Die landskap van vakbonderkenning het veranderNadat die wetgewer besef het dat die absolute drempels wat deur meerderheidsvakbonde soos POPCRU en SAPU gestel word vir minderheidsvakbonde om erkenning in 'n werkplek te kry, tot groot ontevredenheid en selfs arbeidsonrus lei, is daar besluit om 'n wysiging in die Wet op Arbeidsverhoudinge te maak.
Gebeure by MarikanaDie bekende gebeure by Marikana het hierdie probleem onder die vergrootglas geplaas. Dit het op sy beurt daartoe gelei dat 'n aantal stappe gedoen is om die probleem die hoof te bied.
Die Wet op ArbeidsverhoudingeDie Wet op Arbeidsverhoudinge maak nou voorsiening daarvoor dat 'n vakbond wat onder 'n vasgestelde drempel val, mag aansoek doen vir erkenning indien daardie vakbond die volgende kan bewys:
Daardie vakbond verteenwoordig 'n wesenlike belang; of
Daardie vakbond het 'n beduidende aantal lede.
Aansoek om erkenning
Solidariteit het reeds baie lede in die SAPD maar is onder die 50 000-drempel vir erkenning wat deur POPCRU en die SAPD onderhandel is.
Solidariteit se aansoek om erkenning ingevolge die nuwe wetswysiging is reeds in die litigasieproses – 'n hofdatum is vasgestel vir 13 Junie 2018 in die Arbeidshof in Johannesburg.
Solidariteit glo ons dien 'n wesenlike belang van ons lede binne die SAPD, juis omdat die vakbonde POPCRU en SAPU, aan wie alle polisielede agentskapsfooie betaal, nie hulle belange op die hart dra wanneer dit kom by sake wat vir hulle belangrik is nie, byvoorbeeld
regstellendeaksiesake, pensioenbelange, bevorderings op grond van politieke affiliasie (NSF-projek), ens.
Negatiewe kollektiewe ooreenkomste
POPCRU en SAPU sluit kollektiewe ooreenkomste wat SAPD-lede uiters negatief raak (sonder om 'n mandaat van die lede te kry), terwyl lede op 'n maandelikse basis agentskapsfooie aan hierdie vakbonde moet betaal.
Voorbeelde hiervan is:
Die onderhandeling en aanvaarding van regstellendeaksieplanne wat kwotas daarstel en uiters skadelik is vir lede se bevorderingsmoontlikhede binne die SAPD.
Die onderhandeling van salarisgradering en bevordering wat veral die loopbaangeleenthede van lede in junior range ernstig benadeel en wat lede etlike jare lank op 'n bepaalde (lae) rang hou.
Solidariteit skoei ons erkenningsaansoek op die volgende:
Ons lede se
regstellendeaksiebelang;
Ons lede se
pensioenfondsbelang;
Ons lede se belang daarin om probleme met die toepassing van
kollektiewe ooreenkomste wat salarisgradering en rangbevorderings reguleer, te hanteer en op te los;
en
Ons lede se belang in
verteenwoordiging in griewe en dissiplinêre verhore
deur hulle vakbond van keuse.
Solidariteit veg al jare teen onbillike regstellende aksie namens sy lede in die SAPD. Die nuutste diensbillikheidsplan in die SAPD vir die tydperk 2017-2019 is die produk van onderhandelinge tussen die SAPD-bestuur en Solidariteit nadat verskeie hofsake (waarin Solidariteit die applikant was) die werkgewer gedwing het om binne die riglyne van die Wet op Billike Indiensneming op te tree met die daarstel van gelykheidsteikens.
Solidariteit het verreweg die grootste regsafdeling van alle vakbonde in Suid-Afrika.
'n Kardinale element van werkbeskerming is kundige en effektiewe verteenwoordiging tydens interne griewe en dissiplinêre verhore.
Ontneem van verteenwoordigingSolidariteitslede binne die SAPD word tans ontneem van verteenwoordiging tydens dissiplinêre verhore, selfs in omstandighede waar Solidariteit hulle vakbond van keuse is om hulle tydens interne griewe en dissiplinêre verhore te verteenwoordig.
Hierdie verteenwoordiging is 'n wesenlike belang wat nie deur die bestaande vakbonde, POPCRU en SAPU, aangespreek word nie, selfs al betaal die lede
agentskapsfooie en al moet hulle tevrede wees om verteenwoordig te word deur vakbonde wat nie hulle eerste keuse is nie en in sekere omstandighede teen hulle belange optree met die sluit van kollektiewe ooreenkomste.
Solidariteit het dus 'n wesenlike belang namens wie hy optree wanneer hy lede in dissiplinêre verhore en interne griewe verteenwoordig.
Alternatiewe Diensmodel
Tot tyd en wyl Solidariteit se erkenningsaansoek afgehandel word, maak ons tans gebruik van die alternatiewe diensmodel
Dit behels dat ons lede deur 'n kollega verteenwoordig word tydens griewe en/of dissiplinêre verhore. Solidariteit bied tans opleiding op landwye basis aan vir SAPD-lede om die alternatiewe diensmodel te bevorder.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal dat werkgewers en erkende vakbonde in die werkplek 'n kollektiewe ooreenkoms kan beding wat die betaal van agentskapsfooie reguleer.
nAgentskapfooi is die bedrag geld wat werknemers wat NIE aan een van die erkende vakbonde behoort nie, moet betaal ten einde die “voordele” van kollektiewe bedinging te kan geniet – dit sluit onder andere salarisverhogings en ander voordele in.
Vir enige vakbond om erkenning in die werkplek te kry, moet aan sekere vereistes voldoen word – in die SAPD is die drempel vir volledige erkenning 'n ledetal van ten minste 50 000 lede.
Indien 'n geregistreerde vakbond – soos Solidariteit – nie die drempel bereik nie, kan hy nie erkenning kry nie en moet sy lede agentskapfooie betaal indien die lede nie aan enige van die erkende vakbonde wil behoort nie.
In die staatsdiens word agentskapfooie gereguleer deur PSCBC-resolusie 1/2011, waarin vermeld word dat agentskapsfooie gebaseer word op die duurste erkende vakbond in die PSCBC (Public Service Co-ordinating Bargaining Council).
Die PSCBC bestaan uit:
Vakbond: | Lidmaatskapgelde: |
Denosa | R70,00 pm |
Hospersa | 1.1% van bruto maandelikse inkomste maksimum R91,00 pm |
Naptosa | R90,40 pm |
Nehawu | 1.232% van maandelikse inkomste maksimum R65,00 pm |
Popcru | R55,00 pm sonder enige byvoegings (regsdekking teen R90,00 pm ekstra) |
PSA | R96,95 pm |
Sadtu | R72,00 pm |
Sapu | R100,00 pm (insluitende R100 000-00 pj vir regskoste) |
Die agentskapgeldfooi is dus nou R100,00 pm wat lede bykomend by ons R128,00 pm moet betaal.
Aansoek gedoen om erkenningSolidariteit het reeds aansoek gedoen om erkenning in die SAPD ingevolge 'n wysiging van die Wet op Arbeidsverhoudinge wat voorsiening maak vir beperkte erkenning vir minderheidsvakbonde. Die saak dien op 13 Junie 2018 in die Arbeidshof in Johannesburg waartydens ons erkenningsaansoek aangehoor sal word. Sien volledige bespreking onder die eerste hoofopskrif.
Voorlopig moet ons lede egter die agentskapfooi betaal. Die PERSAL-stelsel trek outomaties die bedrag af as 'n SAPD-werknemer nie 'n Popcru- of Sapu-aftrekking het nie.
Agentskapfooi gewetensbeswaarde Normale gebruik is dat die agentskapfooi wel uiteindelik in die erkende vakbonde se koffers beland. Daar is egter n bepaling in die Wet op Arbeidsverhoudinge wat voorsiening maak vir persone wat n gewetensbeswaar het en wat derhalwe NIE wil hê hulle agentskapfooi moet aan die twee erkende vakbonde oorbetaal word nie.
In so geval voltooi die gewetensbeswaarde n amptelike vorm waarin die werkgewer versoek word dat sy/haar bydrae in n rekening inbetaal word wat deur die Departement van Arbeid bestuur word en waar alle geregistreerde vakbonde kan versoek om vir projekte befonds te word. Hierdie fondse mag NIE vir salarisse of enige ander dag-tot-dag bedryfsuitgawes van die vakbond gebruik word nie, maar MOET aangewend word vir die sosio-ekonomiese opheffing van die vakbond se lede.
Amptelike vormsHier is die amptelike “conscientious objector”-vorm, sowel as die kansellasievorm wat aan SAPD-Hoofkantoor gestuur moet word indien die lid uit SAPU of Popcru wil bedank.
“CONSCIENTIOUS OBCECTOR” VORM KANSELLASIEVORM
Dit is belangrik om te weet dat die Grondwet landsburgers se reg tot vryheid van assosiasie waarborg en dat die lede weet dat hulle die reg het om aan 'n vakbond van hulle keuse te behoort. Dit is egter ongelukkig ook 'n realiteit dat daar agentskapfooi betaalbaar is.
Solidariteit hoop om suksesvol te wees met ons erkenningsaansoek. Intussen is dit ook belangrik dat ons lede werf en sodoende 'n groter impak in die SAPD kan hê.