BEL ONS: 012 644 4300

Ons, die betrokke Sasol-werkers:

1. Het met skok en besorgdheid daarvan kennis geneem dat sommige Sasol-werknemers uitgesluit word daarvan om aandele in Fase 2 van die Sasol Khanyisa- werknemeraandeleskema te ontvang.

2. Het voorts met skok en besorgdheid daarvan kennis geneem dat Sasol-aandele-opsies ter waarde van R106 miljoen aan alle lede van sy topbestuurspan toegeken het.

3. Is hewig ontsteld daaroor dat 'n kategorie van werknemers op die laer vlakke uitgesluit word van Khanyisa se Fase 2, terwyl Sasol dit wenslik ag om topbestuurslede, sonder dat enige onderskeide getref word, te laat deel in 'n multimiljoenrand-aandeleskema.

4. Kan nie dat Sasol sonder meer wegkom met sy skynheiligheid en dubbelstandaarde nie.

5. Is deeglik bewus daarvan dat sodanige dubbelstandaarde immoreel is. Dit laat die vraag ontstaan waarom Sasol nie sy senior bestuurslede ook op dieselfde manier verdeel as wat werknemers vir die doeleindes van Sasol Khanyisa verdeel word nie.

In die lig van bogenoemde versoek ons Sasol om:

1. Alle Sasol-werknemers by Fase 2 van Sasol Khanyisa in te sluit.

2. Nie toe te laat dat wit werknemers op senior bestuurvlak aan die R106 miljoen-aandelekskema deelneem nie alvorens alle werknemers nie by Sasol Khanyisa se Fase 2 ingesluit word nie, of alternatiewelik ingesluit word in 'n soortgelyke skema wat hulle in alle opsigte op gelyke voet plaas as hul medewerknemers wat begunstigdes van Sasol Khanyisa is.

Sasol Personeel 20180913

Registreer / Register

Maak toe / Close