BEL ONS: 012 644 4300

Solidariteit en Virseker

Solidariteit en Virseker bou nou saam aan ’n toekoms waar kinders en ook jongmense onderwys van hoë gehalte in Afrikaans kan kry. Is daar enige vrae oor die vennootskap? Lees gerus meer.

1. Hoe pas Virseker by Solidariteit in?

Die verhouding tussen Solidariteit en Virseker is een van gedeelde passie vir Afrikaans en vir die uitbouing van Afrikaanse opleiding. Hoewel die Virseker-handelsmerk nie aan Solidariteit behoort nie, was Solidariteit ʼn stigtersvennoot van Virseker. Solidariteit se finansiëledienste-maatskappy is dus ʼn sleutelspeler in die aanbieding van Virseker aan Solidariteit- en AfriForum-lede.

2. Wat word van my bestaande Solidariteit-versekering?

Dit bly onveranderd. Virseker word egter as die hoofproduk aan alle nuwe kliënte aangebied. Bestaande kliënte moet ook onthou dat die Solidariteit motor- en huisinhoud-versekering en Virseker uit dieselfde stal kom. Telesure is die beheermaatskappy waarbinne verskeie versekeringshandelsmerke gehuisves word. Die diens waaraan kliënte gewoond was, verander geensins nie en Solidariteit Finansiële Dienste is nou net die tussenganger vir albei produkte.

3. Mag ek van Solidariteit-versekering oorskuif na Virseker? Wat is die implikasies?

Dit kan gedoen word, maar die kliënt sal opnuut aan onderskrywingsbepaling onderwerp word. Die implikasie van die skuif sal van kliënte se individuele risiko afhang. Daar word weereens beklemtoon dat niks vir die bestaande kliënt verander nie, en ʼn gedeelte van die inkomste wat Solidariteit Finansiële Dienste uit die bestaande produk verdien,word ook aangewend om onder meer Akademia te befonds.

4. Waartoe dra ek by indien ek van die Virseker-produk sou gebruik maak?

Virseker het ʼn trust gestig en verteenwoordigers van Solidariteit dien as trustees in die raad. ʼn Gedeelte van die premie-inkomste van die Virseker-produk word aan die trust oorbetaal, waaruit verskeie inisiatiewe wat direk verband hou met Afrikaanse opleiding ondersteun word. Dit is belangrik om te weet dat die bydrae aan die trust ʼn toegewing is wat gemaak word uit die skema uit, en dat ʼn kliënt nie noodwendig ʼn hoër premie betaal vir die bydrae na die trust toe nie.

5. As ek lid van Solidariteit is, MOET ek ook dan van die Virseker-produk gebruik maak?

Niemand word verplig nie, maar mense verseker in die normale handel en wandel van die lewe hul risiko’s. Al wat nou gebeur, is dat mense die uitgawe wat hulle in elk geval elke maand aangaan, kanaliseer na ʼn inisiatief wat volhoubare instellings daaruit op die been bring.

6. As ek slegs die Virseker-produk gebruik, sal ek ook moet aansluit by Solidariteit?

Dit sal gaaf wees, maar dit is nie ʼn verpligting nie. Die Solidariteit Beweging het ook ander inisiatiewe wat ’n mens kan ondersteun, soos AfriForum, die Solidariteit Boufonds of Solidariteit Regsfonds wat op hul beurt elkeen gefokuste inisiatiewe dryf.

7. Hoe lyk die kosteverskil in premies? Kan iemand ’n analise doen?

Daar is gepoog om die produk en voordele baie dieselfde as die bestaande produk te hou. Die premie vir presies dieselfde risiko verskil minimaal. Tydens die ondersoekfase is verskeie scenario’s ondersoek en vergelykings is reeds gedoen. Daar is ook ʼn hele maand lank ʼn toets gedoen waartydens Virseker vir Solidariteit-lede aangebied is, en die sukseskoers was baie goed.

8. Sal ek diens en bystand in Afrikaans ontvang?

Ja. Virseker is ontwerp om van begin tot einde ʼn omvattende Afrikaanse ervaring te bied.

Vir ’n kwotasie sonder verpligting klik hier.

Virseker boufonds-adv
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close