BEL ONS: 012 644 4300

1,3 miljoen bakstene het ‘n reusekampus geword.

Kom stap deur ons lewende monument van hoop. Moenie dié eksklusiewe geleentheid misloop nie.

Registreer nou vir jou interaktiewe toer!

Sol-Tech Viruele Skoudag

Registreer / Register

Maak toe / Close

Yolandie Pretorius

In een woord, ‘n ware engel van bo gestuur. Yolandie is een uit n miljoen met die grootste passie vir haar beroep. Dis nie vir haar net n allerdaagse werk nie maar die grootste passie wat sy uitleef.

Yolandie is n Begrafnis Ondernemer en dra elkeen met wie sy in aanraaking kom se emosies op hart sy stap die pad saam elke hartseer en gebroke persoon wat n geliefde verloor het,van die begin tot die einde. Niks is teveel gevra of moeite vir haar nie van die Admin tot die laaste eerbetoon is sy daar al die pad…..sy sê altyd as jy haar bedank vir haar moeite….”DIS GLAD NIE MOEITE NIE EK DOEN ALS MET DIE GROOTSTE LIEFDE VAN DIEP UIT MY HART.

Yolandie is beslis n VROU na wie ek sal opkyk. Die mees opregste, positiewe, professionele en gemotiveerde VROU wat ek al ooit ontmoet het. Kan nie dink dat enige persoon sooooveel liefde en passie in haar beroep sit nie. Die mees dankbaarste vrou…as sy sien hoe ‘n emosionele familie weer glimlag. One LEGEND of a WOMAN..

Susan Ferreira

Susan is vir my “the employee of the century”. Sy het nie net die kantooradministrasie vinnig in plek gekry na verskeie persone wat droog gemaak het nie, sy kom ook uitstekend met die direkteure oor die weg. Met lockdown het sy die besigheid as essensieel geregistreer toe ons daaroor gewonder het en ons vinnig weer aan die gang gekry. Sy het elke dag die TERS-UIF gedoen totdat die werkers geld gekry het. Sy het ‘n betaalatelsel ontwerp wat beter as SAGE en PAYDAY vir uurliks betaalde werknemers werk.

Susan is ‘n ligstraaltjie wat almal opbeur. Ten spyte van haar eie smarte in die lewe, het sy deernis met ander. As ‘n leêr benodig word, kan sy dadelik haar hande daarop lê. Sy kan verskeie operasiolene aspekte hanteer en het nie gehuiwer om te help om ‘n hek se dekoratiewe hek se goue verf op te verf nie. Ek beskou haar as ‘n staatmaker, kreatief, hardwerkend, ‘n baanbreker en vindingryk. En partykeer bring sy vir ons lekker beskuit!

Lize-Marie Barnard

Lize is die grootste aanwins wat ons het by ons tak.Sy sal gewoonlik eerste by kantoor wees en laaste die kantoor verlaat.Sy streef altyd om haar werk na die beste van haar vermoë te doen en sal altyd kom vra is daar nie nog iets waarmee sy kan help.Sy is regtig my regterhand op kantoor en ek weet nie wat ek sonder haar sou kon doen.

Al is haar dogtertjie siek is sy so dedicated dat sy met siek kind en al toegemaak in haar kantoor nog steeds seker maak sy op haar pos en doen haar werk al word daar vir haar gese gaan huis toe.Sy seker gemaak sy haarself met al die nodige kursusse gekwalifiseer om sodoende nog beter in haar werk te wees.Ek is baie trots op die dame

Rachelle de la Rey

Rachelle is n uitblinker in haar werk. Sy lewer uitstaande klientediens en het stringe aanprysings hiervoor ontvang. Sy loop die ekstra myl vir lede/ kliente. Sy is n inspirasie vir haar kollegas. Sy ondersteun haar kollegas wanner hul vasbrand of n krissis ervaar. Sy is toeganklik vir kollegas en kliente/lede. Sy respekteur almal wie saam met haar werk veral ook bestuurders in haar werksomgewing. Sy het n pragtige positiewe gesindheid wat baie motiverend is en die spandinamika bevorder.

Sy is uiters professioneel Sy het baie goeie vaardighede spesifiek verhoudingbestuur, mondelikse en skriftelike kommunikasie Sy pak ekstra take aan en is innoverend om idees voor te stel om werk meer effektief te doen. Sy praat nie net nie, sy doen! Sy is baie aanpasbaar en kan met gewone ambagswerkers en met bestuurshoofde kommunikeer Kliente / lede is so dankbaar vir Rachelle se hulp!

As eisebeampte is sy baie effektief en suksesvol. Miljoene se vergoeding by die verskillende vergoedingsfondse is met haar professionele dienslewering vir kliente/lede beding. Sy behartig ook persoonlike assistent dienste en doen dit ook met onderskeiding Sy word ten sterkste aanbeveel as kantoorkampioen vir 2021.

Sunet van der Merwe

Hierdie vrou is n absolute yster. Daar is geen uitdaging te groot vir haar nie. Sy hou die skool se hartklop aan die gang en ons sal beslis nie funksioneer as sy die dag sou weg gaan nie. Sy is n boffin met n rekenaar en kreatief soos geen ander nie.

Angelique Smal

Angelique is een van daardie soort mense wat ‘n mens onmiddellik mis as sy nie daar is nie. Vriendelik, behulpsaam, vinnige probleemoplossing – met ‘n smile!

Positief, entoesiasties. Altyd reg vir ‘n uitdaging. Diplomaties, lojaal en uiters aanpasbaar en professioneel. ‘n Hele skatkis.

Diane James

This lady is the, Admin /Finance clerk at the SAVF Vanderbijlpark Shelter for the homeless people. She works extremely hard to make things happen, and never complains. She always goes the extra mile, even though she cannot be paid for overtime, she goes in on weekends to catch up on work. She is extremely nice and friendly to her co-workers, as well as the tenants.

It is very difficult to keep everyone happy, and keep them all warm and fed, with the little bit of funds to utilize, yet somehow she gets it done. I believe that it is her proud heart that let’s her stand up above the rest. Commitment and dedication makes her special.

Jacquelien van Der Walt

In enige werk is daar Baie verwagtinge. As n Ma van 4 kinders werk ek ongeveer 11 ure n dag en sommige naweke. Klientediens is uiters belangrik en so ook jou Familie.

Ek is n tyd juggler en Gooi my 100% in elke vasset van my lewe. Hulpvaardigheid en ondersteuning is my sterk punte en natuurlik om altyd professioneel te wees.

Bowenal hou ek ook van uitdagings en tree as ‘n spreker ook op en doen voice over werk. Die dae is soms te kort maar ek waardig dankbaar vir al die geleenthede.

Louisa Buys

Louisa het in 2019 ‘n skuldinvorderings maatskappy begin en uitgebrei na kantoor bestuurder van mediese praktyke. Haar ongelooflike passie vir haar werk met baie deursettingsvermoë en lang werksure maak en etiese profesionaliteit maak haar die beste administateur.

Aangesien sy nog jeug is stel sy jeug aan en doen indiens opleiding en is sy tans besig om te studeer in besigheidsbestuur. Sy sou graag haar besigheid wou uitbrei maar finansieël is dit tans nie moontlik nie.

Reana Louw le Roux

Reana is ‘n motiverende self gedrewe admin persoon. Sy hanteer beheer en doen die hele Mafersgroep se admin en boekhouding.

Sy is nederig hardwerkend lojaal en liefdevol teenoor kollegas. Sy sal instaan in enige pos wanneer nodig. Geen pos is vir haar minderwaardig nie. Sy verdien die toekenning

Susan Erasmus

Ek dink Susan verdien on die KANTOORKAMPIOEN te wees. Sy is doelgerig, sy kan onder hoë druk werk sonder om te blik of bloos. Sy werk goed in ‘n span maar, sy staan nie terug om die skool kantoor vrou alleen te beman nie.

Sy staan die maklik die skoene van die ander personeel vol en skrik nie vir harde werk nie. Susan gee altyd 110%. Sy is baie dae die gom wat ons almal by mekaar hou. Sy verdien elke bietjie bederf en eer.

Anita Breitenbach

Anita het in ‘n baie moeilike tyd (2020) oorgevat by die skool se finansies na die skielike afsterwe van haar voorganger. Sy moes dadelik inspring en oorvat en terwyl die beheerliggaam en skoolbestuur moes fokus op logistieke nagemerries van skoolheropening, het Anita by finansies die leisels gevat en doodeenvoudig haar werk gedoen asof sy al jare saam met die skool werk.

Verslae was gereed en kon ons enige iets vra en sy was en bly ywerig om te help. Ten spyte van die groot verantwoordelikheid van haar werk en groot druk, doen sy haar werk effektief en vriendelik. Ek hoop sy kan die toekenning kry want hoe sê mens genoeg dankie?

Eldette White

Hierdie dame werk dag en nag om te vereker als verloop goed vir die dag van more in Mnr van Zyl se besigheidslewe!! Maak nie saak of dit n naweek of vakansiedag is nie sy versker dat The Franchise Co se bestuur span altyd voorbereid en stiptelik is. Sy verdien net die beste

Jene Steyn

Sy (20) is regtig iemand wat uit haar pad uit gaan vir haar werk en al is sy op verlof kom werk sy. As sy eksamen skryf dan kom sy dadelik terug kantoor toe as sy klaar is. Sy werk elke vakansie en hanteer die hele korttermyn afdeling self en is rerig ‘n puik werker en mede werker. Sy vat nooit haar ete nie en help almal as hulle vra.

Sy is rerig n inspirasie vir my. Sy is tot jonger as ek (22) en sy het my al so baie geleer en sy het my geondersteun deur alles en bly positief. Sy is ook basies haar baas se PA en help hom graag as hy iets vra en sal nooit nee se as jy iets van haar vra nie.

Sy is altyd op haar pos en kliente is Mal oor haar want sy sort probleme vinnig uit en sy se altyd vir hulle geluk as hulle kinders presteer, of as iemand swanger is sy is rerig n betrokke werker en het ‘n hart van goud.

Lydia Kraamwinkel

Sjoe ek dink nie eintlik daar bestaan woorde om Lydia Kraamwinkel se aanwins tot die samelewing en kantoorblok te beskryf nie. Miskien SUPERSENSASIONEEL… Tannie Lydia werk al meer as 38 jaar by LS Kameeldrift, sy het in 2016 afgetree, maar is verlede jaar gevra om terug te kom vir 6 maande, die 6 maande is vandag 1jaar en 4 maande later. Sy tree wel aan die einde van die jaar definitief af, sê sy. Tannie Lydia is ‘n aangename mens en gee aan die werksplek kalmte. Sy het goeie verhoudinge met almal.

Daar is nie ‘n mens met wie sy nie oor die weg kom of wat nie die hoogste respek vir haar het nie. Haar werk is gevul met buitengewone kwaliteit. Sy doen haar werk self, sy stuur nie ander rond om vir haar iets te doen nie, selfs al het sy meer as die reg om so voort te doen. Sy stel ‘n voorbeeld vir ons elkeen en handhaaf haarself altyd proffessioneel, hoewel sy nooit te besig is om te glimlag of om ‘n kollega te help nie. Sy word kinderlik opgewonde oor ander se suksesse.

Waar het haar loopbaan begin: Tannie Lydia het haar loopbaan by Yskor begin as ‘n gewone admin dame, tikwerk ens., maar sy is binne ‘n paar maande opgetrek om PA werk vir ongeveer 5 grootbase te doen, waar sy hul lewens vergemaklik het met haar uitnemende vermoë om te beplan en organiseer. Tannie Lydia is nederig tsv al haar loopbaan en lewenssuksesse…ek hoop werklik dat jul die voorreg het om haar te kan ontmoet.

Sy is ‘n holisties suksesvol, nie net is sy die finansiële administrateur van ‘n skool wat uit sy nate bars nie, maar sy is ook ‘n dogter(haar ma vir wie sy tot einde verlede jaar na omgesien het voor haar ma oorlede is), ‘n Vrou en self ‘n besonderse ma en ouma wat haar kinders en kleinkinders ondersteun, sussie en ‘n vriendin. Sy staan kollegas ook in hul persoonlike lewens by en vra nooit iets inruil daarvoor nie.

Sy is enige omstandighede se droom…sy leer vinnig hoe werk ‘n nuwe tegnologiese toestel en kla nie een oomblik daaroor nie, om die waarheid te sê ek het haar nog nie een dag hoor kla oor enigiets nie.

Sy is ongetwyfeld een van God se gunsteling kunswerke en ek is seker as Hy na haar kyk sit Hy terug met ‘n glimlag van tevredenheid. Lydia Kraamwinkel is meer as net die kantoorkampioen, SY IS ‘N KANTOORLEGENDE!!!

Reinette Roodt

Reinette is ‘n harwerkende administratiewe klerk in die Suid Afrikaanse Polisie Diens met hoë waardes en standaarde. Sy glo daarin dat ‘n ding moet of reg of weg wees. Sy is ‘n perfeksionis in haar werk en gaan altyd die ekstra myl.

Sy is ‘n kundige in haar veld van werk en met 36 jaar diens in die polisie is sy beslis ‘n aanhouer! Sy maak altyd tyd om na ander mense te luister en help graag waar sy kan. Haar hande staan vir niks stil nie en word soms nie erken vir haar harde werk innovering en vaardighede nie.

Sy verdien beslis ‘n toekenning en die erkenning sal haar beslis soos ‘n ster laat voel!

Annerie Van Der Merwe

Annerie bestuur die hele SKFD span, met personeel, bemarkers, ander takke, versekeraars en wat nog. Sy gee om vir ieder en elk. Haar werk is nie elke dag maanskyn en rose nie, maar sy het die rustigheid en kalmte wat sy oordra na ander. Buiten kantoor is sy n wonderlike dogter, Ma van 3 en Ouma van 4. Annerie is ‘n inspirasie en almal sê altyd “Niemand is onvervangbaar nie” , maar vandag sê ek met alle eerlikheid sy IS onvervangbaar.

Denise van Niekerk

Sy het haar eie besigheid gegroei slegs op woord verspreiding en het baie sukses behaal daar deur, baie kliente bel haar daagliks vir besigheids raad wat slegs deur ondervinding gekry kan word, die hoeveelheid mense wat sy al gehelp het met werkskepping en opleiding is asemrowend en sy is al op amper aftree en is nog steeds die eerste een op kantoor en die laaste een om te loop elke liewe dag, nog nooit iemand gesien wat 30+ jaar so hard kan werk sonder stop nie en nogsteeds elke dag smile. Sy is regtig iemand wat ek opkyk na

Magriet Engelbrecht

Magriet is 65 jaar oud en werk nog steeds. Sy is uiters hardwerkend en enige maatskappy se aanwins. Sy is briljant met krediteure en debiteure, wat ongelooflik baie aandag verg, maar sy doen dit met gemak en plesier.

Sy is n moeder vir almal in haar kantoor maar ook die persoon wat leiding gee en elke dag se werk n sukses maak.

Mariana De Villiers

Die is ‘n merkwaardige vrou met baie talent. Sy is altyd vriendelik en haar pasiënte word soos familie hanteer. Sy het baie kennis in haar veld en doen dit al vir baie jare. Sy is baie goed met mense en sal ‘n pasiënt vinnig beter laat voel sonder enige medikasie. Sy help altyd waar sy kan en het altyd ‘n breë glimlag op haar gesig. Enige dokter sal haar wil inneem as deel van hulle span en pasiënte sal dokter toe gaan, nie omdat hulle siek is nie, maar omrede hulle baie goeie geselskap daar kry. Nou vra julle hoekom sou ek haar aanbeveel?…Wel, dis eenvoudig. Daar is nie ‘n beter ontvangsdame met soveel waardes en etiket as sy nie. Kies haar, want sy laat spreekkamers groei.

Johlene De Villiers

Hierdie vrou is los hande die beste sekretaresse waarvoor enige skool kan vra. Sy kan maklik bekend staan as die skool se ”Google” want sy het al die antwoorde op almal se vrae en kan enige probleem aanpak en oplos! Sy het al ‘n goeie paar jare as ‘n skool sekretaresse agter haar naam en is goed geolie in al die prosesse maar sal nooit ‘n nuwe geleentheid om nog te leer wegdraai nie. Sy is ‘n ekstrovert en pas perfek in haar posisie waar sy baie met ouers, personeel lede en kinders moet werk. Sy is ‘n werklike inspirasie & gee elke dag haar beste!

Elsa Bester

Elsa is alombekend vir haar deursettingsvermoë, integriteit en lojaliteit. Maar haar KAN DOEN-gesindheid is haar superkrag. Wanneer almal kruip, kruip sy verder, wanneer almal hardloop, hardloop sy vinniger. Haar sê ding: Ek weet soms nie wat ek doen nie, maar ek doen dit! Elsa is die kantoorkampioen, en versorg haar verswakte moeder, en voorsien vir haar kinders.

Audrey D Parkin

Audrey is my dogter…sy werk tans van haar huis af…daar is geen ure om te begin of te eindig nie…sy loop die ekstra myl…intussen vat sy nog haar man werk toe en laai haar kind by die skool af…dan begin haar dag…sy het honderde emails per dag wat sy deurwerk…en eers wanneer dit klaar is dan sal sy agteroor sit…sy doen ook oproepe van kliente en help haar makelaar ook met spesiale versoeke…dan hanteer sy nog huislike probleme ook tussen in…en die kind het net nie ‘n einde nie…party aande sal sy tot 11uur toe werk…sy het nie ‘n luihaar op haar kop nie…en so gaan dit van Maandae tot Vrydae…dan sal sy ook naweke ekstra werk insit…sy het baie sertifikate vir goeie diens en prestasie… AUDREY LOOP DIE EKSTRA MYL…

Suzette Kloppers

‘n Dame wat die pos van drie mense vol staan. Sy glimlag altyd, maak nie saak hoe erg die druk nie. Sy hou alles baie goed bymekaar. Sy is n super-hero, sy ondersteun ons hoof, die BL en so ook elke personeellid. Suzette is ons skool se hartklop, sy is die Mamma van ons Tuine-familie! Ons waardeer haar!

Rene Kruger

Rene is die hartklop van ons skool se ontvangs. Sy is ongelooflik toegewyd en bekwaam en sy kla nooit nie. Op die oomblik doen sy twee mense se werk, (aangesien ons ongelukkig ‘n personeellid aan Covid19 afgestaan het.)

Sy is altyd op haar pos, altyd gewillig om te help, en ons wil haar graag vereer vir haar onskatbare bydrae tot ons skool se funksionering! Sy verdien ‘n medalje! Dankie Rene ons waardeer jou!

Johanna Viljoen

Ons is ‘n NGO in Wolseley, Wes Kaap. Badisa Wolseley het 4 programme nl ouetehuis, kleuterskool, Maatskaplike Dienste en ‘n dienssentrum vir bejaardes. Johanna doen al 4 programme se adminstratiewe en finansiele take, sorg dat elkeen se salarisse reg is, akke menslike hulpbronne take vir byna 60 personeellede. En behalwe al die take werk sy ook 70 inwoners van ons ouetehuis se geldsake, betalings en rekeninge. Johanna sit lang ure in haar werk en sy kry elke jaar ‘n skoon audit verslag wat haar getuigskrif is vir haar harde werk. Ek nomineer haar want sy verdien die erkenning!

Elize Meyer

Elize is ‘n enkelma van 3 kinders wat ook vir haar pa sorg. Sy is toegewyd en gemotiveerd in alles wat sy aanpak .Sy loop die ekstra myl vir almal wat sy paaie mee kruis

Elmarie Pieterse

Sy is een uit ‘n duisend . Sy kan alles doen as jy haar skakel weet sy waar alles is , so asof jy ‘n laai oopmaak en ‘n leer soek . Sy loop altyd n extra myl vir haar kliente en haar baas. Sy is baie vriendelik en is altyd ‘n lig op ‘n donker dag . Sy laat ons altyd glimlag .

Arina van Zyl

Arina is ‘n onblusbare energieke mensie wat haar alles gee. Sy doen haar werk met passie en liefde vir mense. As jy in haar kantoor kom glimlag sy met ‘n sonstraal glimlag en mens voel sommer tuis.

Sy het baie te doen met oorsese toeriste en almal praat met groot lof van haar. Ek nomineer haar want ek glo sy verdien dit oor en oor.

Susan Joubert

Hierdie dame is ‘n merkwaardige mens. Hierdie gesogde prys vir haar, is my grootste wens. Haar sonskyn menswees en passie vir ander Spoel oor die hele skool soos n aansteeklike brander. Haar kennis van finansies word hoog op prys gestel. Sy kan met hoflikheid, selfversekerd, haar kant van ‘n saak stel. Altyd dieselfde, al is haar hart soms broos. En almal, selfs die kinders, is deel van haar kroos. Sy is die meester van soveel meer as geld, Verpleegster, versorger, mamma, verseker my held.

Haar omgee ken geen perke, en oorskry elke ras, kleur en geur. Selfs in die dierewêreld en met liefdadigheid, kan jy haar nie keer. Die kuns van moeilike kliënte (ouers) het sy ook al bemeester, en met sagkuns behandel sy elkeen afsonderlik en begeesterd. Sy is die sonskyn van die kantoor, ‘n poetsbakker van formaat. En ‘n personeelkonsert sal sy nie mis nie, dis deur haar kreatiwiteit waarby ons veral baat. Elke kursus woon sy met graagte by, sy sê altyd kennis is ‘n wenresep met ervaring daarby. Vir haar kan jy maar in die diepkant gooi, want swem sal sy swem, en haar menswees oor elke takie strooi. Ja die dag wat sy haar goedjies moet vat en loop, plak ek haar aan haar stoel vas met stroop.

Haar vaardighede is nou maar net van so aard, sonder haar sal ons verlore wees soos die boemelaar op straat. Sy gebruik die gawes wat onse God haar mee geseën het, tot voordeel van almal en alles. Slaan met elke taak ‘n ses, beter as Jacques Kallis. Geseënd is elke liewe mens of dier, wat haar padjie mee kruis, Sy is n aanwins, ons trots, ons kantoorkampioen en verdien beslis hierdie merkwaardige prys.

Reinette Wolmerans

Sy is baie stiptelik en hardwerkend. ‘n Persoon met ‘n passie wat altyd haar beste gee. Iemand wat op haar voete kan dink en probleme kan oplos. Ywerig en nederig en weet dat die Hemelse Vader ‘n besondere pad met haar wandel. Sy is opreg en gee te alle tye haar beste. Sy is toegewyd wat haar taak as ‘n roeping sien.

Sy maak bemoeienis met haar kollegas, personeel, ouers en kinders. Wat die administrasie van die skool better is sy op hoogte van alles. Sy het op haar eie opleidingsprogramme deurgewerk en aanvullend die verskillende beleide bestudeer. Sy is rekenaargeletterd en verantwoordelik vir die admin program van die skool. In haar het die skool ‘n dinamiese persoon gevind wat deur haar voorbeeld leiding gee.

Sy is vriendelik, innemend, lojaal en iemand wat baie maklik met haar medemens oor die weg kom. Sy is voortdurend bereid tot en betrokke met selfontwikkeling. Sy beskik oor goeie menseverhoudings en haar spesiale inskakeling is gebalanseerd en gesond. Sy is iemand wat egter op ‘n ferm wyse kan standpoint inneem oor enige aangeleentheid wat na haar mening ‘n saak van beginsel is. Hierdie beslistheid dra daartoe by dat mense juis in krisissituasies na haar kyk vir leiding.

Sy is beginselvas en handhaaf hoë morele waardes. Daar is soveel meer om te sê maar dink die som haar mooi op

Magda Villet

Magda is al naby aftree-ouderdom, maar regeer die administrasiekantoor met ‘n ysterhand! Sy is ons afroltannie, hanteer leerder-inskrywings en -oorplasings, asook die SASAMS, terwyl sy tussendeur die telefoon beman en e-posse lees en beantwoord. Sy is soms kwaai, maar moet wees, anders maak ons onnies die lewe vir haar hel!

Sy maak kopie vir al die opvoeders en tik vraestelle vir diegene wat ‘n bietjie rekenaarONgeletterd is. Sy is altyd op haar pos en neem byna nooit verlof nie! Professioneel is sy altyd! Sy help altyd en tree altyd op in die beste belang van ons skool! Hierdie toekenning verdien sy deur en deur!

Jessica Fourie

Jessica het ongelooflike deursettingsvermoeë gewys gedurende die Covid epidemie. Sy het voorgegaan met haar werk en voortdurend positief gebly selfs in tye wat ons nie geweet het of die maatsmalpy sal oorleef nie. Jessica verdien ‘n dankie na ‘n jaar van hel! Sy het by ons maatskappy aangebly selfs al kon ons nie waarborg dat ons nie sal moet afskaffings op ‘n stadium doen nie.

Jessica werk al 4 jaar bly GM recruiting – sy het bg ons besig as ‘n onsekere jong meisie en het gegroei tot ‘n ongelooflike waardevolle spanlid – iemand waarsonder ons nie sou wil wees nie! Jessica is altyd geduldig met kliente (selfs in die moeilkste tye en omstandighede) en maak altyd seker dat alle kliente weet wat om te verwag van die internasionale werwings proses. Jessica is vir ons veel meer as net n administratiewe persoon – sy is die hart van ons kantoor.

Irma Visser

Irma is n dame wat altyd vriendelik en bedagsaam is. Sy werk met vele besigheidsverskaffers, kontrakteurs en het 30+ mense wat onder haar werk. Daagliks inspireer sy haar werkers en behandel hul met die grootste respek. Sy werk ook met publiek en winkel huurders, en as ‘n werknemer van Langeberg Mall in Mosselbaai dra sy publiek en winkel huurders op die hande.

Dan praat ek nie eens van haar groot hart nie, sy het gereël dat werklose mense hul car guards kan wees wat elk nou inkomstes verdien en elke dag sal sy individuel elkeen groet vir die laaste 2 jaar wat sy deel is van die mall. Sy het ‘n passie vir haar werk, en tyd is ‘n bysaak, altyd daar om probleme met ‘n glimlag op te los.

‘n Ware staatmaker en wat haar werk se naam met trots adverteer en ook na ure is sy passie vol om mense te help.

Amanda Odendaal Keller Williams

She is a consummate professional in all of her administrative duties and then goes above and beyond our expectations to support our team, our customers and our mission. One of Nominees key accomplishments recently has been to manage our best practice learning sessions. She is there to plan and coordinate the sessions that are presented by a host of international team members.

This is not part of her job description, but she offered to help as she found the topics interesting. In addition, our team has undergone many organizational changes over the past few years. It has been hard. NOMINEE volunteered for the task to help facilitate improvement in overall culture and mood. From team meetings and offsite team building

Tania Brand

Altyd in beheer, regverdig, professioneel, vredemaker, organiseerder, beskikbaar en vele meer.

JB Coetzee

Ek is al reeds 12 jaar in die vakmanbedryf. Ek het sommer dadelik na skool ingespring. Ek het al aan alles gewerk, vanaf ’n motorvoertuig, vragmotors, mynmasjiene, motorfietse en nog vele meer. ’n Mens hou nooit op met leer nie, juis omdat daar soveel handelsmerke is, en elkeen verskil tog in ’n sekere mate. 

Meer inligting:

Baie dankie vir die geleentheid. Ek woon in Moreleta Park, Pretoria en werk tans as ’n outo-elektrisiën by Labucon in die siviele ingenieurswese industrie.

Rainier Tait

Ek het in 1988 my vakleerlingskap by ’n firma genaamd Alusaf, ’n aluminium smeltery in Richardsbaai begin. In 1997 het ek as meulmaker by Johnson Tiles begin werk. Daarna is ek bevorder tot die leidendehand (“leading hand”), en later na ’n tegnikus. Twee jaar daarna is ek aangestel as instandhoudingvoorman waarna ek as die produksiebestuurder van die aanleg gewerk het. Ongeveer twee jaar na dit is ek aangestel as superintendent ingenieur. Nou is ek in beheer van ingenieurswese. Ek is verantwoordelik vir al die projekte se instandhouding, en ek was al verskeie kere in Italië namens Alusaf vir besigheid in die algemeen asook die aankoop van nuwe tegnologie.

Meer inligting:

Tans woon ek in die Moot-omgewing in Pretoria. Die pos wat ek vir die afgelope 12 maande beklee, is dié van superintendent ingenieur, en die waarnemende bestuurder van ingenieurswese by Johnson Tiles, ’n onderafdeling van Norcros SA, waar ons keramiekteëls vervaardig.

Pieter Roux

Ek het grootgeword met 'n pa wat ’n ambagsman was en ek sweis al van kleins af. Ek was in 'n tegniese hoërskool en het na skool in Engeland gewerk. Toe ek terugkeer SA toe is ek dadelik terug in die ambag en het ek by 'n ingenieursmaatskappy gewerk waar ek in CNC-programmering begin spesialiseer het.

Meer inligting:

Ek werk vir myself by CPR-vervaardiging. Ek werk hoofsaaklik met staal en my passie is wapensmede. Ek vervaardig ook my eie knaldempers en sluiper knaldempers, maar soos meeste entrepreneurs sal weet, fokus ’n mens op dit wat die rekeninge betaal. Ek woon in Pretoria. My rooiseël is verwerf en ek het in beide motorsport en die wapenbedryf gewerk voordat ek in 2016 my eie besigheid begin het.

Pieter Calitz

Ek het ’n baie groot passie daarvoor om my werkswinkel netjies, skoon en reg te hou. Ek maak seker my spanmaats is opgelei in veiligheid asook in noodhulp. Op dié manier kan ek verseker dat ons op standaard is met die huidige industriestandaarde. Deur opleiding te gee en toe te pas wat geleer word, handhaaf ons ’n baie hoë standaard om enige beserings aan diens te vermy.

Ek werk nou saam met al my motorwerktuigkundiges en van tyd tot tyd werk ons ook saam in die werkwinkel. Selfs op herstelwerk wanneer ’n vragmotor langs die pad gaan staan het. In die vyf jaar wat ek by die FAW Group-motorvoertuigvervaardigers werksaam is, het ek gehelp dat drie vakleerlinge opleiding kry in die motorindustrie en is hulle al drie is nou gekwalifiseerd.

Meer inligting:

Ek is al deel van die motorindustrie sedert 1987 en was werksaam as  ’n vakleerling by SA Trucking wat nou bekend staan as Cart Blanche Marketing. Ek het vir 12 jaar by Tyco International, OEM gewerk waar ons internasionale vragmotors gebou het.

Ek het ook by Imperial vir ’n verdere ses jaar gewerk, en was in verskeie afdelings ’n werkwinkelbestuurder. Daarna het ek vir vyf jaar by Value Logistics as 'n werkwinkelbestuurder gewerk, en tans werk ek by die Faw Group-voertuigvervaardigers ook as ’n werkwinkelbestuurder.

Ons hou daaglikse kort vergaderings waarin ons gesels oor veiligheid in die werkwinkel en ons maak seker dat dit in die praktyk toegepas word. Ons werkwinkel het onlangs ’n gemiddeld van 95% in ons jaarlikse veiligheidsinspeksie behaal, dit het ons na nommer twee in die land opgeskuif.

Ons bestuur ’n uiters effektiewe en produktiewe werkwinkel met ’n aansienlike wins afgesien van die hoë vereiste rondom die winssyfer. Deur as ’n span saam te werk word die daaglikse werksaamhede streng, maar regverdig hanteer. Spanwerk, deeglike kontrole, effektiewe tydbestuur en ’n positiewe houding gaan baie ver. Ons streef daarna om ’n passie te hê vir dit wat ons doen, om daagliks ’n verskil te maak, te groei en ’n toekoms te bou saam met ons mense.

Ek werk tans as ’n werkwinkelbestuurder by die FAW Group-motorvoertuigvervaardigers, in die motorindustrie en ek woon in Marlands, Germiston.

Piet Viviers

My naam is Piet Viviers, ek is al vir 24 jaar in die ambagsbedryf. Ek is getroud, ek het twee kinders. Ek het vier rooiseëls, en was in Amerika en Lafayette vir Caterpillar-enjinopleiding by hul sentrum. Ek was die beste in Caterpillar-komponentsertifisering in Suid-Afrika. Ek het ’n groot liefde vir geel masjiene. Ek is lief vir die see, dis waar ek ontspan.

Meer inligting:

Ek werk tans as ’n tegniese spesialis,  outo-elektrisiën, hoë-spanningselektrisiën en dieselwerktuigkundige. Ek woon in Postmasburg in die  Noord-Kaap, en werk tans by Barloworld Equipment (Caterpillar) by die Kathu-depot.

Ek is al 24 jaar in my beroep. Ek het vier rooiseëls; motorwerktuigkundige, dieselwerktuigkundige, outo-elektrisiën, asook hoë-spanningselektrisiën. Ek het baie ondervinding in vragmotors, motorvoertuie en grondverskuiwingsmasjiene. Ek doen tans werk as ’n tegniese ontleder en doen foutopsporing op masjiene in die veld. Ek het oor die jare by Volkswagen, Black Rock, Assmang, Aveng Moolmans, en nou by Caterpillar ondervinding op gedoen. Ek het ’n passie vir hidrouliese en elektriese foutspanning.

Ockert du Plessis

Ek is al amper 20 jaar ’n gekwalifiseerd elektrisiën met ’n bedradingslisensie. Ek het hard gewerk om te kom waar ek vandag is, en ek is trots daarop. Hoofsaaklik fokus ek in my besigheid op kwaliteit en daarna op diens. Ek glo as die kwaliteit goed is, spreek jou werk vanself, en mense praat. Daar is vir my niks erger, as ’n ongekwalifiseerde ambagsman wat ander ambagsmanne se brood uit hulle monde neem deur dienspryse te ondersny of kortpaaie te vat nie. Hulle is gevaarlik vir ander mense, en veroorsaak ook gevaarlike situasies as gevolg van die substandaard werk wat hulle doen.

Meer inligting:

Ek is tans ’n direkteur by VoltAu en werk as ’n elektrisiën. Ek woon in George in die Wes-Kaap.

Meeste van my inligting en doelwitte is op my webblad beskikbaar, asook foto’s van projekte wat ek onlangs voltooi het.

Ek het twee klein kindertjies. My seun, Bismarck, is vyf en my dogter, Danica, is een. Ek het ’n baie ondersteunende vrou, Natalie, sy hou alles bymekaar. 

Neil Vreugdenburg

Omdat ek opleiding sowel as ervaring in soveel verskillende velde het; hidroulies, meganies, elektries, lugdruksisteme, outo-elektries, PLC en pas-en-draai, is my daaglikse uitdagings nooit eentonig nie. My ervaring as “expat”, tien jaar lank in Afrika het my geleer om planne te maak, en om masjiene weer aan die werk te kry met min, of geen parte.

Meer inligting:

Ek werk tans as ’n tegnikus in die mynindustrie by Bulk Mining Explosives (BME), Wes-Afrika, en ek woon in Jeffreysbaai.

Ian Hollander

Ek is passievol oor my beroep omdat ek baie genot daaruit put, veral wanneer ek ’n nuwe ontwerp vervaardig en die eindproduk na die tyd kan sien. Nog ’n pluspunt van my beroep is dat ek as vakleerling die fyner kuns van die ambag kon aanleer. Na 20 jaar is dit nog steeds my passie, en ek sal dit vir niks verruil nie. Ek streef daarna om ander te kan inspireer om goeie ambagsmanne te word, want goeie ambagsmanne word baie skaars.

Meer inligting:

Ek is tans ’n ketelmaker en ek werk vir A-One Mining. Ek werk in die myn- en ingenieurswese industrie en ek woon in Postmasburg in die Noord-Kaap.

Sarel von Wielligh

Ek het by God die gawe ontvang om met my hande te werk en om 'n brein te wat ingestel is op tegniese goed. Ek geniet wat ek doen en wil altyd my kennis met ander deel. Ek sê altyd as 'n mens 'n ding gemaak het kan ek hom regmaak of beter maak. Ek is so bevoorreg om my ambag en dit wat ek weet by Kumba te kan leer en toepas.

Ek is nou 'n meganiese voorman by die meganiese opknap afdeling in die sentrale werkwinkel. Ek werk vir Kumba Sishen. Ek werk onder meganiese ingenieurswese. Ek woon in Kathu, in die Noord-Kaap.

Meer inligting:

Ek het grootgeword met 'n pa wat vir 40 jaar in opleiding (Sivos) gewerk het waar ’n groot meerderheid van ambagsmanne opgelei is in sy tyd. Hy het my al die fynere kennis en vaardighede van my ambag en ander geleer. Hy het altyd vir my gesê jy kry twee soorte ambagsmanne – een wat jy moes leer om een te word en dan is die ander so gebore.

Hans Homan

Vir my is dit baie bevredigend as ek die knoppie van ’n beheerstelsel druk en dit funksioneer soos beplan – veral spoedbeheer van groot elektriese motors.

Meer inligting:

Ek is tans die instandhoudingsbestuurder by Denel Industrial Properties vir die Denel Dynamics-kampus in Irene.

Ingenieurs bedryf instandhoudingsgeboue en terreine. Ek woon in Faerie Glen in die ooste van Pretoria.

Ek het as elektrisiën begin werk by Kentron 33 jaar gelede, en is daarna bevorder tot voorman in die departement vir elektries en lugreëling. Ek het ’n swart man opgelei en hy het 3 jaar later as volwaardige elektrisiën gekwalifiseer met ’n bedradingslisensie, vaktoets te Olifantsfontein, en ’n rooiseël.

Ek het ook die pos van Instandhoudingsbestuurder beklee, waarna ek geskuif is en as projekbestuurder vir instandhouding begin werk het. Ek het instandhouding en veranderings aan geboue op al Denel se terreine hanteer.

Alle projekte is verlede jaar gestop a.g.v. ’n tekort aan geld en ek is terug geskuif as instandhoudingsbestuurder by Irene; ’n pos wat vakant was. Ek moes toesien dat die elektriese-, siviele-,  lugreëlings-, en geboue- en terrein-instandhouding uitgevoer word  sowel as toe ek projekte gedoen het. Ek het ook al tydelik diens verrig as  verantwoordelike ingenieur vir van die Denel-terreine. Tans rapporteer 12 ambagspersoneel aan my. Ek is gemagtig en aangestel om die 11 kv elektriese hoë-spanningsnetwerk se skakeling en foutopsporing van al die Denel-terreine te hanteer waar nodig.

Gert Pienaar

Om 'n werktuigkundige te wees, benodig ’n spesiale soort mens en nie elkeen is gebou daarvoor nie.

Dit verg laat aande, vroeë oggende en meestal naby aan onmoontlike spertye om die masjiene te laat brul en kliënte gelukkig te hou. Dit is dalk maklik om die werk te doen, maar die verskil tussen ’n goeie en gemiddelde werktuigkundige kom in by die fyner besonderhede en aandag, en dit is ook daar waar jy die verskil vir die kliënt kan maak.

Meer inligting:

  • Jou huidige pos: Trekkerwerktuigkundige
  • Wie is jou werkgewer? (ons gaan nie die inligting openbaar nie) – GWK
  • In watter industrie werk jy? Landbou
  • Waar woon jy? Hopetown Noord-Kaap

Ek is werksaam as werktuigkundige by verskeie landbou-organisasies sedert 2004. Ek is sedert 2016 werksaam by GWK op Hopetown en het my tuiste by John Deere gevind.

Gedurende die eerste finansiële jaar, het ek en my span die totale ure geboek vir die werkswinkel verhoog van 1 007, vir die vorige jaar, tot 1 901 vir die finansiële jaar 2016/03 – 2017/02.

So het ons deurlopend jaar op jaar die ure geboek verhoog, 2017/03-2018/20: 2 060, 2018/03-2019/02: 2 255, 2019/03-2020/02: 2 569. 2020/03-2021/02: 2 882.

Ons is ’n klein span: myself, my vakman hulp en gewoonlik ’n vakleerling.

Ons het suksesvol deurgedring tot die top-50 in die John Deere Sub-Saharan Technician of the year-kompetisie in 2020 en hoop om vanjaar verder te vorder.

My kliënte kom altyd eerste, want sonder hulle het ek nie brood op my tafel nie en ek sal alles in my vermoë doen om seker te maak hulle masjiene is reg en hulle is tevrede met die masjien, asook met my diens.

Gert la Grange

Ek het meeste van my opleiding deur John Deere gedoen. Ek het al van 1988 met John Deere gewerk en het ook 10 jaar vir John Deere gewerk.

In die 10 jaar wat ek vir John Deere, Sub Sahara Afrika gewerk het, het ek vir ongeveer 9 en ’n half jaar vir die werktuigkundiges van die John Deere-handelaars in Thailand, Indië, Brasilië, Suid-Afrika, Zambië, Tanzanië, Ethiopië, Kenia, Nigerië en Swaziland produkopleiding op John Deeres gegee, op die volgende produkte:

  • 5000 trekkerreeks
  • 6000 trekkerreeks
  • 7000 trekkerreeks
  • 8000 trekkerreeks
  • 9000 trekkerreeks
  • Ronde en stampbalers
  • Stropers vir mielies, koring, sojabone en sonneblomme en Tafels
  • “Sucker Rite Stripper”
  • Mielie-, soja- en sonneblomplanters
  • Koringplanters

Meer inligting:

Ek het opleiding in die VSA, Brasilië, Duitsland , Frankryk en Thailand ontvang. Ek het 3 jaar lank vir meer as 80 Nigeriese trekkeroperateurs opleiding gegee in Nigerië in hoe om 'n trekker te ry en ook om in die lande te werk. Ek het ook vir die handelaar se 17 tegnikuste in Nigerië produkopleiding gegee.

Ek is nou vir die laaste 2 jaar 'n tegniese adviseur by SENWES met 4 takke waarna ek kyk nl. Wesselsbron, Lichtenburg, Ventersdorp en Hartbeesfontein.

Dit voel baie aardig om so van jou self te praat.

Baie dankie.

Donneven Druez

Ek is ’n gekwalifiseer dieselwerktuigkundige en spesialiseer in grondverskuiwings, en het al sowat 12 jaar ondervinding. Ek het my ambag gedoen deur Aveng Grinaker-LTA. Daarna het ek vir ’n paar jaar vir Group Five gewerk totdat hulle met afleggings begin het. Na dit ek het vir ’n paar jaar by Isuzu Trucks gewerk, waar ek weer die geleentheid gekry het om meer met vragmotors te werk. Ek is lief vir ’n uitdaging en ek hou daarvan om ’n dieselwerktuigkundige te wees. Dit is vir my lekker, omdat ek daagliks met my hande werk en omdat ek buite die boks moet dink om probleme op te los. Ek kry ook die kans om verskillende mense te ontmoet en te help; elke dag is anders.

Meer inligting:

Tans woon ek in Kempton Park. Ek werk as ’n vurkhysertegnikus in die motor- en vervoerindustrie by BHBW, ’n onderafdeling van Barloworld.

Billy Le Roux

Billy le Roux

Dankie dat ek deel kan wees van hierdie voorreg. 

Ek is nou al 15 jaar in my ambag en dit was nie vir my maklik om hier uit te kom nie. Ek kom van niks, en uit ’n familie wat baie swaargekry het. Ek moes in standerd agt uit die skool uit gaan, want daar was niemand wat my skoolgeld kon betaal nie. Ek het egter nooit opgegee nie, ek het gewag en gebid vir my kans. Toe kry ek die voorreg in 2005 om vir Atlas Copco as ’n vakleerling te begin werk. Ek het vir myself gesê; hier is my kans. Ek het nog altyd my heel beste gegee, en vandag is ek waarnemende projekbestuurder op ’n Rio Tinto-myn buite Suid-Afrika. Baie mense kyk op na my omdat ek vir lank  vreeslik gesukkel het met die masjiene, om die ervaring op te bou waaroor ek nou beskik.

Meer inligting:

Ek is op die oomblik ’n tegniese adviseur sowel as ’n 2IC projekbestuurder. Ek werk in die myn- en ingenieurswese industrie, en ek woon in Randfontein.

Ek is nou al 15 jaar in my ambag en ek is nie een dag spyt nie. Dit is asof dit bedoel was vir my. Ek is goed met dit wat ek doen, ek is goed in my werk en ek het ook ’n goeie naam vir myself buite Suid-Afrika gemaak veral met dit wat ek op die masjiene kan doen. Ek is op my gelukkigste wanneer ek ’n masjien kan gaan regmaak; iets wat ander nie kan regkry nie. Op ’n manier is dit vir my ’n troos, en dit maak my gelukkig om iets te kan doen wat nie baie mense kan sê hulle kan doen nie. Ek voel ook werklik trots daarop dat ek mense buite Suid-Afrika kan oplei wat dit regtig waardeer.

Anton Coetzer

Anton Coetzer

Anton se werk en beroep was sy lewe. Hulle het hom Yster op die myn genoem. Niks van sy werk het hom die skrik op die lyf gejaag nie, hy was ook nie bang vir werk nie. As daar iets gebreek het was hy die eerste een om die werk te gaan doen.

Meer inligting:

Anton Coetzer is my man van 37 jaar, en ek ken hom al meer as 42 jaar lank. Hy het op Harmony-goudmyn gewerk tot en met 2013. Hy werk nie meer nie as gevolg van die fratsongeluk waarvan ek in die twee vorige e-posse vertel het. Harmony-goudmyn het hom gehuisves (“ge-board”) na sy ongeluk in 2013. Anton het by Harmony-goudmyn as ’n “charge hand” en aflos-voorman gewerk, sowel as 'n ketelmaker vanaf 1980 tot en met 2013. Hy was die enigste broodwinner gewees en ons het net een kind, ’n dogter.  Ons het in 1999 my biologiese suster se drie dogters, ons niggies na haar afsterwe in ons huis ingeneem, want sy was baie siek met maagkanker. Hy was nog steeds na al die jare van een kind na vier kinders die enigste broodwinner.

Ons eie dogter het aan die Universiteit van Potchefstroom gaan studeer vir ’n maatskaplike werker. Sy het ’n honneursgraad so wel as ’n meestersgraad in Maatskaplike werk, waarvoor haar pa, as die enigste broodwinner betaal het. Die ander drie kinders het nadat hulle klaar was met skool, hulle eie lewens gaan lei.

Anton het na sy ongeluk stadig maar seker tot ’n mate herstel waarna hy op Janneman Saayman se plaas in Virginia gaan werk het. Hy het vir ongeveer vier jaar as ’n gewone ketelmaker gewerk, en hy het  stalle, krale en store gebou asook drade reggetrek. Hy het ’n ploeg gebou waarmee hulle landerye van 12 rye kon ploeg. Anton het vir die einste  boer ’n saaimasjien gebou waarmee hy grond kon vasrol terwyl hy plant. Hy het ook vir die DBV-Virginia ’n speelterrein vir katte uit hout en staal gebou. Dit is natuurlik die DBV se trots, almal bewonder die hawelose katte se speelterrein. 🤩

Hy het palissades en elektriese hekke vir ’n hele klomp mense hier in Virginia gebou. Anton het ook lemmetjiesdraad om mense se erwe gespan, met een hand. Op ’n manier kon hy met sy verlamde hand ook werk. Ek wens ek kon die foto’s hier wys, want dit was sy trots. Ongelukkig het sy foon weggeraak, en ons kon nog nie weer vir hom ’n foon koop nie as gevolg van ons gebrek aan finansies. Janneman Saayman het nou Kanada toe verhuis en hy verhuur sy plaas tans aan iemand anders uit. Anton het ’n hele klomp afdakke asook ons eie afdak, en ons klein seuntjies se bedjies self gebou na sy ongeluk. Omdat hy blind is en sy hand misvormd is, werk hy nou nie meer nie. Dit is as gevolg van epilepsie en nege beroertes na sy fratsongeluk op die myn. Dít is sy storie al vir nege jaar lank.

Ek hoop, glo en vertrou dat hy ’n Ysterman-toekenning verdien. Dit sal vir hom ’n besonderse groot eer wees, juis omdat sy werk sy lewe en passie was. Ek heg ’n collage van foto’s hierby aan.

As julle die foto by die see mooi vergroot (“in zoom”) sal julle sy misvormde nekwerwels, wat opgebou is met staalpenne en boute sien. Hy moes drie lewensnoodsaaklike operasies ondergaan net om weer sy ledemate te kon gebruik en normaal te kon funksioneer.

Baie dankie vir die voorreg om in die tweede ronde te kon kwalifiseer.

Anton Coetzer se trotse vrou.

Rudie de Jongh

Ek het my bedradingslisensie voltooi en werk in ’n plaaslike owerheid gekry. Dit is my absolute passie om foute op oorhoofse lyne, kabels, motors en “starters” te soek. Wat my die meeste fassineer is sodra ’n mens dink jy het alles gesien is daar iets nuut. My werk is baie interessant veral omdat ek met mediumspanning en laagspanning werk. Ek het reeds 12 jaar ondervinding in die plaaslike owerheid en het 7 jaar in die privaat sektor gewerk. Ek kry ook die geleentheid om van tyd tot tyd met vakleerlinge te werk en hulle op te lei. Ek het  'n kursus as assessor en werkplekmentor voltooi om vakleerlinge beter te kan help. Dis nie wat mens doen wat saak maak nie, dis hoe jy dit doen. Goeie gehalte vakmanskap is vir my baie belangrik. Ek verafsku mense wat my beroep met swak vakmanskap deur die modder sleep.

Meer inligting:

Elektriese Superintendent

Langeberg Munisipaliteit

Elektries

My naam is Rudie de Jongh. Ek het sedert skooltyd baie belanggestel in elektrisiteit. Na skool kon ek nie werk in die elektriese bedryf kry nie en ek het my dienste gratis aangebied as kontrakteur in ruil vir 'n vakleerlingskap. Ek het egter verhuis en moes 'n nuwe plan maak. Ek het by 'n kontrakteur in George werk gekry en hy het my gehelp om my droom te bewaarheid en om my vakleerlingskap te voltooi.

Thinus Vogel

Ek hou van uitdagings.  Iemand het een keer  gesê: “Give Thinus nothing and Thinus will give you something”.  Ek hou daarvan om goed te maak, reg te maak en bestaande produkte te verbeter. Ek het 'n werkskamer waar ek ure van my tyd spandeer om laboratoriumapparate reg te maak en te diens. Ek het al laboratoriumapparate ontwikkel wat suksesvol al vir jare in laboratoriums gebruik word.  Ek het 'n “electroplating”-besigheid wat ek op die been gebring het. Tegniese uitdagings los ek op. Ek glo nie aan die frase: “kan nie”. Daar is altyd 'n uitweg om 'n probleem op te los. 

Meer inligting:

Ek is tans ’n navorsings- en ontwikkelingsbestuurder vir Seton SA. Die industrie waarin ek werksaam is, is Automotive Leather. Ek woon in Nigel.

Soritha Snyman

Geen taak is te groot of te klein vir haar nie. Selfs al gaan sy deur moeilike tye is sy die een waarop almal kan staat maak en sy help altyd waar sy kan.

Sy is die moeder, beste vriendin en hartklop van ons kantoor. Sonder haar lojaliteit en harde werk sou ons skool (Laerskool Generaal Nicolaas Smit) baie slegter af gewees het.

Sonja Munro

Sonja Munro is al n hele klompie jare by Oosthuizen Marais en Pretorius Prokureurs as ontvangsdame.

Sy het intussen ons maatskappy se beeld op sosiale en ander publieke platforms as deel van die Pathsohaney groep ontsettend bevorder and ons beeld as prokureurs firma in Mosselbaai ontsettende hoogtes laat in skiet.

Ons is so trots op haar en dankbaar vir al die harde werk wat sy op media platforms vir ons beteken.

Sy vedien n nominasie op nasionale vlak.

Petra Delport

Ek wil Petra Delport nomineer, sy is n sterk vrou, uitstekend met mense en sy is altyd bereid om die extra myl vir enige iemand te stap, sy Ry publieke taxi werk toe elke Dag, vir die 3 jaar wat sy by Glass specifics werk, sy is n enkel werkende mamma wat Regtig Hard werk om na haar Kinders om te sien ek dink sy verdien ‘n regveverdige breuk in haar Lewe

Lizelle Brits

Me. Brits is ‘n ongelooflike belangrike deel van Die Hoërskool Wonderboom.

Alhoewel haar posbeskrywing die van data-sekretaresse is, is sy veel meer: binne die uitdagings van Covid-19 is sy registrateur van elke leerder se siekwees en probleme.

Sy is kenner van die adminstelsel, kalmeerder as personeelgemoedere hoog loop en terwyl haar kollega ‘n skielike nekoperasie moes ontvang, het sy haar kantoor geskuif, eenvoudig die werk ook oorgeneem (al moet sy na ure werk) en so die skool bly dien.

Me. Brits lag altyd, maak grappies, bemoedig en bring nie net professionaliteit na die kantoor nie, maar ook ‘n menslikheid wat leerders en personeel veilig laat voel.

Die Wonnies is bevoorreg om so iemand by ons skool te hê!

Ingrid Swanepoel

Ek nomineer graag Ingrid Eifler-Swanepoel. Sy is die hartklop van Laerskool Doringkloof Primary. Haar hart is opreg. Sy is pragtig met die ouers en so besorgd oor die leerders.

Haar toegewydheid teenoor die skool, haar werk en haar kollegas. As jy draai is Ingrid daar. Elke persoon is belangrik vir haar. Ouers is baie lief vir tannie ingrid en so ook die kinders wat na die kantoor tannie toe gaan.

Sy was my mentor toe ek daar begin het. Met of sonder so ‘n toekenning bly sy die hartklop van Dories. Sy is geliefd deur so baie mense.

Sy is n raakvatter al vir baie jare by Doringkloof.

Deidre Burger

Deidre Burger is n enkellopende moeder wat die bestuur oorgeneem het van Cheshire Homes Summerstrand in Port Elizabeth. Deidre het geen bepaalde werksure nie. Sy sal 24/7 , elke dag van die jaar werk om seker te maak dat die belange van 54 inwoners van genoemde plek versorg word.

Cheshire Homes is n versorgings eenheid vir Pasiente wat serebraal verlam, gesigs gestrem, bedlêend en rystoel gebonde is. Hierdie selfgemotiveerende dame bestuur hier tehuis wat jou asem wegslaan.

Van elke pasiente versorger, tot skoonmaker, kantoordames, tuinwerkers, hanteer sy met die grootste respek en altyd n glimlag.

Sy het enorme energie en doen fondsinsameling op enige moontlike manier. Sy is ook n marathon drawwer wat nie sal skroom om 4 uur in die oggend te gaan hardloop om betyds 6 uur by die te huis te wees nie.

Daar is geen bepaalde tye in Deidre se lewe nie, buiten om betyds te wees vir elke vergadering en om almal se belange eerste te stel nie.

Sy organiseer opgradeering vir die tehuis op n konstante basis van higiëne tot boorgatwater tot sonpanele en pragtige tuine. Sy volg elke protokol en hanteering van die Covid met uiterste professionele reëls en het geen gevalle van siek inwoners nie.

Deidre, dra elke inwoner se belange op die hart en is regtig n wonderlike mens van formaat. *Sy is die spreekwoordelike “Superwoman”

Amanda Heymans

Sy is een amazing Tannie, sy is uistekend met haar werk, en organiseering is verseker haar ding. Sy doen al die teater besprekings vir 4 dokters, narkotiseer besprekings, mediesefonds goedkeuring en intussen hanteer sy ook van die dokters se persoonlike sake.

Sy is saggeaard, dra elke pasient se belange op haar hart, en is altyd bereid om een stapie verder te gaan. Sy behandel elke pasient soos goud, dis susters by Unitas is mal oor haar werk etiket en gasvryheid sy verdien die toekenning meer as enige iemand wat ek ken.

Sy het reg deur Covid Lockdown gewerk om seker te maak almal word steeds gehelp vir ongevalle situasies. Die beste admin, Ma, Ouma en vriendin wat iemand voor kon vra.

Shané Jansen van Rensburg

Shané is altyd vriendelik en altyd bereid om vir jou die ekstra myl te stap. Haar glimlag laat enige donker wolk verdwyn. Sy skep orde in enige deurmekaar juffrou se admin en gemoed.

Sy het ‘n oplossing vir elke probleem. Sy is ‘n raakvatter. Shané het ‘n omgee hart en jy sal sommer ‘n briefie en ‘n koffiestokkie in jou posbus kry op ‘n “afdag”. Sy helder ons kantoor en ons skool op.

Sy is ‘n kind van God. Sonder haar sal Anton van Wouw Pre-primêr nie dieselfde wees nie. Ons is almal baie lief vir haar.

Paddy Gower - Kotze

Paddy het 6 jaar terug by ons aansoek gedoen as Admin dame nadat sy afgeleg is na 22jaar diens by Metropolitan Life as ‘n forensiese ondersoek beampte. Sy het binne 3 maande ons kantoor aan die gang gekry, al die Admin Staf georganiseer in die regte poste waar hul sterk punte was.

Sy het beheer gevat van die konsultante se aktiwiteite, beplanning, terugvoer tov besigheid en klientediens verantwoordlikhede oor geneem. Verder het sy ook my assistent verpligtinge op geneem om my by te staan as hoof van die afdeling. Ons het haar toe as kantoor bestuuder aangestel.

Haar toegewydheid, terugvoer en vermoee om probleme op te Los is ongelooflik en beslis n groot aanwins vir ons maatskappy, ons diensverskaffers en kliente. Ons het selfs kliente wat nie met die konsultante wil werk, maar eerder met Paddy Wil werk. Haar passie, sympatie en empatie met van ons kliente waar sy besoek gaan aflê en die nodig morele en geestelike bystand gee aan familie en vriende is ongelooflik en dit is beslis, “beyond the call of duty”. Ten spyte van die afsterwe van haar man 3 maande terug. Sy is ook n steun pilaar vir die jonger Staf tov raad en advies. Verder haar liefde vir diere waar sy al die straat katte in haar omgewing aangeneem het en versorg.

Paddy is ‘n geskenk van God en sy verdien om genomineer te word vir die toekenning omdat dit van n ander instansie Kom sodat sy Kan sien ons waardeer wat sy doen want ons deel dit gereeld met haar. Dit is ook n bewys van omgee, waardering, respek en liefde vir haar nederigheid, opregtheid en egtheid. Dit sal ook goed wees vir haar na al die maande se stryd met haar siek man gedurende Covid en ons hoop dat dit ‘n teken sal wees Dat ons haar opreg waardeer.

Ek hoop Dat die aanbeveling ernstig aandag sal geniet. Met voorbaat dank.

Tommie Ogden

Ek is tans ’n voorman in elektries by Tri-Star Construction, en is woonagtig in Alberton. Wat ek van my werk geniet is die feit dat ek iets gaan agterlaat. Al is ek lankal weg, sal my kinders en kleinkinders nog kan sien wat ek gedoen het en waar ek dit gedoen het. Om ’n gebou van onder af te begin bou en dit te sien wanneer dit klaar is, is baie bevredigend.

Meer inligting:

Ek is al vir 38 jaar in die konstruksiebedryf werksaam. Ek was betrokke by groot projekte soos die sentrale terminaalgebou by Oliver Tambo-lughawe, asook by die Palmridge-landdroshof, en SANRAL se dienskantore. Ek was verder ook betrokke by die bou van Magalies Hills die winkelsentrum in Brits, sowel as by die bou van Jewel City in Sandton en nog vele meer.

Lize van Rooyen

Ek is al 7jr in hierdie pos. Publiek weet nie wat agter die skerms aangaan nie. Staatswerkers word altyd sleggese. Ek begin al 7h00 in die oggend werk. Ek behartig al die staf se persoonlike leers en verlof.

Ek het my pligte as PA vir Hofbestuurder wat my heeldag besig hou. Intussen moet ek met publiek deel en klagtes uitsorteer. Ek tik weekliks klagstate wat moord, verkragting en kinders wat onsedelik aangerand is deur hul ouers en/of familie of vreemdelinge.

En ek moet afsluit voor ek huistoe gaan. Ek is sekretaresse, suster, dokter, verpleegster, prokureur, mediator, ma en vrou. Deur dit als heen help ek ook’ n kind van ons armer gemeenskap om aansoek te doen vir haar werk permit.

Het ook gehelp met haar matriekafskeid, borge gekry daarvoor. Sy het pragtig gelyk. Ek is niks spesiaal nie, maar die spesifieke kind het dit nou die dag genoem dat om mense te help my ‘super power’ is… Lieflike mens is sy.

So as ek myself nie kan nomineer nie, het iemand ten minste die bostaande gelees. En dit maak my hart bly.

Ina Sibley

Geen werk of taak is vir Ina te veel nie. Sy werk nagte om vir ons firma en veral deur die inperkingstyd het sy gesorg dat almal van ons se behoeftes na omgesien word.

Ons salaris is altyd op tyd betaal en sy is altyd altyd vriendelik.

Een kommentaar is te min om al my dankbaarheid en ons firma vir Ina aan julle te skryf nie asb sy verdien hierdie nominasie.

Debbie Van Wyk

Debbie is altyd die sonskyn in die kantoor. Haar borrelende persoonlikheid laat jou glimlag en haar positiwiteit is aansteeklik. Sy is n doelgerigte passievolle kollega wat se hande vir niks verkeerd staan nie.

Met topklas kliëntediens is sy ons staatmaker en verseker dat ons altyd die beste diens moontlik lewer. Debbie is gretig om te leer en betrokke te raak by verskillende afdelings van die besigheid. Sy bestuur projekte, help met logistiek en is tans ook nuut in beheer van voorraad. Haar organiserings vaardighede en presisie kom goed te pas in hierdie aspekte van haar werk.

In tye van verandering is Debbie ywerige om die las te help dra en spring in om te help waar sy kan en nuwe pligte te help deel. Sy is voorwaar ons geheime wapen en ons is uiters trots op die professionele diens wat sy ons kliënte bied.

#GoeieGons 2021: Bepalings en voorwaardes
Solidariteit Gilde vir Kommunikasie en Bemarking

Die Solidariteit Gilde vir Kommunikasie en Bemarking wil deur die #GoeieGons-toekenning erkenning gee aan die onblusbare talent van Afrikaanse ontwerpers, bemarkers, kopieskrywers, joernaliste, omroepers, videovervaardigers en fotograwe.

  1. Nomineer 'n Afrikaanse ontwerper, bemarker, kopieskrywer, joernalis, omroeper, videovervaardiger of fotograaf met 'n #GoeiGons-benoeming en gee só aan hierdie talentvolle mense die erkenning wat hulle verdien.
  2. Nominasies is gratis en kan in vyf kategorieë gemaak word, naamlik vir Skryfwerk, Grafiese ontwerp, Fotografie, Radio, en Videoproduksie.
  3. Om 'n persoon vir sy of haar kreatiewe werk te nomineer volg die stappe hieronder:
    • Stap 1: Neem 'n foto of skermskoot van die werk wat genomineer word of nomineer 'n aanhaling van die betrokke item, artikel of slagspreuk.
    • Stap 2: Klik op die volgende skakel: https://solidariteit.co.za/goeie-gons/
    • Stap 3: Vul jou besonderhede en dié van die persoon wat jy nomineer hier in om te kwalifiseer.
    • Stap 4: Klik op die kategorie-kieslys en kies die beroepsveld wat van toepassing is en laai die persoon wie se werk jy nomineer daar op. Jpeg-, pdf-, Mp3- en Mp4-formate word aanvaar.
    • Stap 5: Deel gerus die skakel op sosiale media en moedig nog mense aan om Afrikaanse talent vir hierdie gesogte toekenning te nomineer.
  4. Finaliste sal slegs oorweeg word indien die skakel volledig ingevul is.
  5. Die getal inskrywings per kategorie is onbeperk.
  6. Die getal nominasies per persoon is ook onbeperk.
  7. Geen persone onder 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.
  8. Die nomineerder is verantwoordelik vir die korrektheid en suksesvolle registrasie van die genomineerde se inskrywing.
  9. Die genomineerde sal kan bevestig dat dit sy of haar oorspronklike werk is en dat hy of sy die toekenningsnominasie aanvaar.
  10. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  11. Nominasies sluit op 18 Julie 2021.
  12. Die topvyf-nominasies uit elke kategorie word op 16 Augustus 2021 op 'n stemblad geplaas waarna dit vir stemming deur lede van die publiek beskikbaar sal wees.
  13. Die stemblad sluit op 31 Augustus 2021.
  14. Die wenners uit elke kategorie word tydens die Gonsfees, wat in September 2021 sal plaasvind, aangewys.
  15. Indien die wenner nie die Gonsfees kan bywoon nie, sal 'n ander wenner gekies word.
  16. Die wenners sal deur 'n onafhanklike paneel sowel as by wyse van die publiek se stemme vir elke kategorie gekies word. Beslissings is finaal.
  17. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  18. Die wenner sal op al Solidariteit se openbare platforms bekend gemaak word.
  19. Geen pryse kan oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
  20. Die wenners stem in om hul samewerking te gee en om aan al Solidariteit se openbare of mediageleenthede deel te neem wat met die kompetisie verband hou. Genomineerdes stem ook in dat hul besonderhede op Solidariteit se webwerwe mag verskyn.
  21. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
  22. Deelname aan hierdie #GoeieGons-nominasieproses veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  23. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
  24. Indien Solidariteit nie daarin kan slaag om die pryswenner binne vyf werksdae per e-pos of telefonies te kontak nie, sal die naaswenner as wenner aangewys word.
  25. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat 'n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. 'n Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.

Klik hier om die volledige bepalings en voorwaardes te lees.

Johannes Brits

Vandag het ek (deur die genade van die Here) twee ambagsmanne (ek kort dringend nog een, maar outo-elektrisiëns is baie skaars, dis die dat ek nog steeds op die instrumente is), ’n drywer, twee persone wat die spaarparte behartig, drie vakleerlinge, een ongekwalifiseerde werktuigkundige, twee kantoordames, twee mense wat die eenhede doen en twee instrumentbeamptes/skoonmakers. Ek het ook onlangs ’n battery afdeling begin.

Meer inligting:

  1. Ek is eienaar, bestuurder en ook ’n outo-elektrisiën.
  2. Ek besit Vryheid Autolec.
  3. Outo-elektrisiën
  4. Vryheid – Noord-Natal
  5. Ek het as ’n 19-jarige seun die geleentheid gekry om ’n ambag te loop as ’n outo-elektrisiën (daai tyd nog Motoleck Vryheid), na sewe jaar as vakleerling het ek uiteindelik gekwalifiseer. Motoleck het toegemaak en ’n nuwe besigheid Ant’s Diesels het begin. Ek is later deur’n groter besigheid, Hermans Body Works (paneelkloppers) genader en is toe as hulle outo-elektrisiën aangestel. Na 9 jaar is ek eers vir 3 maande op “short-pay” geplaas en moes weekliks terugkeer werk toe om te hoor of ek die week kan werk al dan nie. Ek is natuurlik nie betaal vir die weke wat ek nie werk nie. Ek het besef ek sal ’n ander plan moet maak. So het my pad met my eie besigheid begin. Ek het vir die eerste twee jaar net van my bakkie af gewerk. Ek het besef ek mors te veel geld om die “starters” en alternators vir ander besighede te gee om reg te maak. Ek het toe vir my ’n klein werkswinkel gekry en ’n persoon aangestel wat die eenhede doen, terwyl ek die“breakdowns” behartig. Papierwerk was nag. My vrou het in die nagtelike ure probeer help, maar ek moes op die einde van die dag iemand kry wat met die papierwerk kon help. 

Helmert Henken

Deur in my ambag te slaag, en getrou te bly aan opbouende insette, en die toepassing van my keuses asook die resultate daarvan kon ek ’n suksesvolle loopbaan volg in die staalbedryf. Deur die leuse van “Werk saam; Wen saam” ter harte te neem, kon ek verskillende bestuursvlakke suksesvol betree. Met produksiebestuur en fabriekbestuur, kon ek tot in ’n senior vlak van korporatiewe bestuur, inbeweeg. Ek het tussen verskillende industrieë rondgeskuif, van die staal- na die motor-, na die treinbedryf en later weer terug na die staalbedryf, waar ek tans werk. Ek het al in SA, China en in Europa gewerk tydens verskillende opleidingfases. Dit het my deurlopend ’n sterker persoon gemaak en my ook as ’n entrepreneur gehelp om my eie onderneming te kan bestuur. Ek ontwikkel en vervaardig, onder andere, gepantserde voertuie vir die sekerheidsindustrie, en ons is trots op ons eie Suid-Afrikaans-vervaardigde produkte, IP. Ek is dankbaar vir die ervaring om in die staalbedryf  te mag werksaam wees.

Meer inligting:

Ek is nou hoof- uitvoerende beampte na 31 jaar in die staalbedryf. Ek is ook die stigter, eienaar en besturende direkteur van Wohler Manufacturing. Ons het ons eie fabriek in Wonderboom-landbouhoewes in Pretoria opgerig, waar ons woon en elke dag werk.

Ons is getrou aan ons roeping wat gebaseer is op uitnemende gehalte deur bevordering en diversifisering, sowel as die voortgesette ingesteldheid van kwaliteit en lae insetkoste vervaardiging deur ons maatskappy se diens. Wohler bied ’n wye verskeidenheid staalprodukte en dienste in die staalbedryf, www.wohler.co.za.

Rene Michelle Scott

Rene is altyd daar om mense in die kantoor te help bo en behalwe haar take wat sy ook nog daagliks moet doen. Sy help ook graag met dinge wat nie eers administratief is nie, soos om die hek uit te sorteer as dit nie wil werk nie Sy doen haar werk en help ook met IT proebleme waar sy kan. Sy rol altyd ‘n klip of twee vir iemand uit die pad en is altyd daar vir ondersteuning. Om ekstra ure in te sit om die werk gedoen te kry doen sy graag al moet sy van die huis sf werk tot middernag. Haar kliente diens is uitstekend en so ook haar werk gehalte uitstekend Van kwetasies, fakture tot die maand einde raporte trek is sy baie puntinerig en sorg altyd dat haar werk van die hoogste kwaliteit is. Sy is altyd daar vir enige iets en staan die Bestuurders by in alles wat hulle verwag gedoen moet word Rene loop altyd die extra myl en verdien om erkenning te kry sy is n staatmaker en wil net mense gelukkig sien en weet dat sy deel gehad het daarin

Bianca Strauss

Bianca is net een van daardie persone wat jou lus maak om ook te werk! Of jy haar nou telefonies kontak met navrae of persoonlik, sy gaan uit haar pad om jou te help! Haar woord kan jy op staat maak en haar lojaliteit is uitsonderlik! Sy het as klerk begin maar gou bewys sy is tot meer instaat. Haar kliente lief haar, haar mede personeel praat met lof van haar en bestuur sien haar as ‘n totale steunpilaar! Haar aanwins tot SALT is onbetaalbaar. Dankie Bianca, ons sien jou en waardeer jou!

Soekie Nieuwoudt

Soekie is my regterhand en my linkerhand in die besigheid. Sy het ‘n bree kennis van die besigheid en ons produkte. Sy kan ‘n klient help al is hulle probleem met ‘n rekening of ‘n spuit of onderdele wil aankoop.

Al maak verkope nie deel uit van haar werk nie is sy tegnies aangelê om te vestaan wat in die fabriek aangaan. Soekie is pligsgetrou en altyd vriendelik. Sy hanteer die grootste en kleinste kliënte met dieselfde respek en professionaliteit. Soekie het oor die jare vir haar bekwaam met Pastel en as sy nie iets op Excel kan doen nie dan kan Excel dit nie doen nie.

Van ‘n spread sheet tot n huisplan maak. Soekie sorg dat daar altyd ‘n rustige atmosfeer by die werk is en as dit druk in n afdeling gaan hou sy die moraal hoog en sorg dat die werk gedoen word. Jy kan vir Soekie in haar aftyd bel en vra waar is iets en sy sal presies vir jou kan sê waar dit geliaseer is. Sy is ook een van min mense wat geduld het om nogsteeds vriendelik te wees as sy 40min aangehou het om n Telkom lyn te stop.

My besigheid se sukses skryf ek toe dat sy in die kantoor is en ek is bevoorreg om n persoon soos sy in my diens te kan hê.

Michelle Buitendag

Michelle doen baie meer as net wat haar portefeulje van haar verwag. Met soveel kalmte help sy so baie frustreerde onderwysers met hulle ding, en dan doen sy dit met ‘n glimlag. Sy dien op die beheerliggam. Gaan naweke saam die toneel weg. Organiseer die kunsmark, sy ken leerders en ouers se name omdat sy vir elkeen omgee.

Sy verseker die profesionele standaard tussen die beheerliggam en skool word gehandhaaf. Sy het selfs die vaardighede om die skool se punte te verwerk en op die sosiale media te beheer. Ek weet van baie mense wat oor dieselfde en nog meer sal getuig!

Minnette du Toit

Minnette is ons skool se steunpilaar. Sy doen alles in haar vermoë om elke leerder, ouer en onderwyser by te staan en te help.

Sy het te doen met die Departement van Onderwys, die skool se beheerliggaam, woedende ouers en huilende kinders, en sy vat als soos dit kom en lewer n positiewe resultaat. Selfs toe ons Hoof oorlede is vroeër die jaar, het sy ten spyte van haar eie hartseer die admin van die skool op datum gehou, en sy doen steeds.

Minnette is voorwaar ‘n kantoorkampioen

Letitia Ellis

Letitia is die spil waarom Rubicon Aftree oord se inwoners en die aktiwiteite draai. Sy hanteer elkeen se navrae, hanteer hul selfoon probleme, stel hulle televisies reg. Sy hanteer hulle kommunikasie asook hanteer die oord se kommunikasie met elkeen.

Sy vul die ontvangs en sitkamers en eetkamer met pragtige blomrangskikkings. Sy omskep die eetsaal in ‘n kerksaal en weer terug. Sy reël weeklikse kerkdienste en bestuur die oord-bestuurder se dagboek . . . Altyd met vriendelikheid

Hannelie van Heerden

Hannelie is altyd bereid om te help. Sy sal haar eie werk los om ons hoof of enige ander personeellid te akkommodeer.  Sy is passievol en altyd reg met iets bemoediging. Hannelie is soos ons skoolmoeder. En haar hart se volume ken nie perke nie. Sy is ons hartklop by laerskool Hendrik Van Der Bijl.

Cherise Rudman

Cherise het as ‘n ontvangsdame begin Commonwealth Trust… Sy is altyd daar vir almal in die kantoor, altyd bereid om te help… Sy gaan altyd ekstra myl om nuwe goed aan te leer en dan werk sy hard om seker te maak dat wat ook sy aanvat ‘n sukses van te maak… is gemotiveerd om beter te doen in haar werk…

Sy het haarself opgewerk in die maatskappy na n hoër pos as administrateur… Sy werk hard om haal doel te bereik en gee altyd om vir haar mede kollegas…

Wanda Marais

Wanda Marais is ons First Lady in organisering in die Parlement. Tydens die inhuldiging en verplasing van jong nuwe Parlementêre lede het Wanda vrou alleen gesien dat elke Parlement Lid en die gesin met die beste moontlike diens gehelp word. Mammas op lughawens met babas was voorsien van melk as vlugte vertraag was, gesinne het huise uit kortte gekry. Dag en nag het ‘n geduldige Wanda elke nuwe uitdaging aangepak met nuwe durf. Deur haar siekte het ons haar nooit maar nooit hoor kla of haar self 1ste geplaas nie.

Haar omgee is nie vir die Sak nie maar vir die SAAK. Mense is haar passie en ons is die gelukkige mense om vir Wanda Marais as ons sin te hê in VF Plus. Wanda is ons Yster Vrou. Lank Lewe Wanda!

Sarita du Plessis

Sarita is ‘n ongelooflike mens. Daar is net geen uitdaging wat vir haar te groot is nie en sy het die vermoë om dinge te laat gebeur sonder dat jy twee keer hoef te vra. Sy vat verantwoordelikheid vir alles wat oor haar pad kom en het is ‘n force in die kantoor. Almal het vir wêreld se respek vir haar.

Sy is ook die oor wat na almal se probleme luister met omgee en passie. Daar is baie min mense wat haar skoene sal kan volstaan!

Leonie Brand

Ek wil graag vir Leonie Brand nomineer. Sy is ongelooflik hardwerkend en altyd bereid om die ekstra myl te gaan. Sy het al baie gevoel sy wil die handdoek in gooi maar gee nooit op nie.

Sy los probleme vinnig op en leer daagliks die dames in die kantoor, sy verduidelik geduldig en mooi vir die jonger dames wat nog leer. Sy doen tans verbande vir 3 verskillende banke. Sy is ‘n mamma van’ n besige 2 jarige seuntjie en vind ‘n balans tussen besige en stresvolle werk en haar gesin. Sy is tans ook besig om vir haar LLB graad te studeer.

Leonie hanteer moeilike kliënte met die nodige proffessionaliteit en is baie rekenaarvaardig. Leonie sorg ook vir bietjie vermaak met haar sprankelende persoonlikheid, altyd aan die sing of grappies maak. Leonie sal hierdie nominasie vreeslik waardeer. Ons kantoor sal nie dieselfde wees sonder haar nie. Leonie is definitief ons kantoor kampioen!

Wendy May Bartlett

Wendy is goeie olie in n ratkas (as jy ‘n moeilike taak het om die wiel aan die rol te hou help sy met ‘n oplossing), sy is ‘n stukkie donker sjokelade wat stadig smelt in jou mond (sy is n mens van haar eie, maar jy besef hoe diep, soet en lekker smaak sy los as jy haar beter leer ken almal tevrede as hulle wegstap met n vol hart, en glimlag en n tevredenheid), sy is deel van die argiewe (daar waar alles begin het, waar alles vandaan kom, en sy het ongelooflik baie kennis wat sy met graagte deel).

Wendy is daai juweel stuk wat jy dra by spesiale geleenthede, eerste koffie in die oggend, mooiste vrou en voorwaar n vriendin wat moeite doen.. Wendy is die definisie van kantoorkampioen.

Gerda du Toit

Gerty is baie getrou aan haar werk, sy wil altyd alles self hanteer om seker te maak die werk word gedoen en is reg gedoen. Sy gaan die ekstra myl om seker te maak als is reg en betyds gedoen. Sy is altyd beskikbaar en bereid om te help met navrae en so vinnig moontlik

Charmaine Esterhuizen

  1. Altyd 20 min voor werksure in kantoor
  2. Kliente wag nooit vir terugvoering
  3. Altyd simpatiek teenoor Kliente
  4. Sal nie die kantoor verlaat voor alles afgehandel is nie
  5. Nooit enige foute op aansoekvorms nie
  6. Kan haar met alles in kantoor vertrou
  7. Goedgesind teenoor mede personeel
  8. Reël funksies op haar eie
  9. Telefoonetiket is 100%
  10. Altyd bereid om te help met sake wat nie kantoor aangeleenthede is nie
  11. Konsultante van ander firmas werk graag met haar … werk is altyd op datum
  12. Slegs een keer in 12 jaar nie by werk nie.. was tov n begrafnis

Charmaine Botha

Charmaine het eers in Februarie 2021 vir my begin as ‘n call centre dame, wat net eenkeer ‘n week moes inkom, sy is van daardie dag nog elke dag daar, sy het my hele kantoor begin run sonder dat ek eers gevra het. Sy is toegewyd, altyd op tyd, niks is ooit vir haar te veel nie!

Charmaine het al baie klippe gekou in haar lewe en ek dink sy verdien dit om bietjie prys te kry! Ek is baie geseënd om haar aan my sy te hê!

Sanet Sokolowski

Sanet het ‘n absolute passie vir ons industrie, en gee elke dag haar 110% in elke aspek van haar possisie. Met ongeveer 14 jaar se ondervinding onder die knie in die Afslaer Industrie, haar besonderse mensekennis, uitspattige persoonlikheid en haar beplanning- en organiseringsvermoë, het Sanet ons “go-to person” geword. Sy is ‘n steunpilaar vir ons maatskappy, en sy word hoogs waardeer.

Elke persoon wie vir Sanet leer ken, leer iemand ken wat opreg is. Sy is ‘n pligsgetroue kantoor bestuurder, en sy doen altyd die regte ding, al is dit soms nie lekker nie. Sanet skroom nie vir laat werk nie, en sy dink altyd flink en vinnig op haar voete, aan oplossings, planne en maniere om elke unieke saak volstoom aan te pak, en die beste moontlike resultate te kry. As iets gedoen moet word, is Sanet alklaar besig daarmee.

Sy wen die respek en vertroue van al haar kollegas en kliente, weens haar vriendelike gesindheid, uithouvermoë en professionaliteit. Sy is ons kantoor se hartklop, sy is volhartik ons Kantoorkampioen.

Charmaine Stone

Mev Charmaine Stone is die Snr Administratiewe beampte sedert 2017 in die Navorsingsfokusarea vir Fisieke Aktiwiteit, Sport en Rekreasie (FASRek), aan die Noordwes Unviersiteit in Potchefstroom. Haar verantwoordelikhede sluit algemene kantoor- en administratiewe bestuur, asook finansiële- en menslike hulpbron administrasie in.

Sy is ook die persoonlike assistant vir die Navorsingsdirekteur. Gedurende die afgelope 3 jaar voltooi sy die basiese en gevorderde kurses in kantooradministrasie en kantoorbestuur. Die groei in Charmaine se vaardighede is merkwaardig en sy gebruik hierdie vaardighede wat sy geleer het op ‘n daagliks basis in haar beroep.

Charmaine se gesindheid spreek van ‘n persoon by wie dienslewering haar hoogste prioriteit is. Geen taak is vir haar onmoontlik nie en sy het altyd kreatiewe oplossings, met ‘n glimlag, vir enige probleme wat ontstaan. Haar vaardigheid wat ek die meeste admireer is haar georganiseerde werkswyse asook die feit dat sy geen doeldatum nog ooit gemis het sedert haar aanstelling nie.

Sy werk daagliks met ‘n diverse en uitgebreide kliënte basis wat strek vanaf nagraadse studente, senior bestuur aan die NWU tot verskeie buitelandse besoekers. Alle take word op die hoogste professionele vlak hanteer en georganiseer. Haar werksetiek is van hoogstaande gehalte en haar akkuraatheid indrukwekkend. Charmaine se professionaliteit is van die hoogste gehalte en haar daaglikse stiptelikheid, asook die wyse waarop sy konfidensiele inligting hanteer, is ‘n stille getuienis daarvan.

Ek en my kollegas nomineer haar met die grootste vrymoedigheid en kan met ‘n oop gemoed getuig, dat Charmaine altyd die ekstra myl loop.

Leandre Brown

HIERDIE dame is ons administrasie kampioen, daar is min wat sy nie kan doen nie, bestuur grooteliks ons hele skool se administrasie en speel sekretaresse vir die meerderheid van die Skool se Bestuurspan.

Sy gaan uit haar pad om almal te help waar sy kan. En as sy nie weet nie vind sy uit. Sy hanteer moeilike ouers en kinders en sommer moeilike onderwysers ook. Jy kan haar afwesigheid aan voel by die skool. Want niks loop reg as sy nie daar is nie en niemand weet waar is wat nie.

Jy kry min van haar soort. Reël die beste verjaarsdag verrassings en ander net om jou dag op te helder. Sy is net WOW en ons kan nie sonder haar klaar kom nie. Haar werk is altyd op datum en van top gehalte.

Schantell de Witt

250 woorde is te min om hierdie merkwaardige vrou te beskryf. Waar sy die krag vandaan kry om haar take met soveel geduld en liefde elke dag aan te pak verbaas my.

Haar fisiese gebrek hou haar nooit terug nie en sy kla nooit nie, al is sy in fisiese pyn. Ons sal al by die huis wees dan is hierdie vrou en ma nog steeds by die werk. Sy het altyd tyd vir raad en advies en versprei liefde en sonskyn waar sy ookal gaan.

Ek admireer nie net hierdie merkwaardige vrou se werk etiek nie maar ek put soveel krag uit haar sterk geloof en haar onbeskaamtelike liefde vir die Here.

Alida van Rooyen

Alida neem eienaarskap van enige situasie. Sy was aanvanklik aangestel as n Administratiewe Beampte, maar het self 10 keer meer gedoen as wat van haar verwag word.

Sy reël n hele kongres op haar eie, sy het n vakvereniging waarvoor sy self haar opleiding reël en lede mobiliseer, afgesien van haar daaglikse take. Sy is n voorbeeld vir enige iemand in die kantoor, sy kla nooit en neem eienaarskap, en kry eenvoudig ‘n ding gedoen.

Die SOS sal nie wees waar ons is, as dit nie vir Alida is nie. 1000 maal dankie vir jou!!!

Charlene Van Slingeland

Niks is ooit te veel moeite vir Charlene nie. Altyd bereid om in te spring en te help as daar op haar knoppie gedruk word! Sy spandeer tyd – ver bo wat sy voor betaal word! Absoluut alles kom uit haar hart uit!

Haar gesindheid en geaardheid is altyd onberispelik, en werk met groot gemak asook klas met alle mense wat haar pad kruis. Sy verwelkom enige uitdaging met passie en slaan by wyse van woord hand aan die ploeg op ‘n besondere wyse! Sy is net die pragtigste sprankel in ons ‘elke’ dag. Die grootste geskenk in ons kantoor.

Soveel so dat meeste van ons verlore sou raak sonder haar. Daar is ook ‘n konstante vloei van nuwe gemeente lede en sy hanteer oud en nuut met baie grasie! Haar waarde kan nie gemeet word nie, en haar kundigheid nog meer, sy het voorwaar ‘n leergierige gees en verstaan geensins die konsep van slap lê nie!

Die rede hoekom ons haar inskrywe, is vanweë ons van mening is dat daar baie min mense is wat hul skoene agter haar sal kan aangooi! ONVERVANGBAAR en voorwaar ‘n kantoor KAMPIOEN!

Natasha Lourens

Natasha is die meens onhafhanklik vrou is haar beroep. Sy is die Administratiewe Bestuurder op die ouderdom van 29. Sy is ‘n talentvolle enkel moeder en lewe elke dag vol uit. Sy geniet haar stokperdjies en familie tyd. Sy het baie drome en hoop om hulle n realiteit binnekort te maak. Sy het n Graad in Besigheid Studies en kort kurses sertifikaate wat sy oor die jare gedoen het want sy glo kennis is die sleutel vir sukses.

Sy is doeltreffend, produktief, hardwerkend en ywerig is maar net ‘n Paar woorde om haar op te som. Sy gee aandag aan detail en dit is een van haar sterk punte. Haar kantoor maatjies noem haar fifi oor haar sterk persoonlikheid maar sagte hartjie. Sy kan in enige omgewing aan pas. Sy floreer om sukses te bereik in die lewe.

Natasha kom van n agtergrond waar sy op die ouderdom van 21 haar eie model skool besigheid oop gemaak het en bestuur het vir 7 jaar terwyl sy voltyds gewerk het. Sy was Mej. KwaZulu Natal in 2013. Sy het vir 7 jaar gemeeskap projekte gedoen, en terug gegee aan haar Gemeeskap. Natasha is n oopkop, haar vriende, familie en werk kollegas kan 100% saam stem dat Natasha het ‘n Wil van haar eie. Haar rol model is haar ouma, want ouma het altyd gesê waar daar Wil is is daar ‘n weg.

Die wood ek kan nie bestaan nie in Natasha se woorde boek nie. Wyse woorde waar by Natasha leef. Die lewe is ‘n Reenboog, Natasha is op soek na haar pot goud.

Natasja Smit

Natasja het geen rekenkundige agtergrond gehad toe sy by Uys&Kie begin werk het nie. Sy het elke dag voluit aangepak en na 4jaar is sy ‘n senior rekenmeester by die firma. Sy het haar Quickbooks eksamen geslaag net toe lockdown begin het.

Die kliente hou baie van haar aangesien sy tegniese aspekte in ‘n verstaanbare manier aan hulle kan verduidelik. Alhoewel haar dae vol en baie besig is, het sy altyd tyd vir ‘n grappie. Sy is ook ‘n ma vir 2 seuns, Jacques (18) en Kyle (8) en vrou vir haar man, Morne. Hulle is ook al 18 jaar getroud. Jacques het ADHD en Kyle is outisties, maar hulle is verseker 2 seuns om op trots te wees.

So ten spyte van haar omstandighede en agtergrond, styg sy ver bo dit uit en beskik sy oor vaardighede wat baie rekenmeesters met dieselfdr ondervinding nog nie het nie. Ek beveel haar trots aan vir Kantoorkampioen vir 2021. En elke jaar daarna.

Lize Kemp

Lize is altyd vriendelik en tegemoetkomend. Sy doen meer as haar deel sonder om te kla vir ‘n baie klein salaris. Sy is altyd daar om jou te help en is baie verantwoordelik. Sy behartig ‘n geweldige groot lading werk, maar skroom nie om nog meer werk te aanvaar nie.

Sy is selfstandig en onafhanklik en uiters betroubaar. Sy is altyd op haar pos en gewillig om iemand wat hulp nodig het te help. Sy doen meer as haar deel en is selfs bereid om na ure te werk teen geen ekstra betaling indien die situasie dit noodsaak. Sy is nooit afwesig nie en glimlag altyd as sy jou help.

Sy is ‘n ware ambasadeur vir ons skool. Sy is al jare by die skool werksaam en ken alles rondom die skool se funksionering soos die palm van haar hand. Sy is hierdie toekenning deur en deur waardig.

Ilze Denicker

Ilze het ‘n paar jaar terug by my begin werk. Sy het onmiddellik ingeskakel en deel geword van ons span.

Sy het glad nie ‘n baie goeie lekker lewe gehad nie. Moeilik groot geword en gaan deur moeilike tye so nou en dan. Sy het die vermoë om net alles wat te doen het met administrasie en kantoorwerk perfek te doen. Sy is ongelooflik deeglik met haar werk. Haar gesindheid teenoor die werk is baie goed. Sy werk onder baie druk. Ons werk met verskillende myngroepe en laat ek jou sê haar werk is tops, van ‘n safety file tot die laaste werkskaart.

Sy weet ten alle tye wat aangaan om haar. Sy is produktief en ‘n uitblinker. Haar werk is absoluut haar 1ste prioriteit. Sy dra die belange van die besigheid op haar hart. Ek sal dit hardop ook sê, my besigheid sal ‘n dip vang sonder haar. Sy is ‘n absolute yster.

Claudine Boshoff

Claudine Marais Boshoff is ‘n formidabele dame wat altyd regstaan met hulp en weet wat om te doen. Haar glimlag het my nog met elke ontmoeting begroet.

‘n Lieflik spontane omgee mens. Sy is voorwaar ‘n getroue steunpilaar. Sy gooi haar volle gewig in om elke funksie ‘n reuse sukses te maak. Professioneel en presies in elke taak wat sy aanpak. Sy gebruik haar vindingrykheid om elke struikelblok te oorbrug. Baie dankie Claudine. Jou passie gaan nie ongemerk verby nie.

Yolandi Swanepoel

Yolandi is baie pligsgetrou en het ‘n groot passie vir haar werk, tydens en na werksure. Sy stel altyd ander voor haarself en is baie vriendelik en behulpsaam. Sy laat haar kantoor vlot verloop ten alle tye. Sy is n regte staatmaker

Shireen Noble

Shireen is ‘n absolute kantoorkampioen- binne en buite haar normale, daaglikse werk, wat grotendeels die administrasie van ons skool van bykans 1500 leerders, behartig. Voorts dien sy al vir baie jare as Tesourier op die SBL, is ‘n voorvatter in die inisieering en deurvoer van vele projekte om Pacaltsdorp Primêre Skool een van die doelgerigste, mees uistaande skole in ‘n voormalig benadeelde omgewing, met ‘n strewe na UITNEMENDHEID, te help lei.

Voorts dien sy op vele besture op sportgebied- o,a. President van SWD Vrouekrieket en SWD Atletiek. Sy is ook betrokke by mini-krieket by die skool. Die grootste eer het haar tans te beurt geval toe sy op 8 Mei vanjaar as Vise-President van ASA(Atletiek Suid-Afrika) verkies is. Daar is nog vele meer te sê oor hierdie absoluut fenomenale vrou en kollega.

Liza Strydom

Liza is al baie jare werksaam by Hoërskool Pretoria-Noord en hanteer alle debiteure funksies, o.a. skoolfonds. Alhoewel Liza die skoolfonds hanteer kan jy enige tyd met ‘n rekenaar of drukker probleem na haar toe gaan en sy sorteer dit sommer gou-gou uit!

Met haar professionele hantering van alle rekeninge is haar kantoor uiters suksesvol. Liza is baie bekwaam in haar werk. ‘She calls a spade a spade’, maar onder al daardie bravade is ‘n klein hartjie van goud

Christina Botha

Christina is ongelooflik pligsgetrou, stiptelik en hou daarvan om ekstra takies by haar werkslas te doen. Sy hou daarvan om mense om haar gelukkig te maak en te sien. Baie gelykmatige persoonlikheid. Sy kom met elke mens op haar pad en in die besigheid goed oor die weg.

Ilse Rheeders

Sy is ‘n mense mens sal altyd uit haar pad gaan om almal te help sy is ons ou moeder hen van die maatskappy of dit nou ‘n moeilike klient is iemand wat dalk nie lekker voel jy kan altyd staatmaak op Ilse, sy werk lang ure en is op dit jy kan haar enige iets vra en sy weet persies waar wat is wat jy nodig het en sy gee altyd die beste raad.

sy is sowaar ‘n mentor vir almal en sal nog ver kom in haar beroep haar gemeendskap wat sy ook na uitryk die arm ou op straat en selfs die kinders is haar hart se punt omdat sy nie self kan hê nie spoil sy hulle altyd hulle noem haar Tannie sweets by werk ook sal altyd ons bederf so onverwags sjoe daar is boek dele wat ek skryf oor die insperende vrou maar vir nou is dit in julle hande om te besluit

Cisca Parow

Cisca always goes over and above what is asked and expected. She always greets you with the warmest smile.

Wilna Stander

Wilna is puik in haar vernuf om klasse vol te bespreek, Haar toevoeging teenoor bemarking, kommunikasie, kliente besprekings, en nog miljoene goed per dag maak die besigheid ‘n reuse sukses! Enige iemand is nie net vervangbaar nie!!!

Monica Engelbrecht

Monica het onlangs by ons begin, maar sy het haarself dadelik bewys as ‘n raakvatter en baie maklik ingeskakel by ons! Sy hanteer die administrasie en krediteure van veelsydige en uiteenlopende besighede wat 4 Apteke, restaurant, antieke winkel, boetiek, boekwinkel, kunsgalery, 2e handse winkel en 2 kommersiële eiendomme met 16 persele wat uit gehuur word, insluit.

Verder doen sy persoonlike admin funksies vir my en my gesin en help ook met verkope en voorraad in die apteke en ander besigheids eenhede waar nodig. Sy het dadelik die stoor van dokumente en haar werk spasie uitsorteer en ordelik gekry. Sy is die skakel wat personeel besonderhede by hou en berei die inligting voor vir my boekhouer vir salarisse en my ouditeur vir finansiële state.

Sy is baie netjies en ordelik, profesioneel en kan onder druk funksioneer, voer opdragte uit, bereik afsnytye – al beteken dit extra ure, sy is kundig met Excel waarop ons stelsels gebaseer is, is gretig om te leer en haar persoonlikheid is van so aard dat sy met almal oor die weg kom en maw vinnig resultate kry! Sy kan teregwysing hanteer en sien dit as ‘n geleentheid om te groei. Ek is dankbaar ons het mekaar ontdek. Ek nomineer haar graag, MAAR moet haar nie steel nie, asseblief!!

Liezel Lotriet

Liezel is voorwaar die gesig van ons skool. Sy hanteer alle sake rakende ouers en sommer nog baie meer. Met haar sagte, liefdevolle gesindheid maar tog ook ferm, loop sy regtig die extra myl vir elke ouer, kind en verseker vir ons skool.

Liezel huil gou saam ‘n ouer wat inkom oor ‘n krisus met ‘n kind wat sukkel met skoolwerk of selfs as dit ‘n finansiële krisis is, maar dadelik beraam sy planne om ‘n ouer te gemoed te kom weens Covid of leer probleme. Liezel hou toesig oor die skool se finansies en dat die geld ingevorder moet word deur ons Krediteur dames en dan natuurlik sien sy ook ouers wat moeilik is.

Sy hou ook toesig oor ons skool se kleuterskool waar ons 150 kinders het en 12 personeel. Daar moet sy gereeld krisisse uitsorteer, hetsy ouers, kinders, personeel of selfs die brood trok wat nie opgedaag het nie. Liezel doen ook al die bestellings en aankope van ons laerskool se skryfbehoeftes, gas, brandstof, kos en selfs tot koek wanneer elke personeel lid van ons verjaar.

Sy is die een wat laaste loop elke dag, sy maak dubbel seker dat die skool se katte kos het, dat die skilpaaie warm is vir die winter en dat die alarms geaktiveer is. Elke skoolvakansie is sy die een wat werk en toesien dat al die fotostate vir die nuwe kwartaal gedoen is en boeke reg is wanneer die personeel weer begin werk.

Sy is verseker die mees gewildste personeellid in die skool. Sy is ook die skouer waarop almal gaan huil en plak pleisters op jonk en oud. Geen taak is vir haar moeite nie en geen uitdaging vir haar te groot en onuitvoerbaar nie. Haar lojaliteit ken geen perke nie en haar hart het geen deure nie. Wit, swart of bruin het by haar geen kleur nie, sy kyk diep in almal se hart en of dit ‘n baba of Gr 7 student is maak nie saak. As ‘n student sy kosbakkie by die huis vergeet het word daar gou ‘n plan gemaak.

Vir elke Koshuiskind kom sy op soos ‘n ma en huil en troos gou as moeders of kinders verlang. Niks is vir haar te veel, te laat of te groot nie. Sy pak als aan met soveel liefde maar verseker met die grootste lojaliteit en respek vir haar medemens. Haar Christenskap skyn soos die son op ‘n natgereënde pad, almal ruik dit, proe dit en beleef dit. Sonder haar sal ons skool nooit wees wat dit is nie.

En hiermee nomineer ons as skool, Liezel Lotriet verseker as die Kantoorkampioen 2021.

Heidi Taljaard

Heidie Delport is ‘n passievolle sekretaris. Sy is altyd beskikbaar en gaan so uit haar pad in elke klein aspek van haar werk. Sy gee ‘n positiewe energie en leen ‘n helpende hand oral waar sy kan.

Sy maak die skool volmaak en is fliks en so kreatief, veral met funksies. Sy is die gom van daai skool. Sy is net ‘n plesier van ‘n mens.

Frances van Biljon

Hierdie kantoorkampioen is ‘n uitsonderlike vrou. Sy het haar werk in Covid (2019) verloor waarby sy maande lank gespartel het om weer werk te kry.

Sy het nog nooit ervaring rerig gehad om in ‘n kantoor te werk nie, want sy het nog altyd net met kinders gewerk en het by ‘n kleuterskool gewerk, maar nou in 2021 sit sy in ‘n pandemie, in ‘n vierkantige kantoor met ‘n glas mure by ‘n verhurings agentskap en sy laat die koppe draai met haar goeie menseverhouding en vriendelikheid.

Sy is nie ‘n kantoor Kampioen nie maar ‘n kantoor super woman.

Trynie Oosthuizen

Trynie kan berge versit sonder om ‘n oog te knip of paniekerig te raak! Sy is voorwaar ‘n wonderwerker en dit is amper onmoontlik om alles wat sy in ‘n dag doen, n naam te gee, want sy doen ALLES wat SY moet doen en ALLES wat ander mense nie kan doen nie!!!

Sy is altyd positief oor haar werk en het altyd tyd vir haar kollegas, maak nie saak hoe besig of onder druk sy is nie!

Elsabe Joubert

Woorde is te min om vir hierdie vrou dankie te kan sê vir wat sy elke dag doen. Niks is ooit the veel moeite nie. Sy het emmers vol geduld en glimlag altyd. Haar persoonlikheid bring sonskyn in die kantoor en sy is geliefd onder haar mede personeel en kliente. Die ekstra myl is nooit vir haar te ver nie. Ek sal graag vir hierdie finominale vrou wil dankie sê deur haar te nomineer as Kantoorkampioen.

Mariette Fisher

Sy bestuur haar werkgewer se hele lewe omtrent, sy bestuur sy dagboek, sy verskillende eiendomme, sy maak selfs die famile se dokters afsprake. Sy doen ook al die tikwerk, liasseer werk en bestuur die maatskappy se betaalstelsel. Boonop sorg sy dat daar altyd vars koekies en tee is en sien toe dat die baas middagete eet. Sy werk soms tot laat in die nag. Maar sy doen alles met uiterste liefde.

Maritza van der Watt

Sy is altyd behulpsaam om enige iemand te help al is dit nie werksverband nie haar kantoor is altyd skoon en als op hul plek sy hou die personeel gemotiveerd sy is altyd gewillig om iets fun saam ons te doen al sukkel sy maar sy doen

Juliana Brits

Julie of soos baie van ons haar ken, tannie Julie werk al 26 jaar by Hendrik van der Bijl laerskool. Sy is die hartklop van ons kantoor. As sy nie daar is nie verloop goed net nie soos dit moet nie. Sy is altyd bereid om te help. Nog nooit het ek in die kantoor gekom wat sy sê sy kan nie help nie. Sy gaan uit haar pad vir ons personeel. Sy was vir 24 jaar op ons beheerliggaam. Sy is ook in beheer van die landsdiens en dien ook al 25 jaar by hulle.

Sy is verantwoordelik vir die bestel van ons voorraad elke jaar en dis n kolossale taak, maar sy doen dit met n glimlag op haar gesig. As kinders siek is stuur ons hulle vir haar. Dan help sy hulle met liefde en empatie. Sonder haar sal daar n groot leemte wees. Ek weet nie wie in haar skoene sal kan staan nie, want dis n unieke paar.

Esmaralda Benade

Esmaralda het ‘n passie vir haar werk. Sy is ‘n inspirasie vir haar kollegas met haar insig. Sy is baie hardwerkend, pligsgetrou en eerlik. Sy word altyd eerste in aanmerking geneem vir bevordering. Sy is intelligent en ‘n aanwins vir enige maatskappy. Sy sien kans vir enige uitdaging wat na haar toe kom, doen selfs ander se werk en het’ n visie soos min wat haar werk as analis aanbetref. Ek dink sy verdien dit om as kampioen gekroon te word.

Caroline van Loggerenberg

Caroline het die vermoë om met skerp humor ‘n ernstige situasie te ontlont maar ook ‘n sagte hart wat met meelewendheid kan luister na jou probleem en wat sal help om ‘n oplossing te vind.

Sy sal altyd haar werk opsy skuif om iemand anders behulpsaam te wees tot haar eie nadeel, want dan moet sy soveel later werk! Sy het ook nooit ‘n slegte woord te sê oor iemand anders nie. Ek bewonder haar vir haar deursettingsvermoe, geduld, empatie, harde werk, ondersteuning en positiewe ingesteldheid!

Dit is ‘n absolute fees en vooreg om saam met haar te kan werk!

Tanya Schoultz

Sy werk hard en is bereid om die ekstra myl te loop vir haar werk. Sy doen haar bes in alles wat sy doen.

Riana Steenkamp

Riana is ‘n dinamiese, hardwerkende, lojale mens mens. Sy is aangestel as ontvangsdame en administratiewe klerk. Riana se persoonlikheid om mense te ontvang en om hul met hul probleme te help is op ‘n besonderse hoë vlak. Sy probeer altyd om so vriendlik en behulpsaam as moontlik te wees.

Ons ontvang gereeld en sy kry ook gereeld komplimente van haar goeie en behulpsame wyse hoe sy met mense werk. Haar werk as administrateur toon van uitstekende gehalte. Sy hanteer al die nuwe innames. Die minimum foute word gemaak en sy was al meer as een keer gekomplimenteer vir uitstekende werk. Sy doen haar werk korrek en neem sonder enige klagtes werk huistoe om te verseker dat die sisteeem vlot en korrek verloop.

Riana is ook instaat om meeste van al die administratiewe werk in die kantore te doen. Sy het ook die inisiatief op haarself geneem om die bloedbank vir ons te hardloop. Die proses word van so aard gehardloop dat die skool nie onderbreek word nie. Sy is ‘n passievolle mens en gee baie vir haar medemens veral leerders om.

Agv hierdie positiewe houding is sy ‘n groot aanwins vir ons skool en werklik iemand waarmee ons sal sukkel om mee klaar te kom.

Juanita Jacobs

Juanita is my…. en my kliente se persoonlike assistent…. niks is vir haar ooit te veel moeite…. Sy werk daagliks…en saans… en baie keer naweke… selfs Sondae onverpoos om mediesefondslede te assisteer om “verlore” chroniese medisyne op te spoor… dringende goedkeurings (soms lê lede al voor die teaterdeur) te kry en amper onmoontlike eise goedegekeur te kry by fondse.

Sy’t al dikwels langs ‘n doodsbed gesit om n lid te ondersteun en sit soms ure op die foon om sommer net na die oumensies se klagtes, skete en kwale te luister. Sy gee NOOIT op nie… huil soms….. drink n koppie koffie…lig haar kop en gaan aan… te midde van dikwels onredelike en dikwels onmoontlike lede “kap” sy net aan…. sy help dikwels ander adviseurs en makelaars… sonder vergoeding of dat dit van haar verwag word… en… sy hou uit met my…. daar net EEN soos sy…

Tersia Pretorius

Tersia is known as Big T, but no ordinary cup of tea!. She lives the values of our company and are a true and professional representative of our Company and our Brand.

For the last 5 years she is specializing in mentoring, coaching and uplifting the office professional profession. Her attributes to our company is that she is a loyal and trustworthy person with high morals and standards. She resonates with the Company’s Objectives by being Responsible, Open and Connected, Adaptable, taking Ownership and believe in Diversity.

She is a true leader in the office professional field and deserve to be recognized. Big T, I salute you!

Emma Rossouw

Emma Rossouw is n Branch Admin Officer wat altyd in diens staan, en met volle ywer en moed haar pligte nakom. Sy is wel bekend in ons Dr’s spreekkamers as die dame om mee te gesels vir enige navraag hoegenaamd. Sy werk akkuraat, volledig en bitter vinnig. Sy staan maar altyd in as iemand afwesig is en of siek is. ‘n Regte staatmaker en yster in ons werksplek

Bonita Smit

Bonita is ‘n dame wat jy elke dag deur ‘n ring kan trek. Sy trek professioneel aan en tree ook waardig op. Sy is altyd goed versorg! Sy is altyd baie vriendelik met die personeel en ook met die skool en leerders. Haar hantering van persone wat telefonies met die skool skakel, is uiters professioneel en fantasies!

Geen werk is te veel of te moeilik vir haar nie. Bonita is altyd bereid om die ekstra myl te loop. Sy sal nie aan die einde van haar kantoordag die kantoor verlaat voordat opdragte afgehandel is nie! Sy is altyd bereid om ekstra ure, of selfs op n Saterdag in te gaan skoolkantoor toe om hulp aan ons onderwysers te verleen.

Sy is bekwame persoon met die bemarking van ons skool. Wanneer funksies of fondsinsamelingsprojekte geloods word is sy die “ysterhand” daar agter! Koster Skool Gekombineerd se trots! Ek nomineer haar met n oop gemoed!

Tania de Reuck

Ek Rosa Brindle nomineer my dogter vir die volgende redes.

  1. Haar absolute lojaliteit.
  2. Hardwerkend.
  3. Deursettings vermoë, gedurende baie druk, en pynlike en hartseer situasies.
  4. Algemene kantoorpligte, plus hospitaal rondtes saam met Dr.
  5. Wond versorging plus Esofageale druk toetse en Ph manometrie studies.
  6. Reël en bespreek van teater gevalle / narkotiseer plus assistent.
  7. Tik en deurgee van teater lyste.

Te veel om op te noem vir een persoon om te behartig. En dan om altyd vriendelik te wees met emosionele ondersteuning van kanker en baie siek pasiente. Dit is wat Tania vir my Baie, baie spesiaal maak om te sien waarmee sy elke dag te doen kry!

Rentie Le Grange

Rentie is die hartklop van Dr. JL Garcia se mediese praktyk. Haar liefde vir die lewe en mense is duidelik sigbaar in hoe sy elke dag aanpak. Daar is niks wat sy nie kan doen of nie sal probeer aanpak nie. Van ontvangsdame tot praktyk bestuurder tot mediese assistent en selfs persoonlike assistent. Haar pos behels ALLES en sy pak elke uitdaging met vreugde en positiwiteit aan! Selfs deur die lang en stresvolle ure en risiko van die pandemie kon niks haar terughou en haar lig demp nie. Haar betroubaarheid gee so baie mense moed in hierdie onsekere tyd. Sy is waarlik ‘n inspirasie en ‘n Engel van bo!

Maricia Marsburg

Ek nomineer vir Maricia Marsburg sy is ‘n pligsgetroue werker wat altyd net haar beste gee en uit haar pad uit sal gaan vir ander en is baie lojaal teenoor haar werk en sal sonder enige moeite laat werk as dit moet en sy maak altyd seker haar werk is op datum en sy sy hanteer al haar kliente met respek. En sy is ‘n staatmaker en aanwins vir die maatskappy.

Jo-Lien Opperman

Jo-Lien is ‘n baie hardwerkende jong dame. Sy is altyd gretig om te help al is sy self toe gegooi onder haar eie werk. Sy sit altyd ander se belange voor haar eie. Sy aanvaar alle take wat vir haar gegee word sonder enige probleme. Al is sy jonger as ek, kyk ek op na haar. Maak nie saak in watter omstandighede sy is nie, haar werk kom altyd eerste. Haar fokus is ook konstant op haar werk. Sy maak ook altyd seker dat niemand met ‘n hartseer of kwaad gevoel loop nie, maak altyd seker almal is gelukkig om haar. Sy is defnitief ‘n kantoorkampioen!!

Ronel Dreyer

Ek dink Ronel eet reenboë vir onbyt want dit is beslis wat sy uitstraal. Sy het altyd tyd om van hulp te wees en sy is baie professioneel. Sy kan altyd deur ‘n ring getrek word en haar werk en voorkoms is ongelooflik! Sy doen daagliks die afsluiting aan die einde van die dag oor die interkom en is altyd gereed met ‘n positiewe gedagte en selfs ‘n grappie op die regte tyd voor ‘n gebed. Sy is beslis ‘n voorloper in ons Administratiewe blok en by hierdie voorloper Blouskool.

Celeste Walters

Goeie more Ek nomineer vir Celeste Walters. Sy is altyd bereid om almal te help en doen haar werk met ywer en maak altyd seker dat alles op datum is voor sy die kantoor verlaat.

Sy sal ook uit haar pad gaan om iets ekstra te doen. Sy toon baie respek en kom baie goed oor die weg met kliënte en mede werkers. Sy is n aanwins vir die maatskappy.

Samantha Marais

Ons kan nie sonder haar klaar kom nie! Sy is n raak-vat, onderskep-alles-wat-op-die-vloer-kan-val regter hand. Sy sien alles, ken almal, help almal en gee om.

Sy doen haar werk met n glimlag en almal wat met haar te doen het kry sommer vanself n glimlag om die mond.

Arina Jooste

Arina Jooste is die Uitvoerende Beampte van die Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys (TOIBO). Sy beklee die pos die afgelope 17 jaar. Met haar dinamiese benadering en toewyding is TOIBO uitgebou tot ‘n toonaangewende organisasie vir vyf skole met leerders met spesiale onderwysbehoeftes.

Sy kon met tyd die fondswerwing uitbrei na die privaatsektor wat nou net soveel bydrae as die drie susterskerke, wat die stigterlede is. Sy kon ook regdeur die COVID pandemie verseker dat die toekenning aan die skole konstant bly. Haar positiewe gesindheid en leefwyse kon nie net deurgaans die borge positief beinvloed nie, maar ook die hoofde en onderwysers by die skole. Sy verseker dat TOIBO gefokus bly op die visie en missie en sodoende die hoofklient, naamlik die behoeftige gestremde kind die voordeel toekom.

In die proses bestuur sy verhoudings met ‘n redelike komplekse belanghebbergroep wat insluit kerkleiers, onderwysleiers, donateurs (indiwidue, maatskappye en trusts asook organisasies soos Solidariteit Helpende Hand) en ad hoc rolspelers soos die Gauteng Departement van Onderwys, ouditeurs en die media. Sy skik haar na omstandighede en kommunikeer te alle tye skriftelik en mondeling professioneel. So verseker sy hoë gehalte voorleggings, notules en ‘n besondere jaarverslag.

Haar administratiewe-, kommunikasie- en bestuursvaardighede verseker dat TOIBO se reputasie puik is en gestaaf word met ‘n gunstige ouditverslag die afgelope 22 jaar. Arina word waardeer as ‘n selfgemotiveerde werknemer wat sonder waarlike toesig, met ‘n konstante en blymoedige poging, sorg dat ‘n kantoor, bates, administrasie, finansies, fondsinsameling en skakeling puik bestuur word.

Melanie le Roux

Melanie is nie net ‘n kollega nie, maar sy voel soos ‘n ma, ouer suster en vriendin. Sy is nie bang om te werk nie en mens hoor haar nooit kla oor die BAIE werk wat ons almal altyd vir haar maak nie. Sy is altyd ywerig om te help, al word dit nie van haar pos verwag nie.

Dit is altyd lekker om in die kantoor in te stap, want jy weet haar borrelende persoonlikheid en lekker lag is genoeg om jou dag op te kikker. Haar professionaliteit spreek boekdele van haar en ouers van leelinge by die skool het net mooi dinge van haar te sê.

Ek sê nog die heeltyd dat sy ‘n prys verdien vir dit wat sy alles doen, en nou hier is haar kans.

Leana van Wyk

Sy het uitstekende sakevernuf en verskillende oordraagbare vaardighede.Ons het deur die jare verskeie projekte saam gedoen, waartydens sy uitstekende administratiewe, toesighoudende en koördinerende vaardighede gehad het.

Leana is doeltreffend en uiters bekwaam. Kliente wat met haar te doen kry is tevrede en beveel haar diens gereeld aan ander. Sy voltooi take suksesvol voor die sperdatum. Sy is baie georganiseerd en gedrewe.Leana het ook ‘n uitstekende verhouding met mense van alle ouderdomme. Haar uitstekende kommunikasievaardighede (beide skriftelik en mondelings) stel haar in staat om met allerhande mense in verbinding te tree en hulle te inspireer om hul beste te lewer.

Ek beveel Leana sterk aan vir hierdie prestasie toekenning. Sy het haarself opgewerk van ‘n polisie beampte af na die administratiewe heldin wat sy vandag is.

Estelle Myburgh

Estelle werk vir ‘n veearts in Port Elizabeth. Sy doen meer as net haar werk sy gaan uit haar pad uit om iemand te help. Toe ons Husky verlede jaar ‘n dringende operasie moes ondergaan was sy die heeltyd daar vir haar. Sy het Libby (ons husky)by haar in haar kantoor gehou omdat Libby nie van n geraas hou net. Estelle het gesorg dat sy weer begin eet het soggens 6 uur ingegaan om seker te maak alles is reg.

Ons Libby het by haar voete gelê totdat sy rustig was en weer begin eet het. Dit is nie Estelle se werk nie sy doen die administratiwe werk en rekeninge maar sy het dit gedoen omdat sy lief is vir diere en vir haar werk. Ek nomineer haar omdat sy baie meer doen as wat haar kantoor pligte is. Baie dankie

Chantelle Minnaar

Chantelle is konsultant vir rooibostee.Sy is die beste in haar werk.Sy het goeie menseverhouding.Klientediens is sy baie goed in en kan baie goed met mense werk.

Haar werk is altyd op datum.Sy is netjies op haarself.Sy Kom goed oor die weg met ander konsultante.

Theresa de Wet

Theresa is die skool se ontvangsdame wat uiters professionele is. Sy hou baie streng by alle reëls en niemand kan haar ompraat nie. Sy stap die ekstra myl deur altyd eerste van almal by die skool te wees en nooit haar pos te verlaat vir enige funksie in skooltyd nie.

Sy het altyd ‘n grappie/trooswoord/aanmoediging reg vir enige personeellid en die geskenkie wag vir jou as jy verjaar. Theresa is werklik almal se toevlug en ondersteuning.

Rozanne Warne

Rozanne is ‘n energieke jong dame vol passie en baie lojaal veral teenoor haar werk. Sy gee haar uiterse bes en loop altyd die ekstra myl om haar beroep sukses te maak.

Sy is vol planne vir die toekoms en gereed om die wereld aan te pak. Sy is altyd professioneel en stiptelik en sit altyd haar beste voet voor.

Karen Biewenga

Karen het as blote ontvangsdame by ons Kliniek begin werk en toe die hoof admin pos skielik vakant geword het het sy haar werklike vaardigheid bewys. Karen is die rots wat sorg dat alles in die praktyk seepglad verloop. Sy is die persoon wat jy kontak as die rekenaar nie wil doen wat jy wil hy moet doen.

Sy is die persoon wat sorg dat jy ‘n voertuig… en’ n kosgeldjie het as jy na vergaderings moet gaan. Karen stap die ekstra myl elke dag. Sy hou almal op tyd… En dit vat skill met ons bestuurder . Maar Karen is ook die persoon wat sal sien dat jy ‘n af dag het en bietjie gesels nodig het of net bietjie omgee. Ons praktyk het nog nooit so goed gefunksioneer soos nou nie. As jy haar iets vra om te doen gebeur dit dadelik. Alhoewel sy baie georganiseerd is het sy lewens ervaring wat haar met omgee en deernis na haar kolegas en die pasiënte laat kyk.

Sy het ‘n passie vir haar werk. Wat Karen so uniek maak is dat sy soveel gegroei het. Karen het nie noodwendig die papier kwalifikasies nie, maar sy het haarself opgewerk en skill getoon. Ek kan ons praktyk nie sonder haar voorstel!

Esmarie Geel Botha

Esmarie is n ware staatmaker. Haar dienste aan haar kliente is uitstekend. Sy het haar honeursgraad met lof geslaag, terwyl sy voltyd gewerk het. Sy is n jong mamma, eggenoot en behartig haar huishouding met n glimlag. Sy maak tyd om kollegas in moeilike situasies uit te help, selfs al is sy ook onder druk.

Grappies is altyd daar om enige mens se bui op te helder. Sy is eenvoudig ‘n kosbare en dierbare mens wie baie vir haar medemens wil doen.

Estelle Laubser

Tannie Estelle is die ontvangsdame by Laerskool Helderkruin. Sy is die mamma figuur vir die gr 1. Sy is die steunpilaar vir die ouer kinders. Daar is geen probleem te groot vir haar nie. Sy het my as ‘n mamma van die skool al vele Male gehelp.

My kind het in graad 1 nie by die naskool bussie op tyd opgedaag nie en Tannie Estelle het my kind by die kantoor gekry en my laat weet sy is veilig. In gr 2 het my kind haar ken oopgeval en Tannie Estelle het die wonder met liefde verbind en trane afgevee. Sy volg op as my kind nie dag by die skool is nie wil net hoor of alles ok is. Sy is die hart van die skool.

Chantel Janse van Rensburg

Wanneer ‘n week te lank voel, probleme soos berge op jou skouers rus of selfs as jy handjie nodig het, is Chantel die een om te vra. Chantel is ‘n jong dame wat voltyds studeer vir onderwys en voltyds werk by TDMI Training.

Haar verantwoordelikheid is om die studente te help met finale assesserings en die registrasies by die Departement van Arbeid af te handel. Alhoewel haar vurk vol is met baie studies en werk, is sy altyd op haar pos, werk altyd op datum en sy is altyd reg om die kantoor se buie bietjie op te beur.. Sy kan jou onkant vang met liedjies, stories en haar vriendelike persoonlikheid.

Sy is altyd reg vir n uitdaging, help kliente tot die beste van haar vermoë en hou die kantoor personeel op hulle tone. Chantel weet wanneer om professioneel, vriendelik en soms snaaks te wees. Sy is ons kantoor se kampioen!

Tersia Vermeijs

Ons kantoor kan nie bestaan as Tersia nie daar is nie ! Sy is my alles en verstaan die kliente se probleme. Human Settlements is ons grootste klient en Tersia hanteer hulle eie handig.

Vriendelik met groot deernis vir ander mense maak nie saak wie dit is nie of watter tyd dag of nag nie! Sy is geliefd en uiters professioneel en daar vir almal …. altyd !

Ronel Fitchet

Ronel werk vir my op ‘n tydelike basis en doen my administratiewe werk meestal na ure, dit doen sy sonder enige vergoeding. Gedurende die dag tussen 8:00 – 16:00 werk sy by ons lokale Hospice waar haar werk portefuelje persoonlike assistent, ontvangs dame, mediese adminstrateur en aansoeke skryf en weg stuur om geld in te samel vir die organisasie – ek dink ay verdien om erken te word, sy is altyd bereid om te help al is dit partykeer uit haar gemaks sirkel.

Ek weet haar permanente baas aanvaar al haar ekstra werk wat sy doen as vanselfsprekend al help sy haar ook baie met haar persoonlike goed ook – sy is altyd bereid om haar mede werkers ook te help waar sy kan – ek dink sy is ‘n absolute ster, sal ver moet soek om so iemand van haar kaliber, lojaliteit en determinasie te vind.

Mathilda Bäcker

Altyd bedagsaam. Sy sal uit haar pad gaan om nodige inligting te verkry maak nie saak wat nie. Konsidereerend dag en nag beskikbaar Altyd positief, opbeurend en vriendelik Matilda altyd bereid om te help en die ekstra te doen.

Gee altyd terugvoering op tyd en gefokus. Na ure aan ekstra projekte te werk. Oospronklike idees en begroting georienteerd en ekstra by te gee om iets mooi te skep met goedtjies wat mens nooit kan dink werk so mooi uit nie!

Daardie tiepe mens wat jy altyd kan op steun en daar is al is die dag hoe druk, Altyd positief. Hartsmens wat sy is plaas sy altyd haar medemens se behoeftes eerste. Al het sy ‘n hoë werkslading maak sy altyd tyd. Tilla laat mens altyd voel jy is belangrik.

Haar mooi manier om met mense te praat druk jou hart en laat jou spesiaal voel en eintlik is sy daai spesiale persoon wat mense so optel en ondersteun.

Jurina Boyes

2020 was ‘n uitdagende jaar vir Jurina Boyes. Sy was bevoorreg om voltyds van die huis af te werk, maar het ‘n goeie aanbod nader aan die huis gekry deur ‘n bestuursagent in Augustus 2020. Op 1 Oktober 2020 aanvaar sy ‘n werk by ‘n aftreeoord nader aan die huis. Wat ‘n nagmerrie tussen Oktober en Februarie en die bestuursagent bedank summier en gee die personeel oor aan die oord! [Die bestuursagent het personeel teen ‘n baie laer salaris betaal en valse beloftes beloof.]

Met nuwe personeel en ‘n R300m aftreeoord om te bestuur het Jurina dadelik ingespring. Sy het onmiddelik aan haar personeel gedink, 4 van hulle. Kontrakte is bespreek en in plek gesit, Pligstate is opgetrek. Nuwe bank registrasies is in plek gesit en her-struktuering in die kantoor en op die Huiseienaarsvergening bestuur is geimplementeer.

In 3 maande, het sy 8 maande se agterstand ingehaal. Menigte slaaplose nagte en bekommernisse het ingetree, maar Jurina se gesindheid, positiwiteit en toegewydheid het ingeskop. Sy het elke projek stuk-vir-stuk en dag-vir-dag aangepak. Haar persoonlike groei, vaardigheid en professionaliteit het sy uitgebeeld om kliëntediens te verskaf aan die inwoners van die oord, 164 van hulle; as jy nou nie die kinders en klein-kinders wat ook hulle staal wil wys, by tel nie!

Dit was ‘n paar moeilike en harde weke. Dit wys jou net dat sy die stilpunt van die aftreeoord is. Die HEV bestuur het vir Jurina en haar personeel permanente aangestel met hoër salarisse; wat ‘n kern vir daai span!

Anton Bothma

Anton Bothma

Die afgelope 15 jaar is elke dag steeds ’n nuwe uitdaging en so leer ek elke dag ook iets nuut. ’n Mens werk saam in 'n span wat vriende word en goeie verhoudings opbou. 

Meer inligting:

Ek is ’n meganiese passer (“Mechanical Fitter”) by Sasol, in die chemiese bedryf, en ek woon in Sasolburg.