BEL ONS: 012 644 4300
DEEL MET JOU VRIENDE
Solidariteit hou inligtingsessie vir SAPD-lede
in die Wes-Kaap
Vals klagtes van rassisme binne die SAPD is geen nuwe verskynsel nie. Dit word egter toenemend as ‘n wapen gebruik om tugoptrede in die polisie te omseil.

Solidariteit wil ons SAPD-lede beskerm en dien, want elke persoon maak saak.

Jy as SAPD-lid word direk daardeur geraak as jy in ‘n bevelsposisie is. Gewone lede word ook geraak, deurdat dissipline in die algemeen al hoe swakker raak en dit maak effektiewe funksionering in ‘n wettelose omgewing al hoe moeiliker.

Kom vat vandag Solidariteit se hand as jy saam met ons teen hierdie onregmatighede wil veg.

Kom bemagtig jouself met die nuutste inligting oor die GEPF se “clean break” toepassing en hoe dit jou raak. Word deel van die oplossing ten opsigte van die baie arbeidsregtelike uitdagings wat daar in die werkplek is.

Solidariteit wil jou in jou werkplek ondersteun, daarom nooi ons jou graag uit om ons SAPD-inligtingsessie vir alle SAPD-lede in die Wes- Kaap by te woon op
16 November 2019, Vredelust NG Kerk, 13de Laan, Boston, Bellville.

Registrasie vir die sessie is reeds oop.

Moet asseblief nie hierdie geleentheid misloop nie. Alle werknemers van die SAPD (Polisiewet sowel as Staatsdienswet)is welkom.

Klik hier vir die volledige program vir Saterdag 16 November.
#Ekmaaksaak
SAPD - Ekmaaksaak (Nov2019)
*Plaas asb my kollega se naam ook op die lys.
DEEL MET JOU VRIENDE

Registreer / Register

Maak toe / Close