BEL ONS: 012 644 4300
DEEL MET JOU VRIENDE
Lede van die Spesiale Taakmag, die Nasionale Intervensie-eenheid en taktiese reaksie-eenhede, asook lede van die BBP-eenheid en statiese veligheidswagdienste is onlangs bevorder na die rang van adjudantoffisier en sersant ongeag hul diensjare, ondervinding, en spesiale vaardighede in die SAPD.

Hierdie voorkeurbevorderings is nie net teenstrydig met die bestaande nasionale instruksies en ooreenkomste van die veiligheid en sekuriteit sektorale bedingingsraad, wat bevordering in die SAPD reguleer nie, maar kom ook neer op onregverdige, onetiese, en ondeurdagte bevorderings.

Solidariteit gaan namens sy lede 'n kollektiewe grief teen dié onbillike arbeidspraktyk indien.

Indien jy 'n hardwerkende en lojale lid van die SAPD is wat negatief deur hierdie voorkeurbevorderings beïnvloed word, gee vir ons jou mandaat voor of op 27 Maart 2019.

Help ons om dié irrasionele bevorderings teen te staan.

Om die volledige grief te lees, klik hier.

As jy reeds ‘N lid van Solidariteit is:

Voltooi en teken asseblief die onderstaande mandaatvorm.

Word ‘N lid van Solidariteit en gee vir ons jou mandaat.

Indien jy nie 'n lid van Solidariteit is nie, kan jy steeds aan die griefproses deelneem. Voltooi asseblief die onderstaande aansoek- en mandaatvorm
LAAI MANDAATVORM AFLAAI DIE AANSOEKVORM AF Alle vorms moet voor of op 27 Maart 2019 aan Solidariteit teruggestuur word

Stuur vorms na e-pos: sapd@solidariteit.co.za OF faksnommer: 011-388-9828

Andersins kan vorms opgelaai word. Klik hier.
SAPD Form Upload
File Upload
Maximum upload size: 16.78MB

Word ’n lid van Solidariteit en gee ons jou mandaat.


SAPD Voorkeurbevorderings 20190319
DEEL MET JOU VRIENDE

Registreer / Register

Maak toe / Close