English

Inleiding:

Talle van ons werk in ’n tradisionele organisatoriese opset, terwyl ander tuis, in klaskamers of in die buitelug werk. Sommige van ons is afgetredenes of vrywilligers. Ongeag waar ons ook al ons tyd deurbring, is dit vir ons nodig om op ’n basiese vlak iets te hê om te doen – en ideaalgesproke om iets te hê om na uit te sien. Loopbaanwelstand gaan daaroor dat jy hou van wat jy elke dag doen.

Mense wie se loopbaanwelstand hoog is, staan elke oggend op met iets dié dag te doen waarna hulle uitsien. Hulle het ook die geleentheid om die dinge te doen wat by hul sterkpunte en belangstellings pas. Hulle het ’n sterk doel in die lewe en ’n plan om hul doelwitte te bereik. In die meeste gevalle het hulle ’n leier wat hulle motiveer en wat hulle entoesiasties oor die toekoms maak. Dan het hulle ook vriende wat hul passie deel.

Bron: Well Being, The Five Essential Elements. Tom Rath en Jim Harter