/*php if (function_exists('dimox_breadcrumbs')) dimox_breadcrumbs(); */?>
Nuutste verwikkelinge:
Solidariteit is tans in onderhandelinge met die SAPD betrokke aangaande wysigings wat aangebring moet word aan die regstellendeaksieplan vir die tydperk 2015-2019.
Agtergrond:
Solidariteit veg al jare namens sy lede teen onbillike regstellende aksie in die SAPD.
Solidariteit het meer as 20 hangende sake teen die SAPD om onbillike diskriminasie deur die SAPD te beveg.
Die regstellendeaksieplan van die SAPD word vyfjaarliks tussen die SAPD, POPCRU en SAPU onderhandel.
Hierdie planne stel steeds meer en meer rigiede rassekwotas daar, wat as “teikens” probeer verdedig word. In wese word die nasionale rassedemografie as die uitsluitlike maatstaf gebruik aan die hand waarvan aanstellings en bevorderings plaasvind.
Solidariteit het onlangs ’n dokument aan die SAPD gestuur met insette vir die SAPD se regstellendeaksieplan. Die SAPD het egter nog nie terugvoer op ons dokument
verskaf nie. Solidariteit neem nou die saak verder met die SAPD in die lig van die ooreenkoms met die Nasionale Kommissaris, wat ons in Julie 2016 onderteken het.
Dit is hierdie rassekwotas wat lei tot die blatante diskriminasie deur die SAPD, wat voortgaan om swart persone te bevorder aan die hand van velkleur (in
ooreenstemming met die SAPD se regstellendeaksieplan), terwyl wittes wat dieselfde aantal diensjare of meer het, eenvoudig oor die hoof gesien word op grond van ras.
Hierdie bevorderings op grond van ras is deur POPCRU en SAPU onderhandel en hulle het dit in die Arbeidshof aktief teen Solidariteit gebruik toe ons die plan en die
niebevordering van ’n paar van ons lede in die Arbeidshof beveg het.
Die agtergrond en uitkoms van die saak word in die aangehegte dokument
breedvoeriger verduidelik.
Solidariteit wag reeds etlike jare vir ’n uitspraak deur die arbeidshof oor die regmatigheid van die SAPD se regstellendeaksieplan. Verlede jaar het die arbeidshof bevind dat die 2010-2014-plan ongeldig en onwettig is omdat dit kwotas bevat. Die huidige plan (wat nou heronderhandel word na aanleiding van die arbeidshof se uitspraak en die DKD-uitspraak van die Konstitusionele Hof) lyk dieselfde as die vorige onwettige plan.
POPCRU en SAPU het aktief teen Solidariteit gelitigeer om hierdie plan te verdedig.
In die onlangse hofsaak van Solidariteit namens lede in die Departement van
Korrektiewe Dienste, waar Solidariteit ook die regmatigheid van die DKD se regstellendeaksieplan betwis het, het POPCRU ook teen Solidariteit gelitigeer om die
regstellendeaksieplan van die DKD te verdedig. Die plan is, soos in die geval van die SAPD, daarop geskoei om verteenwoordigendheid (“representivity”) in die werkmag
te bereik aan die hand van rigiede rassekwotas. Die uitspraak was in Solidariteitlede se guns.