BEL ONS: 012 644 4300

REGISTREER HIER

Jy word uitgenooi om op 25 Oktober in solidariteit teen Sasol te stap. Elke mens wat saamstap maak die stem groter en sterker. Stap saam, wees deel van ’n stuk geskiedenis – dit is tyd om ons stem in die wêreld te laat hoor. Nooi jou vriende, familie en kollegas.

Registreer om jou bywoning te bevestig. Sodoende kan ons jou op hoogte hou van al die reëlings.

Busvervoer is beskikbaar vanaf Pretoria, Secunda of Sasolburg.

Sasol Santon 25 Oktober

Rassediskriminasie onder die vaandel van regstellende aksie of swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is deesdae “normaal” in Suid-Afrika se arbeidsomgewing. By Sasol word wit werknemers op grond van ras uitgesluit van 'n aandeleskema. Solidariteit se lede by Sasol het besluit om 'n staking uit te roep om te sê genoeg is genoeg. Die realiteit is dat die Sasol-geval nie 'n geïsoleerde geval is nie. Ons is almal uitgelewer aan hierdie diskriminasie. Sasol se protesstaking is dus ook jóú staking.

By Solidariteit sê ons dat rassediskriminasie nooit genormaliseer mag word nie. Mens moet standpunt inneem vir jou oortuigings. Die staking het die afgelope weke oorweldigende nasionale en internasionale mediadekking geniet en plaas groot druk op Sasol. Die goeie nuus is dat die druk op die Suid-Afrikaanse regering wat dié tipe rasseuitsluiting aanmoedig, ook toeneem. Solidariteit se klag teen die regering by die VN oor rassediskriminasie in die werkplek het hierdie kwessie internasionaal in die kollig geplaas en soveel kritiek teen die regering uitgelok dat die Menseregtekommissie in 'n onlangse verslag die grondwetlikheid van regstellende aksie bevraagteken het.

Ons sê dat 'n werknemer se waarde nooit op grond van ras gemeet mag word nie. Dit is eenvoudig nie moreel regverdigbaar nie.

Solidariteit beplan 'n massaoptog na Sandton op 25 Oktober waar ons 'n memorandum teen rasuitsluiting gaan oorhandig aan die JSE as simboliese verteenwoordiger van alle werkgewers in Suid-Afrika. 'n Verdere memorandum sal ook by Sasol se hoofkantoor in Sandton afgelewer word.

Registreer / Register

Maak toe / Close