BEL ONS: 012 644 4300

Duisende miljoene rande van belastingbetalers se swaarverdiende geld word in die plunderput van staatsinstellings gestort. Hierdie instellings is die hart van staatskorrupsie en staatskaping in Suid-Afrika.

Solidariteit slaan 'n nuwe rigting in die stryd teen staatskaping en belastinggeld- vermorsing in. Ons gaan aansoek doen om staatsinstellings wat 'n blote plunderput van belastinggeld geword het, onder besigheidsredding te plaas. Dit is nog nooit vantevore gedoen nie, maar dit sal die begin van 'n privatiseringsproses wees.

Hierdie hofaansoek is 'n wettige vorm van belastingprotes. Dit is in die belang van alle belastingbetalers in Suid-Afrika. Ons benodig dus soveel moontlik belastingbetalers om ons te steun.

SAL Petisie ingedien in 2018 - Klik hier.
SAL Verslag - Klik hier.

Mandaat

Ek is 'n getroue belastingbetaler. Ek vereis waarde vir my belastinggeld. Ek neem my voor om saam met Solidariteit seker te maak dat my belastinggeld nie langer deur staatsinstellings soos die SAL verkwis word nie. Ek dring aan dat belastingbetalers insette moet gee oor die beheer van instellings wat deur ons belastinggeld befonds word.

R7 700 van my geld is AL gebruik om die SAL te “red”. Al hierdie reddingsgeld kon 300 skole gebou het wat 210 000 kinders kon opvoed. Genoeg is genoeg! Mý geld is mý verantwoordelikheid en mý besluit.

Hiermee gee ek Solidariteit 'n mandaat om namens my, as belastingbetaler in Suid-Afrika, aansoek te doen om die SAL onder besigheidsredding te plaas. My belastinggeld mag nie verder in die plunderput van staatsinstellings gestort word nie. Belasting- betalers vereis verantwoordbare, professionele privaatbestuur van instellings wat deur óns geld finansier word. Ek aanvaar dat daar geen verdere regte en verpligtinge op my of Solidariteit is met die gee van die mandaat nie.

SAL

(U ID-nommer word slegs gebruik om duplikaatmandate uit te skakel en sal nie bekendgemaak word nie.)

Ons sal terugvoer oor die veldtog aan u stuur. Dui asb. u voorkeurkommunikasiemedium aan (e-pos/selfoonnommer).

Wat gebeur volgende?

Solidariteit het reeds 'n skrywe aan die president, die minister van finansies en die minister van openbare ondernemings gerig om hulle te versoek om Solidariteit se aansoek om die SAL onder besigheidsredding te plaas, te steun. Die parlement gaan gepetisioneer word om die saak te debatteer en 'n hofaansoek gaan gebring word om die SAL amptelik onder besigheidsredding te laat plaas.

SAL-petisie, teken dit nou! - Klik hier.

Registreer / Register

Maak toe / Close