BEL ONS: 012 644 4300
Geregtigheid vir Schweizer-Reneke-juffrou

Elana Barkhuizen, die sagmoedige graad R-onderwyseres van Schweizer-Reneke, wat deur 'n boendoehof as 'n rassis gebrandmerk is en weens druk deur Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys, onregmatig geskors is, se loopbaan is aan skerwe.

Lehari se oorhaastige en ondeurdagte optrede het 'n verwoestende rimpeleffek op Elana se toekoms in die onderwys. Daarom staan Solidariteit gereed om Barkhuizen arbeidsregtelik te verteenwoordig en te verseker dat die ware weergawe van gebeure aan die lig kom sodat haar naam in ere herstel kan word.

Die vakbond eis:
  • Dat die onwettige skorsing van Elana as 'n saak van dringendheid opgehef word.
  • Dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) die optrede van Noordwes se LUR vir onderwys, Sello Lehari, asook dié van verskeie politieke partye ondersoek.
  • Dat die DA-leier, Mmusi Maimane, dissiplinêr teen sy jeugleier, Luyolo Mphithi, moet optree.
  • Dat 'n verskoning aan Elana gegee word en wil Suid-Afrika vra om te help om haar menswaardigheid te herstel sodat ons nie 'n briljante onderwyseres verloor nie.
Solidariteit oorweeg ook siviele aksie na afloop van die ondersoeke wat onder meer 'n lastereis kan insluit.



Ondersteun Solidariteit in die hofsaak sodat geregtigheid vir Elana kan seëvier.

Schweizer-Reneke

Registreer / Register

Maak toe / Close