
Nuutste verwikkelinge:
- Solidariteit is tans in onderhandelinge met die SAPD betrokke aangaande wysigings wat aangebring moet word aan die regstellendeaksieplan vir die tydperk 2015-2019.
Agtergrond:
- Solidariteit het reeds bykans 4 000 lede in die SAPD maar ons lidmaatskap is onder die 50 000-drempel vir erkenning wat onlangs deur POPCRU onderhandel is.
- Solidariteit het op Vrydag 10 Junie dokumente aan die SAPD beteken waarin ons aansoek doen om erkenning ingevolge die nuwe wetswysiging omdat ons glo dat ons ’n wesenlike belang verteenwoordig.
- Solidariteit se aansoek om organisatoriese regte word op 2 Desember 2016 in die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie aangehoor.
- Dit is juis omdat ons hierdie en ander kwessies aanvat dat mense by Solidariteit aansluit as hulle vakbond van keuse.
- Die nuwe taalbeleid in die Noord-Kaap vorm ook deel van ons lede se wesenlike belang. Solidariteit het reeds ’n tweede opvolgskrywe aan die SAPD gestuur om vas te stel wat die oorsprong is van die nuwe taalbeleid vir die afneem van verklarings by die publiek. Ons beplan om eersdaags ’n aansoek te bring vir die hersiening van die besluit om die beleid te implementeer.
- Solidariteit glo ons dien ’n wesenlike belang van ons lede binne die SAPD, juis omdat die vakbonde POPCRU en SAPU, aan wie alle polisielede agentskapsgelde betaal, nie ons lede se belange op die hart dra wanneer dit kom by sake wat vir hulle belangrik is nie.
- Inteendeel, POPCRU en SAPU sluit kollektiewe ooreenkomste wat ons lede uiters negatief raak, terwyl dié lede maandeliks agentskapsgelde aan hierdie vakbonde moet betaal. Voorbeelde hiervan is:
- Die onderhandeling en aanvaarding van regstellendeaksieplanne wat kwotas daarstel en uiters skadelik is vir hulle loopbane binne die SAPD.
- Die onderhandeling van ’n nuwe rangstruktuur wat uiters skadelik is vir hulle loopbane en die algemene goeie orde binne SAPD-bevelstrukture.
- Solidariteit het sy aansoek om erkenning geskoei op die volgende:
- Sy lede se regstellendeaksiebelang;
- Sy lede se pensioenfondsbelang;
- Sy lede se belang daarby om probleme met die SAPD se nuwe rangstruktuur aan te spreek; en
- Sy lede se belang by verteenwoordiging in griefprosedures en dissiplinêre verhore deur die vakbond van hulle keuse.

Ek...
...neem voor dat Solidariteit my op grond van die volgende sleutelpunte verteenwoordig:
...neem voor dat Solidariteit my op grond van die volgende sleutelpunte verteenwoordig:






