Solidariteit & AfriForum môre in appèlhof oor Afrikaans by Kovsies

Donderdag, Februarie 16th, 2017

Op Vrydag, 17 Februarie 2017, sal die saak oor die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.  In Julie 2016 het Solidariteit, AfriForum en AfriForum Jeug ’n saak teen die Universiteitsraad se besluit om vanaf 2017 slegs Engels as medium van onderrig in die meeste fakulteite te gebruik, gewen.  ’n Volhof regters van die hoër hof het beslis dat die die nuut aanvaarde beleid ongrondwetlik is en die universiteit gelas om die besluit ten gunste daarvan om te keer.  Die universiteit het egter teen die beslissing geappelleer en môre word die saak dus in die appèlhof aangehoor.

Solidariteit en AfriForum sal alle moontlike stappe neem ter beskerming en handhawing van Afrikaanse studente se reg om in hulle moedertaal te studeer.  Terwyl die universiteitsbestuur voorgee dat die verandering van die taalbeleid om gelykberegtiging, toegang en sosiale integrasie gaan, het regters R.D. Hendricks, F. Mokgohloa en M. Motimele se uitspraak (aangeheg) duidelik uiteengesit dat dit nie die geval is nie.

Die regspan van Solidariteit en AfriForum is gereed vir die appèlsaak en die instellings is vol vertroue dat die regters se waterskeidingsuitspraak oor grondwetlike en taalregte in Suid-Afrika gehandhaaf sal word.

Datum:                       17 Februarie 2017

Tyd:                            Vanaf ongeveer 09:00

Plek:                           Appèlhof, Bloemfontein

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Solidariteit begin reuseveldtog teen dubbelstandaarde wat geld by rassisme
  Die vakbond Solidariteit het vandag ’n reuseveldtog, wat oor ’n tydperk van drie maande strek, van stapel gestuur om uiteindelik ’n massaklag oor die selektiewe hantering van rassisme aan verskeie forums, wat onder meer die Internasionale Menseregtekommissie insluit, te oorhandig. Solidariteit beplan ook om oor die volgende drie maande ’n verslag oor dubbelstandaarde wat […]
Nog ’n Esidimeni 94-tragedie op hande as departement nie nou ingryp nie – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het vandag die departement van gesondheid gekap en gewaarsku dat gevalle soortgelyk aan die Life Esidimeni 94-tragedie wag as die departement nie nou dadelik ingryp by ’n TB-hospitaal in Vryheid, KwaZulu-Natal nie. Dit volg nadat die Siloah Lutherse TB-hospitaal in Vryheid onlangs ’n afleggingskennisgewing aan personeel gestuur het omdat hy nou onder […]
Solidariteit bevorder Afrikaans as moedertaal vir onderrig
Solidariteit herdenk vandag moedertaalonderrig saam met die res van die wêreld op Unesco (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) se internasionale moedertaaldag. Die tema van vanjaar se moedertaaldag is: “Op pad na ’n volhoubare toekoms deur veeltalige onderwys.” Terwyl Afrikaans oral in Suid-Afrika op kampusse en by skole in die gedrang is, […]
1 2 3 681