Solidariteit aan Hlaudi – trek klagtes en skorsings amptelik terug  

Saterdag, Julie 2nd, 2016
WEB19

Die vakbond Solidariteit het vandag ’n brief aan Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, geskryf waarin gevra word om berigte, wat beweer dat hy bereid is om die omstandighede van die skorsings te hersien, te bevestig. Indien dit waar is, versoek Solidariteit dat die skorsings dan amptelik opgehef en die klagtes teen al ses werknemers teruggetrek word. Solidariteit vra ook dat die oorspronklike sensuur-instruksie herroep word.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sal die vakbond se regspanne, totdat die skorsings van Foeta Krige, Thandeka Gqubule en Suna Venter en klagtes teen al ses werknemers nie formeel teruggetrek is nie, voluit voortgaan met hul voorbereiding om die skorsings en klagtes te beveg. Solidariteit verteenwoordig die werknemers.

“Die kern van die probleem is egter die oorspronklike sensor-instruksie dat die SABC nie beeld- en klankmateriaal van geweld by onluste mag uitsaai nie. Die instruksie is onregmatig en ondermyn grondwetlike beginsels soos vryheid van spraak en die publiek se reg op inligting.

Solidariteit sal voortgaan met regsaksies, al moet hy dit tot in die konstitusionele hof voer om die instruksie ongeldig te laat verklaar. As ons dit nie doen nie, sal joernaliste altyd onder die swaard van sensuur moet werk,” het Hermann gesê.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Uitspraak voorbehou in saak oor UP-taalbeleid
Die Noord-Gautengse hoë hof het vandag uitspraak voorbehou in die saak van AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit teen die Universiteit van Pretoria (UP) se besluit om Afrikaans as medium van onderrig vanaf 2017 uit te faseer. Aanvanklik is twee dae vir dié saak opsy gesit, maar die aanhoor van die saak is reeds vandag afgehandel. […]
Castro moet nié ons rolmodel wees nie
Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat adjunk-president Cyril Ramaphosa sy ideologiese bril moet afhaal en Fidel Castro na behore moet beoordeel: ’n Moorddadige, onverdraagsame diktator wat vryheid ingeperk het. Dit volg nadat Ramaphosa gister tydens ’n roudiens vir Castro in Khayelitsha, Kaapstad, gesê het dat Suid-Afrika ’n leier soos Fidel Castro nodig het wat […]
Verdediging se SEB-handves skadelik vir werkers en werksekerheid
Die vakbond Solidariteit het vandeesweek insette en kommentaar gelewer op die voorgestelde SEB-handves vir die verdedigingsbedryf. Dit volg nadat adjunkpresident Cyril Ramaphosa in Mei vanjaar aangedui het dat die regering hulle tande gaan slyp rakende SEB. Hy het selfs aangedui dat die ekonomie al te lank in witmense se hande is. Hy het verder in […]
1 2 3 670