• Teken
    asseblief in

  • Die vakbond Solidariteit
    Die vakbond Solidariteit is die ouboet van die Solidariteit Beweging en die Beweging is vanuit die vakbond gebore. Solidariteit is in die Christelike tradisie van die vakbondwese en het dus ‘n unieke benadering tot vakbondwese wat verskil van Cosatu s’n. Die hooftaak van die vakbond Solidariteit is om werksekerheid te verseker, om diensvoorwaardes te verbeter en om onreg in die werkplek uit te wis.

    Besoek www.solidariteit.co.za

    Besoek www.youtube.com/user/Solidariteitsa

     

    Solidariteit Helpende Hand
    Solidariteit Helpende Hand lewer diens aan die gemeenskap, maar met die spesifieke doel om mense uit armoede te lei en om te keer dat mense in armoede verval. Helpende Hand glo nie aan opheffing deur toelaes nie maar aan opheffing deur opleiding. Die fokus van Solidariteit Helpende Hand is dus beurse, beroepsleiding en werkplasing. Helpende Hand het ook strukture landwyd wat diens aan die gemeenskap lewer.

    Besoek www.helpendehand.co.za

     

    AfriForum
    AfriForum is ‘n burgerregte-organisasie. Die hooftaak van AfriForum is om die burgerregte van sy lede en hulle gemeenskappe te beskerm. Dit word gedoen deur regte op te eis en regte te beskerm. Dit word nie net in die howe gedoen nie maar ook deur strukture in gemeenskappe te vestig.

    Besoek www.afriforum.co.za

     

    Sol-Tech
    Sol-Tech lei studente in ambagte op. Die instelling is geregistreer as ‘n instelling vir verdere onderwys en opleiding en is by die tersaaklike Setas geregistreer. Sol-Tech fokus daarop om studente in skaars en kritieke vaardighede op te lei.

    Besoek www.sol-tech.co.za

     

    Akademia
    Akademia, ‘n inisiatief van die Solidariteit Beweging, is ‘n splinternuwe privaat Afrikaanse afstandonderwysinstelling wat hoëronderwys-kwalifikasies van gehalte teen 30% tot 50% goedkoper as die res van die mark bied. By Akademia kan studente hulle nauurs bekwaam in skaars beroepsrigtings en hulle indiensneembaar maak in ‘n groeiende ekonomie. Akademia spog reeds met ses leersentrums in Centurion, Pretoria-Moot, Vanderbijlpark, aan die Oosrand en Wesrand en in die Wes-Kaap en beplan om binne vyf jaar ‘n leersentrum in elke groot sentrum in Suid-Afrika te bedryf.

    Besoek www.akademia.ac.za

     

    Die Kampus
    Die bou van Die Kampus is die grootste enkele projek van die Solidariteit Beweging. Die Kampus gaan die Solidariteit Beweging se opleidingsinisiatiewe op ‘n nuwe vlak plaas. Alhoewel dit ‘n inisiatief van Solidariteit is, moet dit ‘n projek van die Afrikaanse gemeenskap wees. Die koste van Die Kampus sal ongeveer R150 miljoen wees.

    Besoek www.diekampus.co.za

     

    Die Groeifonds
    Elke lid van die vakbond Solidariteit dra elke maand R11 tot die Solidariteit Groeifonds by. Ander individue dra ook tot die fonds by. Die fonds finansier ontwikkelingsprojekte van die Solidariteit Beweging. Die vestiging van Sol-Tech is grotendeels moontlik gemaak deur die Solidariteit Groeifonds. Die Groeifonds gaan ook baie ondersteuning gee aan die bou van Die Kampus.

    Besoek www.groeifonds.co.za

     

    Solidariteit Finansiële Dienste
    Lede van Solidariteit kry deur die maatskappy bykomende produkte en dienste teen spesiale pryse. Die hoofproduk van die maatskappy is korttermynverskering. ‘n Reeks ander finansiële produkte word ook deur die maatskappy aangebied. Die winste van die maatskappy word gebruik om ontwikkelingsprojekte van die Solidariteit Beweging te finansier.

    Besoek www.solidariteit.co.za/sfd/

     

    Maroela Media
    Maroela Media is ‘n Afrikaanse mediamaatskappy wat met webgebaseerde media werk. Dit sluit ‘n webbladsy, internetradio, foto’s, video’s en sosiale media in. Maroela Media gaan die grootste Afrikaanse kuierplek op die web word.

    Besoek www.maroelamedia.co.za

     

    Die Solidariteit Beleggingsmaatskappy
    Die Solidariteit Beleggingsmaatskappy besit al die aandele in die verskillende Solidariteit-maatskappye. Die beleggingsfilosofie van die maatskappy is sterk gefokus op interne beleggings. Alle opbrengste word gebruik om verdere instellings te vestig.

     

     

    Die Solidariteit Eiendomsmaatskappy
    Die Solidariteit Eiendomsmaatskappy besit en bestuur die verskillende eiendomme van die Solidariteit Beweging. Een van die belangrikste projekte van die maatskappy is die ontwikkeling van Die Kampus.

     

     

    Kraal Uitgewers
    Kraal Uitgewers gee historiese en aktuele Afrikanerboeke uit. Die uitgewery gee ook boeke uit wat waarskynlik nie deur ander uitgewerye uitgegee sal word nie. Die doel van die uitgewery is om Afrikanergeskiedenis gebalanseer aan te bied en om krities dog positief om te gaan met aktuele sake wat Afrikaners raak.

    Besoek www.kraaluitgewers.co.za

     

    Die Solidariteit Navorsingsinstituut
    Die Solidariteit Navorsingsinstituut gee diepte aan die Solidariteit Beweging. Die Instituut doen ekonomiese, sosiale, politieke en regsnavorsing.

    Besoek www.navorsing.co.za

    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    Top
    VOLTOOI DIE VOLGENDE VORM OM BINNE 1 MINUUT BY SOLIDARITEIT AAN TE SLUIT

    JOIN SOLIDARITY IN ONE MINUTE BY COMPLETING THE FOLLOWING FORM

    Registreer / Register

    Maak toe / Close