee verslag doen oor die impak van regstellende aksie op persone wat daardeur geraak word.
  • Die VN-komitee bepaal dat regstellende aksie tydelik van aard moet wees.
  • Die VN-komitee bepaal dat regstellende aksie ’n legitieme doel moet hê.
  • Die VN-komitee bepaal dat regstellende aksie “should not lead to the maintenance of separate rights for different racial groups.”
  • Solidariteit gaan as ’n waghond in Suid-Afrika optree om seker te maak die SA-regering voldoen aan die vereistes van die VN-komitee.
  • Solidariteit sal by die volgende sitting van die VN-komitee weer ’n skaduverslag indien om aan te toon of die regering aan al die aanbevelings voldoen het.
  • Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie tree as agent van die VN-komitee in Suid-Afrika op en moet toesien dat Suid-Afrika voldoen aan die vereistes van die VN.
  • Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) beskik oor die mag om ’n spesiale ondersoek te doen daaroor of Suid-Afrika se regstelwette aan die VN-vereiste voldoen. Solidariteit het die SAMRK versoek om so ’n ondersoek te doen.
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  • Hennie

    Alles reg en mooi!! Wanneer begin hulle druk uit oeffen op die regering om die aksies te begin en reg te maak??

    • bluegoon

      haha, Wit mense mag nie regte he nie.

  • Heidi Maritz

    Het julle gesien daar is n whatsapp boodskap wat rondgaan en vra vir stemme…
    Dit noem dat Solidariteit besig is om na die wereld unie te gaan ivm die werkskwota in SA re die BEE rating blank teenoor nie-blank. Hulle vra vir stemme – sms REG na 45298
    Is die wel so?
    Kan ek my sms stuur?
    Heidi

Ander Artikels

Nuuskommentaar: Sassa strompel straks voort na volgende krisis
Eugene Brink   Die konstitusionele hof het in Maart vanjaar die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) ʼn jaar gegee het om van Cash Paymaster Services (CPS) as uitbetaler van maatskaplike toelae ontslae te raak en ʼn ander plan te maak. Dit was nadat die hopeloos onbevoegde Bathabile Dlamini, minister  ... Lees meer
VRA beveg Engels as amptelike taal van rekord
Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) is tans besig om landswyd mandate van regslui te bekom om te veg vir die gebruik van Afrikaans en al die ander inheemse tale in howe om te voorkom dat slegs Engels as taal van rekord in die howe gebruik word. Dit volg  ... Lees meer
Nuuskommentaar: Die Oliphant in die vertrek is dat regstellende aksie klaaglik misluk
Eugene Brink   Die Kommissie vir Gelyke Indiensneming se verslag oor diensbillikheid is gister uitgereik en bekla weer eens die arbeidslot van swart mense en die gebrek aan swart bemagtiging. In breë trekke vind die aanstelling van swart mense in senior posisies in die private sektor te stadig plaas, maar  ... Lees meer