Datum: | 2 September 2016 |
Tyd: | Seminaar van 08:00 tot 12:00 Openingsfunksie van 12:00 tot 14:30 |
Plek: | Akademia Von Willichlaan 284 (h.v. Von Willichlaan en Suidstraat) Die Hoewes Centurion |
Tema: | Etiek en Welstand |
Laat weet ons of jy die funksie en seminaar gaan bywoon deur een of albei blokkies te merk.
Ons fokus daarop om gerespekteerde kenners of spesialiste op hul gebied te nader om as sprekers by hierdie seminare op te tree, om sodoende ook waarde toe te voeg aan elke professionele persoon wat die seminare bywoon.
Ons het twee sprekers genader om tydens die seminaar op 2 September te kom gesels. Ons nooi dus alle belangstellendes wat self ʼn praktyk bestuur, een beplan of enigsins deel is van ʼn praktyk om die seminaar te kom bywoon. Dit word gratis aangebied!
Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos aan navrae@s-leer.co.za
![]() |
Tertia Putter is ʼn direkteur en stigter van die maatskappy Wellness Africa. Sy het oor die afgelope 14 jaar verskeie welstandsprogramme by organisasies geïmplementeer – soos welstandsprogramme vir strategiese kultuurveranderings, vir skofwerkers, vir uitvoerende bestuur, welstandsafrigting, ergonomiese welstand, ensovoorts. Tertia was betrokke by die ontwikkeling van unieke Afrika-gebaseerde gesondheid- en welstandprogramme wat tans deur verskeie organisasies geïmplementeer word. Sommige van die nuutste sertifikaatkursusse wat geïmplementeer word, sluit in Gesertifiseerde Professionele Welstandopleiding, Gesertifiseerde Welstand-leierskapopleiding en Gesertifiseerde Welstand-koördineerderopleiding. Dit het ʼn passie geword om hierdie top professionele persone in alle aspekte van welstand op te lei; om die professionele persoon se aanvanklike doelwit om ander deur die gesondheidbedryf te dien, te heraktiveer.
Tertia is as biokinetikus by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer en sy is ʼn gesertifiseerde intrinsieke afrigter, uitvoerende afrigter, mentor vir afrigters, en motiveringsafrigter vir onderhoudvoering. Tertia Putter het die baanbrekerswerk wat Wellness Africa doen, reeds by verskeie nasionale en internasionale konferensies aangebied. |
![]() |
Dr. Mario Denton is ʼn bedryfsielkundige, ʼn internasionale dosent met twee meestersgrade (MEcon en MBA), hy het sy PhD-graad voltooi asook ʼn DBA (doktorsgraad in besigheidsadministrasie) in Organisatoriese Gedrag en Besigheidsadministrasie. Hy het Personeelbestuurpraktyk 44 keer agtereenvolgens aan MBA-studente aangebied en ongeveer 3 000 kursusgangers, waaronder 300 MBA-studente, in Emosionele Intelligensie opgelei. Hy is tans die hoof uitvoerende beampte vir Strong Message Business Consultancy, die True Africa Leadership Institute se direkteur vir Afrika, asook die Afrika-direkteur vir 2=1 en Character First.
Dr. Denton gebruik sy sterk Christelike, akademiese, korporatiewe agtergrond en sy unieke, doeltreffende onderrigmetodes om mense te help om hul innerlike krag te ontgin en hul vaardighede uit te brei om ʼn verskil in die werkplek te maak. Hy lei mense op in bestuur, leierskap, emosionele en spirituele intelligensie, asook organisatoriese gedrag en die bestuur van verandering. Hy is ʼn optimis met ʼn passie vir mense en klasgee, en ʼn ware liefde vir die lewe. Tot dusver het hy sy loopbaan gewy aan die bestuur van mense en om komplekse en voortdurende verandering te fasiliteer. |