Solidariteit aan Nersa: Hou op om publiek vir Eskom se foute te laat betaal

Woensdag, Junie 24th, 2015

Die vakbond Solidariteit het vandag vertoë gerig aan die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) om die publiek teen verdere uitbuiting deur Eskom te beskerm en om met werkbare planne, wat die energiekrisis sal verlig, vorendag te kom. Solidariteit is genooi om sy gedagtes by ’n openbare verhoor van Nersa oor Eskom se aansoek vir ’n 25,3%-tariefverhoging te opper.

Volgens Deon Reyneke, die hoof van die Energiebedryf in Solidariteit, het die tyd aangebreek dat Eskom nou verantwoordelikheid aanvaar vir sy eie probleme. “Eskom behoort aandag te gee aan die talle voorstelle wat vanaf die publiek ontvang is oor die hantering van die huidige elektrisiteitskrisis. Talle werkbare oplossings vir Eskom se probleme, wat die krisis oplaas kan verlig, is al geopper. Om die publiek meer vir elektrisiteit te laat betaal, tel nie daaronder,” sê Reyneke.

“Nooit tevore was daar so ’n hewige reaksie op beplande energietariefverhogings nie. Die publiek, insluitend nywerhede en arbeid, is keelvol,” het Reyneke bygevoeg.

Piet le Roux, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, meen die fundamentele probleem is dat Eskom tans ʼn monopolie op kragvoorsiening het wat gesonde mededinging kortwiek en pryse onnatuurlik opstoot.

“Wanneer Nersa ʼn nuwe tarief aankondig, laat dit die Suid-Afrikaanse publiek met geen keuse nie: as hulle elektrisiteit wil hê, moet hulle die tarief aanvaar. As ’n gevolg van die monopolistiese struktuur van elektrisiteitsvoorsiening in Suid-Afrika is dit feitlik onmoontlik  om elektrisiteit mededingend te verskaf,” het Le Roux gesê.

Le Roux sê voorts die oplossing vir Eskom se finansiële probleme lê nie in die verhoging van kragtariewe nie. “Eskom verryk ʼn handjievol individue deur buitengewoon duur kontrakte in die naam van Swart Ekonomiese Bemagtiging aan hulle toe te ken, in plaas daarvan om elektrisiteit so goedkoop en effektief as moontlik te lewer,” sê Le Roux.

“Solidariteit hou vol dat die mense in Suid-Afrika nie behoort te betaal vir Eskom se oënskynlike onvermoë om billike kontrakte met sy verskaffers te beding nie,” het hy bygevoeg.

Nersa sal die nuwe tariefverhogings op Maandag 29 Junie 2015 aankondig.

Klik hier vir Solidariteit se volledige kommentaar op die voorgestelde tariefverhogings.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Lily-myn: Werkers ontvang nie vandag April-salarisse nie
Solidariteit spreek misnoeë uit Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat werkers wat direk aan die Lily-myn gekoppel is, nie vandag hul salarisse vir April sal ontvang nie; hul kollegas wat by die naburige Barbrook-myn werk, sal moontlik vandag betaal word. Dit volg na ’n memorandum rondom 12:00 aan werkers gestuur is en vakbondleiers kort […]
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Afleggingsbloedbad: 60 000 poste die afgelope jaar in die gedrang
Nagenoeg 60 000 werknemers in verskeie bedrywe oor die land heen se poste was die afgelope jaar weens grootskaalse afleggingsprosesse in die gedrang. Dít is volgens nuwe syfers wat vandag deur die vakbond Solidariteit tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria bekend gemaak is. Solidariteit het bevind dat werknemers in die mynboubedryf die swaarste getref word, met 36 […]
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Lily-myn: Werkers moet hoofprioriteit wees – Solidariteit
NOK en regering moet 650 permanente werkers se poste red Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat alhoewel die hoofprioriteit en fokus van die Lily-myn se sakereddingpraktisyns en mynbestuur is om die drie vermiste werkers se liggame te vind, is dit net so belangrik om werksekerheid te gee aan die honderde mynwerkers wat moontlik hul […]
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
1 2 3 627