BEL ONS: 012 644 4300
Solidariteit kom steeds nog gevalle teë van werknemers binne die SAPD wat ras as ’n troefkaart gebruik om ’n kollega uit die organisasie te laat verwyder, dikwels juis omdat daardie kollega hulle verantwoordbaar probeer hou vir wangedrag, of poog om hulle te dissiplineer wanneer hulle hul plig versuim het.

Solidariteit het juis om hierdie rede in Oktober ’n veldtog geloods waarin ons SAPD-lede en die publiek gevra het om deel te neem aan ’n vraelys waarin ons valse klagtes van rassisme en dubbele standaarde ten opsigte van die hantering van rassisme in die SAPD wil ontbloot. Daar is 56 gevalle van beweerde rassisme en dubbele standaarde aan Solidariteit gerapporteer waaruit ons ’n verslag saamgestel het.
Hierdie verslag oor vals rassisme en dubbele standaarde is deur Solidariteit aan die Menseregtekommissie (MRK) en die SAPD oorhandig.

Klik hier en laai die verslag af.

Registreer / Register

Maak toe / Close