Solidariteit Beweging sluit samewerkingsooreenkoms met TLU SA

Dinsdag, Desember 6th, 2016

Die Solidariteit Beweging het vandag ’n samewerkingsooreenkoms met TLU SA gesluit.

Dit volg nadat die twee organisasies besluit het om mekaar se arms te sterk deur gemeenskaplike optrede in sake wat albei organisasies se lede raak. Hierdie samewerkingsooreenkoms is veral van belang omrede daar oorvleueling tussen die werksaamhede van TLU SA en organisasies soos AfriForum binne die Solidariteit Beweging is, wat ondermeer sake soos gemeenskapsveiligheid, eiendomsreg, omgewingsake en munisipale aangeleenthede insluit.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is die ondertekening van hierdie ooreenkoms ’n groot stap om kwessies soos gemeenskapveiligheid daadwerklik aan te pak. “Dit is noodsaaklik dat AfriForum en TLU SA saamwerk om gemeenskappe te beveilig, omdat albei organisasies sterk veiligheidstrukture in plattelandse gebiede het. Ons sienings oor nasionale vraagstukke soos eiendomsreg stem ook ooreen, terwyl omgewingsake en die agteruitgang van munisipale dienste in die meeste dorpe vir beide organisasies se lede lewensbelangrik is,” het Buys gesê.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, reken dat dit belangrik is dat die burgerlike samelewing moet saamstaan en mekaar versterk. “Daar is tans baie onsekerheid rakende veral beleide en beleidstelling in Suid-Afrika en hierdie tipe samewerkingsooreenkomste is van kardinale belang om vooruitgang te verseker,” het Van Zyl gesê.

Die Solidariteit Beweging het reeds samewerkingsooreenkomste met verskeie ander organisasies, waaronder AgriSA.

Die Solidariteit Beweging is ’n sambreelliggaam wat bestaan uit verskeie burgerlike organisasies wat op ’n wye reeks terreine werksaam is. TLU SA is ’n burgerlike organisasie wat die landboubelang van die boerderygemeenskap sowel as landelike veiligheid bevorder.

 

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Solidariteit loods veldtog om die toekoms van die Suid-Afrikaanse staalbedryf te verseker
Die vakbond Solidariteit gaan op Donderdag 30 Maart 2017 sy “Steun Ons Staal”-veldtog (SOS) van stapel stuur. Die Suid-Afrikaanse staalbedryf beleef tans ekonomiese teëspoed vanweë ʼn drastiese afswaai in die groei van die plaaslike ekonomie, kostedruk in die vervaardigingsektor, asook uitermate hoë staalinvoere. Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, het hierdie […]
Solidariteit se aansoek rakende Hlaudi dan aangehoor
Die vakbonde Solidariteit en die Broadcasting, Electronic, Media & Allied Workers Union (Bemawu) se aansoek dat Hlaudi Motsoeneng toegevoeg moet word as respondent in dié twee vakbonde se kostebevelsaak teen die SAUK sal op Dinsdag 28 Maart 2017 in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word. Dit volg nadat die arbeidshof in 2016 beslis het dat […]
Hoeveel Nico’s nog?
  Solidariteit veroordeel die doodsdreigemente wat Nico Viljoen, ʼn Solidariteit-lid van Orkney, ontvang weens ’n sosiale voorval wat in ’n Johannesburgse Spur-restaurant plaasgevind het en waarby hy nie betrokke was nie, ten sterkste. Hy het toevallig net dieselfde naam as een van die partye wat wel by die voorval betrokke was. Connie Mulder, hoof van […]
1 2 3 687