BEL ONS: 012 644 4300
0
Die SAL skuld reeds R33 miljard en benodig nou nog R21 miljard om sy swak besluite en bestuursvermoë te befonds. Dit is geld wat jy, die belastingbetaler, gaan moet opdok. Verder het afleggings, stakings en nimmereindigende plundery alledaags geword by die SAL. Solidariteit sê nee! Dit moet stop.!

Solidariteit bring 'n aansoek om die SAL in sakeredding te plaas. Dit sal die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis wees dat 'n staatsonderneming in sakeredding geplaas word. Om suksesvol te wees, moet ons die hof kan oortuig dat duisende belastingbetalers so 'n aansoek steun. Solidariteit benodig jou mandaat wat deel van ons hofaansoek gaan vorm. Die stem van 10 000 mense moet gehoor word en gehoor moet gegee word aan 100 000 mense se stem.

Word deel van die geskiedenis. Steun ons saak!

Volg hierdie skakel om ons volledige hofstukke te lees: Klik hier
SAL Sakeredding Mandaat
Checkboxes

Wat beteken sakeredding?

Indien Solidariteit dit regkry om die SAL in sakeredding te laat plaas, sal 'n sakereddingspraktisyn aangestel word om die SAL oor te neem en te bestuur. In praktyk word die SAL dan uit die hande van die staat geneem. Dit sal dus 'n einde bring aan die onsekerheid en chaos wat by die SAL hoogty vier – en wat deur belastingbetalers, soos jy, befonds word. Hierdie hofaansoek en mandaat is jou kans om saam met Solidariteit nee te sê vir belastingmisbruik en die hof te wys namens wie ons veg.

Registreer / Register

Maak toe / Close