BEL ONS: 012 644 4300
Vryheidsvegters wat destyds so jonk as 14 moes wees, word nou in die SAPD bevorder as veterane.

Help ons om die SAPD tot verantwoording te roep en verleen bystand aan die polisielede wat daardie poste verdien deur hierdie petisie te teken. Die stem van duisende kan nie geïgnoreer word nie.

Solidariteit neem stappe namens sy lede in die SAPD om die geheime bevordering van sowat 600 oud-vryheidsvegters te hersien. Mense wat al dood is, word aanbeveel vir bevordering. Dit word by die dag duideliker dat die NSF-projek (Non-statutory forces) 'n dekmantel is om kaders deur verskeie range te bevorder om senior range in die SAPD te kaap.

Solidariteit bring 'n dringende aansoek voor die hof nadat die SAPD teen die sperdatum van 6 November steeds nie gehoor gegee het aan die vakbond se eis nie dat enige bevorderings ingevolge die projek (wat reeds sedert 1 November in volle swang is) opgeskort moet word totdat Solidariteit se aansoek om die hersiening van die projek in die hooggeregshof afgehandel is.
SAPD Kaping

Registreer / Register

Maak toe / Close