• Teken in

  • Nuwe boeliekultuur teen minderhede in SA

    Tumi Morake het op 13 September vanjaar witmense ná apartheid met speelgrondboelies, wat eintlik hul verdiende straf vrygespring het, vergelyk. Dit volg kort ná die Spur-debakel, waar dié restaurantgroep twee klante wat slaags geraak het, nie oor dieselfde kam geskeer het nie op grond van hul ras.

    Statistiek van die Instituut van Rasseaangeleenthede toon dat verreweg die meerderheid van Suid-Afrikaners goed oor die weg kom en meen ons het mekaar nodig. Tog bly die hantering van gevalle waar rassespanning na die voorgrond tree ‘n uitdaging omdat daar nie een kam is waaroor almal geskeer word nie.

    Die persepsie dat rassisme ‘n eenrigtingstraat is wat net die meerderheid benadeel, is eenvoudig verkeerd. Ongelukkig word hierdie persepsie versterk deur ‘n konsekwente patroon van dubbelstandaarde met die hantering van rasbelaaide aangeleenthede. Suid-Afrikaners het ‘n konsekwente raskam nodig waaroor almal geskeer kan word.

    Solidariteit gaan die Menseregtekommissie (MRK) nader om ‘n openbare gesprek aan te vra as beginpunt om hierdie kwessie te probeer oplos. As inset vir die gesprek, gaan Solidariteit ‘n kwalitatiewe navorsingsverslag by die MRK inhandig wat verskeie gevallestudies en mense se reaksies daarop ontleed. Solidariteit versoek soveel moontlik Suid-Afrikaners om aan die navorsing deel te neem.

    Sê jou sê

    Kom sê jou sê:

    Motiveer jou antwoord in 100 woorde of minder:
    Verduidelik in 100 woorde of minder hoe die voorval jou laat voel het en opgelos of ontlont is.

    Jou sê

    Dit het my omgekrap
    Daniel

    Ek het afronteer gevoel, hoewel iets moet gedoen word om geweld te stop!

    Dit het my omgekrap
    Tess Brummer

    Wat vir een gaan moet vir die ander gaan. Tumi moet verskoning vra en ook haar werk verloor net soos ander aanbieders ook moes boet. Onprofessionele gedrag op so ‘n publieke forum moet nie toegelaat word nie.

    Dit het my omgekrap
    Tinkie Lowings

    Maak my moerig! Ek’s nie ‘n boelie nie waarom moet ek gestraf word??

    Dit het my omgekrap
    Danie

    Dubbele standaarde. As blanke (teen wie plaas moorde daagliks plaasvind) dit sou waag om soortgelyke uitlating (haatspraak) teen ander kleuriges te maak, was hy/sy al summier geskors.

    Dit het my omgekrap
    Mariska

    Ek is 27 jaar oud, en was nie deel van enige apartheid nie, ek het nie slawe nie, ek is saam met ander rasse op skool en Universiteit, maar steeds hoor ek hoe sleg ek as wit persoon is net oor my velkleur (selfs in lectures, hoor ek hoe sleg ons is).Ek is gatvol om goed soos die “coffincase” op international media te sien, maar dinge soos die panga aanvalle of die plaasmoorde verskyn slegs op plaaslike media soos maroela media.Mense van Europa, dink ons as witmense is verskriklik rasisties (gesien deur uitruil student), en dis nie waar nie.

    Dit het my omgekrap
    ELLA BOUWER

    Omrede ek my kant bring, my kinders nie-rasisties grootmaak voel ek wat gese was is lelik en onregverdig teenoor my (Wat self ‘n kind was in die apartheidsjare) asook my twee jong kinders met swart maats as hul beste vriende. Ons probeer in vrede leef en ander mense kom weg met “moord”

    Dit het my omgekrap
    christine malan

    Dit krap my om as mense van ander kleur wegkom as hulle rassistiese aanmerkings maak maar ons blankes word gestraf as ons net waag om iets verkeerd te sê. Almal moet oor dieselfde kam geskeer word.

    Dit het my omgekrap
    John Ferreira

    Ons is net moeg om altyd die vleig in die salf te wees.my kinders is gebore na Apartheid maar hulle moet boet vir dinge wat hulle niks van ervaar het nie. Ons het in ‘n referendum gestem om een nasie te word. Wanneer gaan hulle hul deel doen?Hoekom klim hulle nie uit hul situasie nie en verbeter hul lewens self nie.

    Ek dink mense het oorreageer
    Hugo van Niekerk

    Wit mense, wit Afrikaanse mense doen VêR te min om te verstaan wat mense voel. Geen poging word gemaak nie. Mense het seer en sukkel, steeds. Daai man SOU nie so opgetree het teen ‘n wit tannie nie. Julle weet dit.

    Dit het my omgekrap
    Ian de Beer

    Die wit mens word vir als blameer en ons word elke dag gese ons steel grond. Eks moeg daarvoor om the hoor hoe sleg ek is net omdat my vel kleur wit is.

    Dit het my omgekrap
    Chantel de Vries

    Ek is nou net mooi keelvol oor rassisme en apartheid. Dit was nie my skuld nie. Maar wat nou hier vandag in suid afrika aan die gang is, is nie reg nie. Ons wit mense het glad nie meer n plek in suid afrika nie. Ons moet veg vir oorlewing. So ek voel wat vir een aanbieder geld, geld ook vir die ander een. Tumi moet afgedank word onmiddelik en onverskoning vra. Jacaranda se optrede is onaanvaarbaar, dubbel standaarde. Wonder wat sou gebeur het as die skoen aan die ander voet was?

    Dit het my omgekrap
    Chris Prinsloo

    Apartheid was verkeerd maar ek weier om as gevolg daarvan ad infinitum van ‘n mening weerhou te word oor wat nou 23 jaar later gebeur. Ons moet nou aanbeweeg deur almal mekaar as gelyke Suid Afrikaners en met respek te behandel. Tumi, Malema en andere se uitlatings oor blankes se ewigdurende skuld aan wat met apartheid gebeur het is teenproduktief om ‘n ware gelyke SA gemeenskap te vorm. My persepsie is dat hulle blankes op hulle plek en onderdruk wil hou as vergelding.

    Dit het my omgekrap
    Christo harmse

    Ek is wit gebore.. Ek Gaan nie jammer se daarvoor nie.. Ek is trots blank.. Ek sal ook nie jammer daarvoor se nie.. Ek het nie apartheid ingestel of ondersteun nie…. Ek werk, betaal my belasting en lewer n bydra tot die samelewing.. Sy moet haar oningeligte oppinnie vir haar self hou en eerder ook probeer om n positiewe bydrae tot die samelewing te maak en ophou op die radio n clown te probeer wees #trotsblank

    Dit het my omgekrap
    Zelieka Saunders

    Ek is behoorlik keelvol daarvoor om alewig beledig te word deur ander kleuriges bloot omdat ek wit is! Ek is in 1990 gebore so ek het GEEN bydrae tot apartheid gehad nie so hoekom word ek ‘n boelie genoem en hoekom moet ek gestraf word? Dubbel standaarde is ook onaanvaarbaar!! Wat geld vir 1 geld vir ‘n ander!!

    Dit het my omgekrap
    Kathy van Vollenstee

    Ek dink hulle het lank genoeg die rassisme en apartheid kaarte gespeel. Dis amper 25 jaar later end nogsteeds blameer hulle dit. Waar is die sogenaamde “Rainbow Nation”.

    Dit het my omgekrap
    Hendrik Swanepoel

    As Witmense word ons daagliks op sosiale media en elders aan hierdie soort rassisme en beledigings onderwerp waaraan die sogenaamde MRK slegs teensinnig aandag gee. Hierdie geval was meer prominent en geniet derhalwe publisiteit.
    Sy behoort billikheidshalwe óók ontslaan te word.

    Dit het my omgekrap
    Ronel Brockway

    Ek is moeg daarvoor dat witmense soveel jaar na sg Demokrasie vir alles wat verkeerd gaan geblameer word. Steve Hofmeyr haal statistieke aan oor plaasmoorde en word uitgekryt as ‘n rassis. Sodra ‘n wit persoon iets sê word hulle afgedank of boetes opgelê. Tumi Morake gaan aan asof sy geraak was deur Apartheid! Ek is moeg om PA te staan vir Apartheid..ek is moeg dat Wittes nie werk kry nie! Ek moes betaal vir alles wat ek het vandag- my geleerdheid, kos, klere en huis. Niemand het enige iets vir my gegee nie! Ek is moeg vir die ‘Entitlement’ sindroom!!!

    Dit het my omgekrap
    Eugene

    Tumi se uitlatings is perfek in lyn met die oorheersende gevoel van jong swartmense. Hierdie anti-wit retoriek dra by tot rasgedrewe geweld, van padwoede tot plaasmoorde. Die vieslikste goed word op sosiale media gesê deur swartmense en niks word gedoen nie. Dit moet end kry. As die Penny Sparrows R100k boetes kry moet die Tumis ook opdok.

    Dit het my omgekrap
    Dawn

    Ons luister nie meer Jacaranda 94.2 nie. Dit is n seer punt want ons luister van baie jare af terug al. Tumi was heeltemal uit haar plek uit. Ek voel geregtigheid moet seevier. Sy het die platvorm misbruik. As Tumi nie af gedank gaan word nie sal ons nooit weer na Jacaranda luister nie. Sy het geen respek vir witmense nie. Hulle is arogant. Mrns probeer op bou en Tumi vat wat sy dink het sy regte op. Wat van ons? As ek praat van ons bedoel ek elke suid afrikaner (nie kleur nie) wat regverdigheid en vrede wil he in ons mooi en pragtige land. Tumi was verkeurd en uit plek uit. “She opend up a can of worms”.

    Dit het my omgekrap
    Trudie Swart

    Nie net het sy haar posiesie as omroeper misbruik nie. Die probleem is haar en Jakaranda wat sulke gedrag goedkeur. En al wat sy bereik het is om rasse haat aan teblaas.

    Dit het my omgekrap
    Re-Dean Grobler

    My wit vel benadeel my van baie dinge maar ek hanteer nogsteeds almal gelyk. Ek is half keelvol daarvoor om uitgekryt te word as ‘n boelie wanneer ek ook my opinie het. Ek is te bang om my opinie te gee juis oor die dubbelstandaarde. Ek was nie deel van die apartheids era nie. Ek verdien nie die tipe behandeling omdat ek ‘n wit vel het nie

    Dit het my omgekrap
    Thys Snyman

    Oggend radio program is gebruik om persoonlike politieke mening uit te spreek wat nie beleid of die demografie van die radio stasie weerspieel nie. Ek is in elk geval klaar met Jacaranda Fm want die omroepers en bestuur het dit nou aanvaar as beleid.

    Dit het my omgekrap
    Linda vd Linde

    Ek dink die wereld daar buite
    Moet ophou mekaar veroordeel oor iets wat in die verlede gebeur het.

    Ek dink mense het oorreageer
    Gerdus

    Die hele ding word groter gemaak as wat dit was. Net omdat dit gewerk het met Spur voel ek dat wittes nou enige kans wil aangryp om hulle stem dik te maak. Waarom vat julle nie Multi Coise aan nie. Hulle het n oop beleid dat geen wit mens weer aangestel gaan word nie. Ek laaik dit ook nie dat daai ou van die Spur n hero is nie. Hy het n vrou en kinders gedryg met gewelt. Wat het geword van Geen gewelt teen vroue en kinders nie.

    Dit het my omgekrap
    Stefan Barnard

    Wanneer gaan hulle ooit ophou? Ons hou nie nou nog alle Zoeloes verantwoordelik vir Piet Retief en sy 99 manne wat ongewapen vermoor is nie, en vir die 70 000+ plaasaanvalle sedert ’94 nie. Almal kan nie van almal hou nie. Veral nie as ons bou en hulle dit afbrand nie..

    Dit het my omgekrap
    Mone daniel

    Ek is moeg om jammer te se vir iets wat ek geen aandeel ingehad het nie en benadeel te word verder die lot wat so n groot hoe ha maak oor alles het self nie eers geleef in tyd waarna hul verwys nie. Verder na 25 jaar kan dit nie meer ons skuld wees nie. Rassisme is enige kleur gekant teen n ander en tans voel dit net een kant toe.

    Dit het my omgekrap
    Sonette van Heerden

    Ek het in die apartheids era grootgeword opgevoed deur ouers wat ons respek vir alle rasse geleer het. Ek kan boeke skryf oor gebeurtenisse wat my as kind nagmerries gegee het. Ek beskou myself as opgevoed en elke mens in SA sy eie plek onder die son gun. Ek kan alleenlik om verskoning vra vir iets waaraan ek as persoon skuldig was. Ek voel hierdie gevoel wat geskep word dat ek om verskoning vir die res van my lewe moet vra omdat my vel wit is, grens aan onopgevoede barbaarsheid. Geen ontwikkeling vir menseverhoudings en vooruitgang van enige aard kan gebore word tensy uit wedersydse respek. Tumi Morake het haar soos die “bevoordeelde” gedra waarvan sy blankes beskuldig deur onverantwoordelike “vergelykings” te maak wat niks anders as rassehaat aanwakker sonder om aan enige nagevolge te dink nie omdat sy weet sy kan. Wat weereens die bewys is dat die tipe denkwyse al goed ingekelder is agv die dubbele standaarde wat in ons land heers.

    Dit het my omgekrap
    Mariaan Booysen

    Ek voel dis onregverdig dat hierdie tipe insidente nie op dieselfde manier hanteer word nie, ek verwys na ń ruk gelede waar Me. Hellen Zille van die DA verneder is, dag na dag toe sy die woord konolisme gebruik het en die Pers dit heeltemal uit verband uit geruk het. Net soos sy omverskoning moes vra, moet Tumi ook maar omverskoning vra. Enigste probleem is, die blanke nasie is al gatvol en jammer gaan eintlik nie eers help nie.

    Dit het my omgekrap
    Malan

    Dis vir my belaglik dat swartmense mag uiter net wat hul wil, maar ons as witmense moet waak daarteen anders word ons as rassisties uitgekryt.

    Dit het my omgekrap
    Michelle Boshoff

    Sy gebruik haar platform om rassisties te wees. En kom daarmee weg.

    Dit het my omgekrap
    Alet

    So siek vir boelies

    Dit het my omgekrap
    Paul Bergh

    Ek is moeg dat my ras en kultuur uitgesonder moet word die hele tyd vir alles wat verkeerd gesien word.

    Dit het my omgekrap
    Tarina Wurster

    Dis hartseer dat dit waarvoor Madiba so hart baklei het “een reenboog nasie in SA sonder enige rasse verskille of onderdrukking van enige ras in SA”, word dood gedruk deur so baie swart mense wat nie eers deel van die “strugle” was nie. Mense soos Tumi kan nie Mandela dag vier nie, sy glo nie in dit wat hy vir SA gedoen het en die nagedagtenis daarvan nie, anders het sy nie so opmerking gemaak nie.

    Dit het my omgekrap
    Willem Brown

    Kom ons begin deur ‘n politieke definiesie vir rassisme in Suid Afrika te formuleer….. “Rassisme is wanneer ‘n blanke persoon (verkieslik manlik) neerhalende taal of optrede gebruik teenoor ‘n persoon van ‘n ander ras (verkieslik swart).”
    Hierdie definiesie word nie toegepas deur die meerderheid van alle rasse Suid Afrikaners nie, maar word hartnekkig gehandhaaf deur die volgende groeperinge:
    1. Die arrogante politieke idiote:
    Swart politisie wat dit met oorgawe gebruik om hul eie bedenklike doelwitte te bereik in ‘n omgewing waar dit alreeds duidelik geword het dat hulle klaaglik mislik het om hulself in die politieke arena te posisioneer op ‘n eerbare wyse.
    2. Die verbeeldinglose blanke idiote:
    Patetiese blanke Suid Afrikaners met ‘n gebrek aan die vermoe om hul eie filosofiese opinies te formuleer en graag op die rug van uitsprake soos die van Morake spring om hul eie bedenkilike aansien te bevorder. Hierdie groepering is so verward (of onnosel) dat hulle nie besef welke skade dit in der waarheid aan hulle aansien en die van die instansies waarvoor hulle werk berokken nie.
    3. Die bejammerenswaardige gewetensbeswaardes:
    Blanke Suid Afrikaners (gewoonlik vroulik) met ‘n misplaasde skuldgevoel oor die gebeure in die appartheids bedeling. Hulle is gewoonlik te jonk om in daardie bedeling te kon leef en is gebreinspoel deur hedendaagse retoriek wat grotendeels deur swart politisie gebraak word.
    4. Die hartverskeurende HUIDIGE BENADEELDES:
    Hierdie is die groepering wat ons opreg moet bejammer. Hulle is die arm werklose slagoffers van ‘n disfunksionele regering wat hulle klaaglik gefaal het en nou die situasie wat hulle self geskep het uitbyt om rassisme volgens bogeneomde definiesie aan te blaas vir hul eie gewin soos in punt 1 genoem. Hierdie verlore groepering is meesal jonk en verward en sal na enige rede gryp om hul benarde situasie te motiveer. In hierdie geval hang dit net af van wie vir hulle die oortuigendste lieg.
    5. Die breindood blanke “patriote”:
    Dit is die minderheid planke Suid Afrikaners wat uitsprake oor swart Suid Afrikaners maak en/of dade teenoor hulle pleeg wat die gematigde swart Suid Afrikaners motiveer om ook bogeneomde definisie aan te neem. Hierdie groep gebruik nie self die definiesie nie, maar in hulle onnoselheid bevorder hulle dit. Hulle is interessant genoeg ook gewoonlik te jonk om die apartheidsbedeling te kon ervaar maar leef om een of ander onverstaanbare rede nog in daardie tyd. Hulle is gewoonlik ambisieloos en onsuksesvol. Vir hulle is al hulle elende die skuld van swart Suid Afrikaners.

    Dis tyd dat ons ons waardigheid as Blanke Suid Afrikaners terug neem in samewerking met ons swart landgenote wat net so gatvol vir hierdie idiotiese retoriek is.

    Ek dink mense het oorreageer
    Herman Gothan

    Haar standpunt getuig van die totale wanbegrip van die geskiedenis. Dit is vandag in die leuen-wêreld, die algemeen-aanvaarbare wyse van leef. Daarom tref ons vandag ‘n ongekende rassisme tussen ons aan. Dit is gebou op leuens

    Dit het my omgekrap
    CJ

    Dit is die norm in Suid Afrika, die staatsdiens is die aanhustsers van die tendens en laat toe dat dit regoor die werkersmag van die staatsdiens plaasvind. Die staat gebruik ook regestellende aksie om die tendens aan te huts aangesien privaat maatskappye nog steeds verplig word om dit toe te pas anders word hulle benadeel deur die druk van die staat. Gelyke geleenthede is regverdig en kan nie met teenoorgestelde rasisme regverdig word nie

    Dit het my omgekrap
    Frikkie Sutherland

    Die feit dat sy die radio gebruik om haar twak kwyt te raak met die wete dat die wat sy beskuldig, hulle nie op dieselfde medium kan verdedig nie.

    Dit het my omgekrap
    Izel van Dyk

    Die dubbele standaarde wat gestel word in ons land is belaglik. Dan kweek dit ook rasse haat. Ons bly op ‘n plaas en is een van twee huise op die plaas. Saam met die pakhuis wat geweldig baie werkskep in die gemeenskap. My buurman is 2 dae terug aangeval in sy huis, saam met sy ouers. Gelukkig het almal oorleef, maar die hond is wel vergiftig. My punt is net, ons is moeg om in vrees te leef (byt die hand wat jou voer). Ons almal werk hard vir wat ons het en ek is een wat kan getuig dat ek geen baat vind oor my velkleur nie, maar moes net so hard werk soos die res.

    Dit het my omgekrap
    Zelna Jacobs

    Wat sy gese het is totaal onaanvaarbaar !!!!!

    Dit het my omgekrap
    Etienne

    Die probleem is nie net die rasistiese inspirasie van Tumi se uitlatings nie, maar ook die dubbel standarde wat deur die betrokke radio stasie gehandhaaf word.

    Dit het my omgekrap
    Renée Meyer

    Daar word gedurig en by verskeie verskillende geleenthede eensydig teen rassisme opgetree. Dit het ‘n patroon geword om wit SA-ners dadelik te konfronteer oor beweerde rassistiese uitlatings en net mooi niks word oor haatspraak van swart mense gedoen nie.

    Dit het my omgekrap
    Anria Mostert

    Ek wil ne he dat mense ophou om aantuigins te maak oor die wit mense, ek was nie deel van daai era nie. Ek voel ons word geboelie maar ek weet ook dit gaan nie verander nie, nie in hierdie leeftyd nie

    Ek dink mense het oorreageer
    Danie

    Alhoewel die beeld verkeerd gebruik is, was hierdie ‘n gulde geleentheid om oor die aspek te praat. Dit is egter gekaap om ‘n rusie te word wat verdere rassespanning veroorsaak. Ek verstaan Tumi se punt, alhoewel ek daarmee verskil. Om die vergelyking te korrigeer – dit was twee kinders wat ‘n fiets gedeel het, maar toe het die boelie vir ‘n tyd lank die fiets vir homself toegeien. Nou word daar weer verwag dat die fiets gedeel word. Die vraag wat agter nie gevra is nie – hoekom is daar net een fiets? Waar is die nodige ekonomiese groei?

    Dit het my omgekrap
    Marissa Meyer

    Ek is keelvol daarvan dat wit afrikaners aanmekaar die agterspeen moet kry en ons moet jammer, jammer, jammer sê oor dinge waaroor meeste van ons nooit in ons leeftyd skuldig was nie. As die skoen op die ander voet was en ‘n wit persoon het so ‘n duidelike haatbelaaide uiting gemaak sou hy/sy oomliklik afgedank geword het en deur die publiek verwerp geword het.

    Dit het my omgekrap
    Rian L Schoeman

    Ek persoonlik kan nie wag dat al die mense in ons land wakker skrik nie. Veral openbare figure wat mag het om hul platforms te misbruik. Sodra ons almal besef dat ras nie die kwessie moet wees nie, maar reg of verkeerd. Die problem is egter oor hoe en deur wie reg of verkeerd bepaal word. Ek self maak staat op my redelikke man op straat denkwese en my normale gesonde verstand. Ja dit krap my om dat veral openbare figure hul posisies misbruik om ‘n opinie te lig. Wat skrikwekkend is dat tipies hierdie tipe mense hulleself glo. Ek wonder wat sulke mense wanneer hul alleen is en nadink oor die sake dan van hulself dink en of hul agterkom hoe belaglik hul redenasies en opinies is as jy dit opweeg teenoor ‘n normale redelikke persoon op straat se denkwese. Ongelukkig is daar geen instansie of instelling in ons land meer oor wat geloofwaardig is wat reg en verkeerd te kan bevorder nie.

    Dit het my omgekrap
    Tharina Roos

    Ek is al so GAAR dat Afrikaners in die geheel steeds aangevat word deur insidente wat in die verlede plaasgevind het en oë toeknyp as hulle nasie veel erger dinge doen of kwytraak. Ek is moeg daarvoor om te wonder waar ons nasie gaan opeindig en wat van ons kinders gaan word. Hierdie in ‘n land wat net soveel ons s’n is en waarop ons net so trots is.

    Dit het my omgekrap
    Madeleine van Nuwenhuys

    Daar mag dalk aangevoer word dat sy haar vryheid van spraak beoefen het, maar dit is blatante opsweping van ‘n reeds plofbare situasies. As ‘n nasie kan ons NIE vorentoe beweeg nie – kan ons NIE saam bou aan ‘n positiewe ekonomie nie. Tumi het die mantel op die openbare Jacaranda platform oor haar skouers gehang daarom moet ‘n besluit afdwingbaar wees. Hoe kan sy toegelaat word om opmerkings te maak wat meer skade as goed doen?

    Dit het my omgekrap
    Albert

    Dit laat my voel of ek nie ‘n reg tot bestaan in hierdie land het nie. Dit laat my ook wonder of daar ‘n toekoms vir my en my nageslag in Suid Afrika is.

    Dit het my omgekrap
    Dorothy Roux

    Daar word rassisme teenoor ons witmense toegepas en daar word weggekom mee. Die radio is nie ‘n platform vir politieke gesprekke nie. Tumi moet van die radio platform verwyder word – dit is duidelik wat haar persoonlike gevoel teenoor ons witmense is. “reverse discrimination” is aan die orde van die dag maar dit word toeglaat want ons witmense begin ‘n houding aanneem van “bly eerder stil” want ons verloor ons werke as ons waag om bietjie weerstand te bied oor wat aangaan. Ons grondwet maak duidelik nie meer voorsiening vir ons wat in die minderheid is nie.

    Dit het my omgekrap
    Alida van Niekerk

    In die1980’s was die meeste witmense in SA ook gekant teen Apartheid en wou daarmee wegdoen, daarom is Apartheid afgeskaf. Die destydse regering kon enige opstande nog vir baie lank met groot geweld onderdruk as hy wou tot ons land soos Sirië gelyk het, maar die meerderheid witmense het ‘n nuwe bestel gekies. Net na 1994 was daar ‘n baie groter gevoel van samewerking en een nasie as wat daar vandag is, juis weens uitsprake soos dié van Tumi, en ook omdat die regering apartheid voortsit met BEE.

    Dit het my omgekrap
    Corné

    Ek voel in n land waar ons probeer vorentoe beweeg is sulke komentaar en selfs denke onvanpas. Eerlik ek was bly dat hulle Riaan vervang het want wat hy oor my God kwytraak is erg. Maar om te hoor daar is nog soveel haat. Ek gedink sy is goed, maar ja ek moeg vir dit.

    Dit het my omgekrap
    Stephanie

    Ek is moeg vir dubbel standaarde! Ons is almal mense, jou siel het nie n kleur nie. Waarom word net blanke Afrikaners altyd as rassisties gebrandmerk!? Maar ander kan ons moor en beswadder!?!? Genoeg is genoeg!

    Dit het my omgekrap
    Gustav Kamfer

    Die onderliggende boodskap is dat wit mense alles gesteel het vanaf swartes. Daar is heeltyd ‘n eensydige beeld van rassisme in die media. Selfs Faith Daniels van Jacaranda se stuk verwys slegs na rassistiese voorvalle waar wit mens ebetrokke is terwyl ons almal weet hierdie muntsuk het twee kante.

    Dit het my omgekrap
    Chrono

    Die “nuwe” demokratiese SA het goed begin maar rasseverhoudinge het algaande agteruitgegaan omdat die ANC nie daarin kon slaag om ekonomiese groei wat die hele bevolking kon bevoordeel, te bewerkstellig nie. Die blaam vir die mislukte SA word nou voor die deur van blankes gegooi. Ons is vuisvoos en hou meesal ons bek. By my werk is ‘n man wat wit persone (veral vroue) teiken en hulle uitskel as “white bitch”, hulle belowe dat hy hulle sal “kill” ens. Die reaksie: niks gebeur nie want niemand doen iets daaraan nie.

    Dit het my omgekrap
    Karen

    Ek dink mense soos Tumi het nog steeds haat in hulle en sal alteid he.

    Dit het my omgekrap
    Frik van Coppenhagen

    Ek was ‘n gereelde luisteraar vanaf die toets uitsendings. Ek luister nou enige ander radio stasie. Ek voel dat hierdie saak ook die goeie aanbieders Bv Barnie Simon gaan beinvloed en dit is onregverdig teenoor hulle.

    Dit het my omgekrap
    Paula Smith

    Deesdae word konflik tussen swart en wit so hanteer dat die wit persoon altyd skuld dra, ongeag die rede. Ons word deur die media so gemanipuleer dat ons nie meer enigsins enige uitlatings wil maak nie. Waar gaan dit eindig?

    Dit het my omgekrap
    Lood Kriel

    Nie-blanke mense kan uitgesproke wees teenoor rassekwessies en kom niks oor nie. Dis net blankes wat oor die kole gehaal word as hulle waag om in die rigting te praat.

    Dit het my omgekrap
    Samantha

    Dit is tyd dat mense saam staan. Met erfenis dag, mag ons nie soos ons voor vaders aantrek nie in die vrees dat iemand aanstoot gaan vat

    Dit het my omgekrap
    Janet Cronje

    Tumi het n openbare platform gebruik om haar verwronge siening in ons kele af te druk. Haar aggressie teenoor blankes en die “payback” wat sy voorstaan spreek duidelik dat vergifnis nie deel van haar woordeskat is nie en dat sy nie besef die land is in chaos deur n regering wat ons faal en nie apartheid nie. Ek weier om enigsins verder te luister na n stasie wat dit goedpraat nie.

    Dit het my omgekrap
    Henru Kruger

    Dubbel standaarde het my nog altyd dwars in die krop gesteek. Die huidige situasie in Suid-Afrika waar wit mense beskuldig, verkleineer en selfs uitgemoor word is ‘n selektiewe uitwissing van ‘n minderheidsgroep wat uiters laakbaar is.

    Dit het my omgekrap
    JL

    Daar word te vinnig aanvaar dat blanke party(e) in sulke situasies outomaties verkeerd en/of skuldig is, waarna daar ook sommer summier teen daardie blanke party(e) opgetree word. Verder, wanneer die volle storie dan openbaar word, sterf die storie net ‘n stille dood. Dit is gewoon onaanvaarbaar en hinder die strewe na ‘n nie-rassistiese, en vreedsame, samelewing.

    Dit het my omgekrap
    EM SAUNDERS

    Ek is moeg daarvoor dat ras altyd by alles ingesleep word. Hul aanvaar die wereld skuld hulle, maar ons almal het gewerk vir wat ons het en bereik het en nie net bakhand gestaan nie. Dis tyd dat hulle aanbeweeg en werk vir wat hulle wil he. Hulle word in elk geval nou bevoordeel so die muntstuk is nou omgekeer.

    Ek dink mense het oorreageer
    Vernon Higgo

    Om iemand anders as n boelie uit te maak se dan ook wat jy van jouself dink. In hierdie geval n swakeling wat dan nie in staat is om vir hom of haarself op te staan nie. Die boelie is natuurlik n lafaard maar ek is heeltemal bereid om die teendeel daarvan te bewys. Om na 23 jaar onder jou eie regering nog steeds in hierdie posiesie te wees is hartseer en om te identiviseer waar die blaam le sal kos selfondersoek van elke indevidu. Om dan die Spur debakel as voorbeeld te gebruik, dink ek nie dat een van die betrokke partye reg opgetree het nie. Dan volg die vraag wat almal hulself moet vra. Wat probeer ek deur my optrede bereik. Ek weet nie regtig wat is die doel daar agter om my se te se nie maar wat ek wel weet is dat Tumi Morake my nie slapelose nagte sal gee nie

    Dit het my omgekrap
    Hanno Visagie

    Staan op die waarheid dat die Afrikaner hoofsaaklik van Europese (hoofsaaklik Nederlandse, Duitse en Franse) afkoms is, Afrikaans as huistaal praat en Christus volg. Mense van ander etniese bevolkingsgroepe soos die Khoi-San en huistaal-Engelssprekers is nie ook Afrikaners nie.

    Dit het my omgekrap
    Hanno Visagie

    Staan op die waarheid dat die Afrikaner hoofsaaklik van Europese (hoofsaaklik Nederlandse, Duitse en Franse) afkoms is, Afrikaans as huistaal praat en Christus volg. Mense van ander etniese bevolkingsgroepe soos die Khoi-San en huistaal-Engelssprekers is nie ook Afrikaners nie.

    Dit het my omgekrap
    Deon Hattingh

    Ek is trots afrikaans en trots blank. Ek het nog altyd mense van kleur met respek behandel en verwag dieselfde. Ek is moeg vir stellings soos “blacks can’t be rasist” en vir die feit dat blankes in die algemeen as mense beskryf word wat histories en huidiglik steeds munt slaan uit velkleur. Dis tyd dal dieselfde reëls vir almal geld.

    Dit het my omgekrap
    Flip Boshoff

    Dankie aan Solidariteit….dit is waar ,ons moet net elkekeer terugstaan vir hulle wat net wil se wat hulle wil…ons moet net stil bly ….of….wees versigtig wat jy se dan is hulle soos valke op jou….NEE NEE hulle moet in die bek geruk word KLAAR….Maartin Bester is dieselfde hy het haar nog verdedig….Ek is al gat vol om hulle met handskoene te hanteer…..en hulle gaan net aan en aan.

    Dit het my omgekrap
    Magda Cooper

    As ons Wit mense net iets se (hoe klein of belaglig dit mag klink) word dit op al die voorblaaie gepubliseer / Sosiale Media – maar Swart mense kan se en doen wat hulle wil – jy hoor 1 keer daarvan en dan nooit weer nie – word dit opgevolg wat is die uislag van die klagte – Hoor net mooi niks nie – Dis tyd dat daar iets gedoen word oor al die Rassisme wat gese word deur SWART mense – Dankie Solidariteit.

    Dit het my omgekrap
    Colleen Mare

    Rassisme het i nmy opinie net EEN beskuldigde en dit is “wit”. Swart lede van die samelewing kan skel en sê net wat hulle wil, sonder reaksie maar as ‘n wit persoon iets kwytraak, is dit rassisme !!

    Dit het my omgekrap
    Eddie Engelbrecht

    Maak nie saak wat die waarheid is nie. As jy wit is, is jy onmiddelik skuldig in enige “ras” konflik.

    Dit het my omgekrap
    Rina Lesar

    Vryheid van spraak geld vir almal nie
    net vir swart nie sorteer hierdie probleem uit en vra n verskoning van Tumi Morake op die lug en dan moet sy maar `n bietjie dink voor sy praat soos wat baie ander van ons doen.

    Dit het my omgekrap
    Marie

    Ek is nie ‘n rassis nie & wil graag dat alle rasse in vrede saamwoon.Ongelukkig mag swart mense rassistiese uitlatings maak & wanneer witmense iets sê (meermale nie-rassisties) word dit uit verband geruk.Die media speel ‘n groot rol om mense op te stook.

    Dit het my omgekrap
    Joana Shepherd

    Alle mense moet dieselfde behandel word. Dit voel net vir my die blankes word erg veroordeel oor rassisme, maar die ander rasse kom skotvry daarvan af.

    Dit het my omgekrap
    Hannie Strrydom

    Ek dink dis absoluut absurd dat sy sulke goed mag kwyt raak en dit is reg terwyl die hele wereld sukkel om die perfekte reenboognasie te wees????
    KFC is ook n voorstaander van die selfde tipe goed as wat Spur gedoen het en daarom sal ons nou ook nooit weer KFC eet nie.

    Dit het my omgekrap
    Wynand

    As ons nou klaar ons straf sou uitgedien het omdat ons sogenaamde speelgrondboelies was, dan wat? Sou ons dan vergewe gewees het, sou ons dan in harmonie kon saam leef, nee ek glo nie. Is die dalende ekonomie, misdaad, korupsie ook ons wit boelies se skuld? Alvoorens ons nie wedersydse respek en vertoue in mekaar herwin het nie bly ons op ‘n verloor pad vol slaggate en is daar geen toekoms vir ons in Suid Afrika.

    Dit het my omgekrap
    Rob Dittberner

    What she said can only be understood as racial hatred!!!!
    And racial hate incitement !!!

    Dit het my omgekrap
    Zenobia

    As dit deur ‘n wit persoon gese was, sou die persoon nie steeds in diens gewees het by jakaranda of enige ander radio stasie nie. Ek wil graag net ook las dat al die “previously disatvantaged” mense wat ek mee gesels, wat grootgeword het of geleef het met of in apartheid, kan nie kla nie. Daar was nie soveel werkloosheid nie, daar was ordentlike mediese sorg, die mense wat in diens was by die wit mense was baie goed na gekyk, en so ook hulle kinders.Hulle sal so ver gaan as om te se dat die land beter was toe. Wat in Suid Afrika gebeur is plain en simple genocide deur mense wat nie deel was van apartheid nie. Tumi, ek is heeltemal te jonk om jou of enige iemand anders se fiets te gesteel het. (Ek is in 94 gebore, dus was ek nie deel van apartheid nie, maar word ook gestraf en gehaat daarvoor net omdat my vel wit is.) Tumi, gee my jou adress sodat ek asseblief jou fiets kan kom steel.

    Dit het my omgekrap
    Loutjie

    Dis oor dieselfde storie. Sg wit rassime haal vir weke die nuus. Swart rassisme word feitlik nie genoem nie. Boeremoorde is alles rassisme,maar kan kastig nie bewys word nie. Twak. Mens martel nie iemand onherkenbaar vir n selfoon nie. Selfde met Spur. Net die blanke is verban. Net in SA stel die meerderheid raswette in om hulle teen die minderheid te beskerm.Is hulle na 23jr so pateties om nog nie self iets van die grond af te bou nie. Alles moet verdeel word. Vat by die witte om iets te hê. Apartheid was 40jr nie 350. 100jr terug was die Afrikaner vertrap deur die Engelse. Hulle verkondig leuens oor en oor. Lieg oor statistiek. Vertel daar is derduisende in Apartheid vermoor deur die regering. WAAR? Demokrasie behoort minderhede te beskerm,nie meerderheid. Die dubbelstandaarde en transformasie wat minderhede van n toekoms beroof moet stop.

    Dit het my omgekrap
    Elsie Pieterse

    Ons witmense dra alreeds die straf van apartheid deur net swartmense vir werk te laat aansoek doen. Myself was ‘n klein dogtertjie in die apartheidsjare en my ouers het die swartmense wat in hulle diens was daardie jare net goed behandel. Vandag betaal ons witmense die prys deur werkloosheid, uitbuiting van die regering se kant af, vernedering deur ons ‘white trash’ te noem. Ons kinders sit by die huise en kry nie werk nie. Tumi wat meer wou jy gehad het moes ons witmense voor jammer sê of nog meer die prys van apartheid voor betaal het?

    Dit het my omgekrap
    Lise Knight

    Tumi is veronderstel om ‘n voorbeeld te stel aangesien sy ‘n publieke figuur is. Sy is geregtig op haar opinie maar nie op ‘n publieke platvorm nie. Dit was onsmaaklik en onregverdig. Sy is veronderstel om versoening te propageer in plaas daarvan om mense verder optestook. Met die tipe kommentaar gaan ons nie in Suid-Afrika vorentoe beweeg nie en dit is vir my hartseer en maak my bekommerd. As sy will opstook en uitsprake maak moet sy dan eerder ‘n ander beroep oorweeg.

    Dit het my omgekrap
    Sampie Jansen van Vuuren

    Reverse rassisme is aan die orde van die dag. Ek sien nie hoekom my seuntjie van 7 gestraf moet word vir goed wat voorvaders kwytgeraak het nie. Hy soos baie ander kleuriges is in “vry” Suid Afrika gebore

    Dit het my omgekrap
    Deon Terblanche

    Waarom nie beide partye die Spur belet nie en slegs die blanke. Ek sal NOOIT weer in ‘n Spur kom nie.

    Dit het my omgekrap
    hendrik

    Moeg vir dubbele standaarde met tenders, indiensneming, uitsprake ens.

    Dit het my omgekrap
    Ina Chatwind

    Die veralgemening wat voorkom krap my baie om. Daar is wel blankes wat moontlik rassisties optree, maar almal oor dieselfde kam te skeer is net nie aanvaarbaar nie. Die oorgrote meerderheid blankes leef in vrede met alle rasse in ons land. Uitlatings, soos wat Tumi kwytgeraak het, dra nie by tot versoening nie. Die probleem sal nooit eindig solank die rassisme aangeblaas word deur openbare figure nie. As witmens is ek bevrees om ‘n anderskleurige dieselfde te behandel as my rasgenote, aangesien ek dan dalk beskuldig kan word van rassisme.

    Dit het my omgekrap
    Doreen

    Hoekom is Tumi nie afgedank nie as sy wit was is sy summier afgedank.
    Ons wit nasie mag niks meer se nie dan is ons rassisties, soms voel dit vir my dis meer kultuur verskil as rassisme

    Dit het my omgekrap
    Heleen

    Mense moet ophou in die verlede leef. Dit is nie ons skuld dat apartheid daar was nie en hoekom altyd opbring en ons bullie. Ek luister nie na radio Jacaranda vanaf Martin Bester en sy op die lig gekom het nie want ek kan hulle gegiggel nie verdra. Geweld moet gestop word. Ons word uitgemoor

    Ek dink mense het oorreageer
    Ben Jordaan

    Sekere gevalle van dissiplinering, veral oor die rasskeidslyn heen, word onmiddellik en meestal verkeerdelik as rassisme uitgekryt.
    As gevolg hiervan beland individue soms onskuldig in die spervuur omdat hulle bloot op grond van hul eie oortuigings en algemeen-anvaarbare etiese standaarde gehandel het. Dit bring mee dat ‘n mens onnatuurlik begin optree en rekords, opnames en foto’s van alle oor die kleurgrens-handelinge moet versamel om jou teen vervolging te beskerm. Soos wat gesonde oordeel en basiese dissipline by die agterdeur uitgaan, gaan hierdie gebeure meer en meer voorkom en die skuldiges kom daarmee weg en die onskuldiges en gefrustreerdes word verguis.

    Dit het my omgekrap
    Charlene Conradie

    Nie almal is rassiste nie. God het die son vir ons almal gemaak. Dit gaan respek en waardes.

    Dit het my omgekrap
    Braam

    Dis tyd dat almal is vrede begin saam leef. Al hierdie rasisme verwoes ons almal se toekoms. Maak nie wat jou kleur is nie

    Dit het my omgekrap
    dup du plooy

    Onsensitiewe oningeligte en onbevoegde lakeie wat selfaanmatigend uitsprake maak.dis half buite beheer en die algemene publiek is lekker slap sonder n werkbare plan.SOLIDARITEIT—VAT HULLE ! ONS VEG SAAM.

    Dit het my omgekrap
    Andre Du Plessis

    Daar is soveel waar ons dieselfde is. N week terug sit ek in n sessie oor Transformasie by die werk. Almal moet transformeer en almal moet deelneem, maar as blank word ek nie herken nie en uitgesluit. Hoe werk dit? Tranformeer beteken tog om met alles te verander ti beter. Wanneer die n rispe in n skoenlapper transformeer is dit tog alles nie net n gedeelte nie….

    Dit het my omgekrap
    Stephan

    Ek voel sosiale media was verkeerdelik gebruik in die geval. Spur moes die saak beter hanteer het en nie die ander wang gedraai het nie. Hulle moes beheer geneem het. En ek wonder of almal wat in daai video was toestemming gegee het om afgeneem te word en of dit mag aanlyn gepubliseer mag word?

    Dit het my omgekrap
    Ittie Saunders

    Omdat daar verskillende reels geld afhangende van jou velkleur en ras word heeltyd ingesleep.

    Dit het my omgekrap
    Zelda

    Die Rasse konflik is net ‘n rookskerm sodat al wat swart is kan maak soos hulle wil, en hulle wil steeds alles op ‘n skinkbord he. Tumi is geen uitsondering nie die propaganda is in haar kop geprent en sy kan nie vir haarself dink nie, sy is ‘n volg die stroom tipe mens. Ek glo hulle besef dat hulle nooit die wit integriteit, selfrespek en logiese denkwyse sal he nie, so hulle gebruik rasse konflik om hulleself beter te laat voel en hoop dat hulle eie breinkrag tekort nie te veel raakgesien word nie.

    Dit het my omgekrap
    Cor

    Dit krap my om omdat rasisme so groot rol in die land speel. Meeste mense van verskillende rasse kom baie goed oor die weg dis hier en daar een person wat hierdie haat keer op keer opbring en sodoende ongemaklikheid in die werksplek en gemeenskap veroorsaak. In ons land is daar ander belangeriker goed waaroor hierdie rasiste eerder moet bekommerd wees soos bv die ekonomie. Vir ons om Suid Afrika se ekonomie reg te kry, het ons almal mekaar nodig om saam te staan teen korrupsie maak nie saak of jy Wit Swart, pienk per of geel is nie. Ek wens net alle Suid Afrikaners wil dit besef want solank as wat ons teen mekaar baklei haal ons die focus van die regering af, wat sodoende maak en breek nes hulle wil.

    Dit het my omgekrap
    Dirk

    Wel soos ons nou al gesien het en dit oor en oor bewys is, is dat ons”Brothers and Sisters” net mag se en maak wat hulle wil.Die nuwe spreek woord in die land is mos nou”I demand”.

    Dit het my omgekrap
    Anneline van Wyk

    Dit voel vir my of die regering besig is om apartheid weer terug te bring sodat daar gediskrimineer word teen wit mense. Die feit dat wit en swart nie oor dieselfde kam geskeer word wanneer dit kom by rasse aangeleenthede nie bewys die punt. Witmense kan omtrent nie meer ‘n permanente werk kry in die land nie. Dit is asof die regering poog om alle geleenthede van wit mense te weerhou totdat die wit mense heeltemal verval in armoede. Wit mense leef in vrees want daar is soveel geweld en moord in die land en nou moet mens ook so versigtig wees wat jy se want as jy dalk ‘n swart mens affonteer mag jy moontlik tronkstraf kry. Ons is veronderstel om ‘n demokrasie te wees en almal gelyke geleenthede te he maar dit is glad nie die geval nie.

    Dit het my omgekrap
    Theo van der Watt

    Daar is soveel dinge verkeerd in ons land wat net aangeblaas word deur mense in posisies wat van beter moet weet. Die ding dat daar gese word swart mense kan nie rassiste wees nie is die verkeerdste ding wat ‘n mens kan se. Dit word gebruik as ‘n Kruk om rassisme wee te verbloem by swart mense.

    Dit het my omgekrap
    Joe Viljoen

    Radio omroepers op ‘n ‘gesins’ stasie wat die heeltyd oor politiek praat. Daar is stasies soos RSG, SAfm,ens. wat daarvoor is. Ek wil net lekker alledaagse dinge luister. Ek dink sy het die platform gebruik om haar politieke siening oor te dra. Ek is ook moeg dat ek as ‘n jong wit persoon oor en oor gekruisig word.

    Dit het my omgekrap
    Lizl

    My geskiedenis, my taal, herkoms en Vryheid van spraak word dood gedruk, maar swart mense het die Vryheid van die land, Vryheid van spraak, hulle het die howe en regering aan hulle kant en kom weg met moord, letterlik en figuurlik.

    Dit het my omgekrap
    Jan Henning

    Nie een van die blankes wat sg oortree het, is ‘n geleentheid gegee om verskoning te vra nie.Daar is net voor die voet teen hul opgetree.Moet ons dan net vertrap word vir elke misstap wat ons begaan.Tumie en Jacaranda moet net geboikot word.Al die gepraat en gesprekvoering is net ‘n vermorsing van asem.Vat haar en Jacaranda hof toe en kry klaar.

    Dit het my omgekrap
    Morné

    Die persDie propaganda dat fietsryers se fietse gesteel was, moet aangespreek word met die korrekte Geskiedenis. Daar was nie fietsryers gewees om te begin nie, dus was daar nie fietse nie. Ook was daar geen konsep van fietse nie. Die vrug van die fiets is na die kontinent gebring . Kan Solidariteit nie ‘n poging aanwend om vir eens die ware Geskiedenis onder Suid-Afrikaner te promoveer nie?

    Dit het my omgekrap
    Rina

    Dit krap ‘n mens om. Dubbel standaarde op grond van velkleur. Sy moet omverskoning vra maar ook haar werk verloor. Sulke onprofessionele gedrag moet nie geduld word nie

    Dit het my omgekrap
    Andre Bentley

    Die toepassing van twee stelle reels wat aangepas word na gelang dit die gebruikers daarvan behaag, is nie net onregverdig nie maar ook onaanvaarbaar.

    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close